Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -7 hours ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago

Battery lewe

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Julle manne wat rerig sonder elektrisiteit kamp, moet my asb raadgee.

 

Hoe hanteer mens jou diep siklus batterye om hulle lewe te verleng. Ek moes nou 2 batterye , die 105Amp.hr vervang na 3 jaar.

Moet batterye heeltyd gelaai word, van 220v of sonpaneel. Dit is nou as mens vir lang tye nie kamp en dit nie in gebruik het nie.

1]Moet hulle tydens onbruik soms leeg getrek word en dan weer gelaai word

2]Moet mens hulle konstant laat werk deur koelkaste te dryf, terwyl dit konstant gevoed word deur 220v of sonpaneel.

Laat hoor asb, die batterye het my tesame R5200 gekos.

Groete

Wessel

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 27/11/2024 - 18:07

My Merc se battery : Nee, dis nog steeds die ou battery wat nou ewe skielik vandat die aansitter oorgedoen is, nie meer pap word nie en die enjin begin nou onmiddellik wanneer daar ge-"start" word, die enjin draai makliker, 'n mens kan dit sommer hoor.  Ek vermoed maar die half-flenters aansitter het die battery tot net voor "crank-pap" gelaat wat dan later met 'n bietjie rondryery weer krag opgebou het.  Met die langer staan van die kar, het die krag tot net onder die "crank"-behoefte gedaal, maar nooit heeltemal pap nie - gewoonlik by 11..8V, maar te min krag om die enjin te draai.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 27/11/2024 - 18:19

Julle laat my lekker lag.laugh. let op volgende keer waneer die Hilux se starter gedraai word. Gee so hele klomp droeë draaie voordat dit vat. Seker maar die ekektronika wat eers als ontleed en dan besluit hoe die pomp en pistons gestel moet word .

 Neef het eintlik net die opstart resultaat verstaanbaar, herkenbaar,  probeer beskryf soos hy dit ervaar. Sorry vir die tone trap.devil

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/11/2024 - 18:43

... nee wat my tone makeer niks. Ek begin nou al gewoond raak aan die anderse dreuning en opstart klsnke van die dieseltjie.

Dit klink maar netnie soos 'n v8 of v6 petrol nie 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 27/11/2024 - 21:14

...............al het ek nie eens 'n Hilux nie want hierdie oud-bankoutjie se uiters wetenskaplike verduideliking van 'n battery wat nie 'n enjin kan "start" nie is nie noodwendig gedaan nie.  Dit het geen kommentaar uitgelok nie.

Toe ek Herman se opskrif sien, toe dog ek dis bedoel op my wetenskaplike verduideliking, maar dit blyk toe darem nie die geval te gewees het nie.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 03/12/2024 - 09:54

Diegene wat oor Desember gaan kamp so tussen al die hittegolwe deur...wees maar versigtig as julle Li-Ion batterye het. Die afgelope naweek weer 'n brand in Pretoria wat deur oorverhitte Li-Ion batterye veroorsaak is. Sien hieronder

https://www.citizen.co.z…

Handige lysie onderaan die berig rondom veiligheid wat die soort batterye aanbetref.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/12/2024 - 11:36

Iets is fout, dis nou al die hoeveelste brand waar Li-batterye betrokke is. Volgens die internet is dit tog bewese tegnologie, veral vir aanwending by sonpaneel installasies. Nou wonder ek,

1] is dit net 'n seker handelsnaam wat geneig is om  aan die brand te slaan, of geld dit vir alle Li-tipe batterye

2] lê die fout by die batterye, of by substandaard laaistelselsels?? As die laaier en beheer skeef loop, kan enige battery oorlaai [hoë konstante stroom] vir te lank, lei tot oorverhitting en brand

3] Maak huiseienaars seker dat die persone wat die totale stelsel instaleer wel genoegsaam opgelei is?? Ek sal hoop dat sulke persone 'n kursus moet voltooi en gesertifiseer word as bevoeg. Ek sal wil glo dat versekeringmaatskappye daarop aandring

4] Dan natuurlik, dit is 'n feit dat alle konvensionle laaistelsels nie noodwendig geskik is om Li-batterye korrek te laai nie. Gebeur sulke ongelukke waar persone net besluit om oor te slaan na Li-batterye, sonder om voldoende huiswerk te doen.

Li-tipe batterye is stelsmatig besig om ook aanwending te vind by bote en woonwaens, veral die wat op sonpanele staatmaak.

sit 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 04/12/2024 - 08:58

Li-Ion batterye is welbekend dat onder sekere omstandighede hulle oorverhit en dit "kan" (nie noodwendig "sal") tot 'n brand lei. Die "root causes" wissel van oor-laai, kortsluitings, hoë omgewings temperature, ensovoorts. Hieronder 'n skakel na 'n navorsongs artikel (een van vele) wat die tegniese redes verduidelik. Jare terug was daar oa. probleme met, dink ek, Sony skootrekenaars wat gebruikers se skote ongerieflik begin warm maak het, selfde met sekere selfone, speelgoed, ens. Persoonlik glo ek ook dat bydraend tot die probleem die swetterjoel goedkoop Sjinese invoere is, waarvan baie sonder enige kwaliteit standaarde vervaardig word. Voeg daarby die "self doen" brigade wat nie verstaan wat hulle doen nie...

https://www.sciencedirec…

Die neiging is om eerder vir LiFePO4 te gaan wat nie die probleem het nie, maar die se energie digtheid is laer maw hulle is fisies groter en swaarder en duurder. Hier is 'n ander inligtingstuk:

https://lithiumhub.com/l….

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/12/2024 - 11:18

van 'n battery!!!! Moenie net 'n "Lithium" battery koop nie, maak seker dis die veilige beproefde ene, te wete die LiFePO4 tipe.

Dankie Grootwind vir die verwysings

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 05/12/2024 - 12:44

Wonder ook nou of die generators wat orals verkoop word en die laaste jaar of twee nie meer Lood-Suur (gel) batterye het vir die aansit deel nie, maar klein Li batterye, nie dalk gevaarlik kan wees nie? My generator moes jaar of wat terug 'n nuwe battery kry en die plaaslike Builders was heel gelukkig om 'n Li ene aan my af te smeer alhoewel my generator nog Lood-Suur battery het..gelukkig 'n rot geruik en eerder by 'n properse battery handelaar in Wierdapark die regte ene gekoop. As 'n Li-Ion battery begin brand of ontplof in 'n generator kan dit nogal sports beteken, saam met 'n petrol tenk van sowat 20l reg bo die battery...

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus