Môre maters. Nou moet julle begin regmaak vir al die kinders en kleinkinders en vriende wat kom afpak vir die vakansie.
Nogals eienaardig hoe sommige kennisse uitpeul om bietjie te kom rus... Dan moet die twee skorro skorros bontstaan. Maar, dit bly darem lekker.
Dit lyk heerlik!
Mapstieks, wat ‘n lieflike dag by van Stadens. Dit lyk na ‘n netjiese oord. Geniet die naweek!
Van Stadens....
....lyk amper nog net soos ek dit onthou van 58 jare terug.
VW, is daar nie koelte nie, of hou jy nie van koelte nie???
Ek sal nie eers sukkel met 'n grondseil as ek op sulke lekker gras kan staan nie.
Is die riviermond oop na die see of nie. Kan mens nog waag om in die rivier gedeelte se water te speel??? Ons moes soms by Bonza baai wag totdat die mond oopgegrawe is, voordat die water as egoli-veilig beskou was.
VW by Van Stadens
'n Bekende oord waar ons 'n hele paar keer gekamp het. Verlang sommer nou... Dis 'n mooi dag en ek hoop die hele naweek gaan so lekker wees. Ek onthou hoe kinders die duine geniet het (en sommige grootmense ook
)
Geniet!
Duine pret
As mens so 'n lekker gladde "hard board" gehad het, kon jy met die regte tegniek, teen daai sandduin afgly, die bord se voorpunt optel, en soos 'n boot op rivier gly.
Steek daai punt egter vas, kon mens jou nek letterlik breek.
Marloth park se wild
Ek sien nounet daar is 'n hofbevel uitgereik om die wild uit te dun [cull] in Marloth.
Ek wonder waarom is vang en loslaat in Kruger nie 'n opsie nie. Moontlik is die meeste wild te gewoond om kos en water by die huise te kry, dat dit nie gaan aanpas in Kruger nie. Ek kon nie volle artikel gelees kry nie, nou wonder ek of dit die leeus ook insluit??
Lionspruit reservaat
Ons het ‘n paar keer saam met vriende by hulle huis in Marlothpark gaan kuier. Daar is ‘n omheinde reservaat in Marlothpark (dit heet Lionspruit as ek reg onthou). Dis waar die leeus is. Hulle kan nie saam met die ander makgemaakte diere tussen die huise rondloop nie.
Persoonlik irriteer die diere wat so kom staan en wag om gevoer te word my. Ek weet baie (meeste?) mense geniet dit dat die diere so naby kom, en die winkel in Marlothpark maak lekker geld met horse cubes en soutlekke. Ek verkies my wilde diere wild.
Oggend dinge
Aangesien julle ouens nie lekker kampstories het nie, moet ek julle maar vergas op my oggend tot hede.
Beterhelfte draai stokkies, moet glo dis griep,, want ek het haar persoonlik veearts toe gevat. Dus, was ek nou al betrokke by wasgoedwas, koffiemaak en sulke ligte huishoudelike takies.
Dog ek spring dit vry, vlug tuin toe en daar bespring die tuinvurk my. Wat 'n buk en bekruip om so bietjie vette te verbrand, sodat ek met rein gewete lekker braaivleis, bier en goeie rooiwyn vanaand MAG geniet.
Om alles te kroon word ek vriendelik verplig deur 'n grotkonsultant op die forum, om deur 'n fassinerende artikel oor Boomplaas grot te lees/werk. Gaan delf toe bietjie dieper in die oorkoepelende navosingsgroep BIOGRIP, en is verstom. Wat 'n diverse groep wat hande vat oor 'n aantal uiteenlopende multi-dissiplines om voorfront navorsing te doen.
Ek hou my ook maar besig met…
Ek hou my ook maar besig met allerhande bollie. Mens begin stadigaan die gevoel kry dat die somer uiteindelik lus kry om op te daag in die Boland.
My paklys is klaar vir Vrydag se vertrek Montagu toe. Ek sal Maandag so stadig begin om al die goedjies bymekaar te sit vir Donderdag se inlaai.
Intussen het ek darem twee hoenders vanoggend ontbeen. Dit is nog net die stoppery met die 'bacon', feta en pynappelstukkies sowel as die aanmekaar-werkery met tandestokkies wat voorlê.
Ons wil môre die twee hoenders by my seun op die kole gooi. Dit sal 'n laaste saamkuier wees totdat ons eers weer Kersfees hier by ons huis gaan saamwees. Ons kom eers op 16 Des terug en hulle vertrek 14 Des Sederberg toe. Hulle roei 18 - 22 Des op die Oranjerivier.
Strande en watergehalte
Julle wat so see toe gaan, doen julle navraag by die oorde oor die swemstrande se watergehalte.??
Ek sien dat 3 strande by Oos London se poefvlakke ongesond hoog is. so is ook die week berig dat strande in durban, Port Elizabeth en selfs Kaapstad omgewing ook sleg besoedel is.
Nou wonder ek, wat maak mens met kinders en jouself by so 'n oord, as mens nie eers in die see of lagune kan speel nie. Teen heersende seisoen tariewe is dit 'n duur nuttelose vakansie, of nie
Wessel ...
Hulle bly by Kromrivier - kyk cederbergpark.com - in hulle "luxury" tente. Wat my aanbetref die netjieste plek in die Sederberge. Ons was al twee keer saam met hulle daar. My seun is bevriend met die een eienaar se seun - een van sy hengelmaats.
Kromrivier
Dit lyk na baie netjiese plek. ek wonder of mens met 'n vaal wit 4x2 Hilux en Kavango tot daar sal kan sleep.
Jacama organiese plaas bied ook kampeerplekke aan
Kromrivier
Jy kan met groot gemak tot daar sleep met 'n boskaravaan. Die paaie is selfs vir 'n gewone sedan begaanbaar. Kromrivier is die naaste kampeerterrein aan die Stadsaalgrotte en Truitjieskraal (wonderlikste boesmantekeninge). En sou jy om een of ander rede lui wees vir kosmaak, beskik hulle oor 'n uitstekende restaurant.
Clifton
Salomien het gistermiddag ‘n fotosessie geneem by Clifton se derde strand. Ek en die kinders is saam, sodat hulle bietjie op die strand kan speel. Hulle het hulle gate uit geniet ten spyte van die koue water.
Die strand was nogal vol want dit was ‘n lieflike dag. Op die strand en in die see was baie boude en die materiaal wat hulle moes bedek meestal afwesig, maar die meerderheid was reusagtig en moes liewer uit die oog gehou gewees het. Die demografie het baie verander sedert ons vorige besoek vier jaar gelede. Teen en op die rotse tussen derde en vierde strand was dit ‘n gedrink en geskree en klipharde musiek. Ek sê vir Salomien ek is vrek bly ek besit nie ‘n R70 miljoen huis op die strand nie.
Chris Luno
Teen en op die rotse tussen derde en vierde strand was dit ‘n gedrink en geskree en klipharde musiek
Chris Luno is n ou wat wêreldwyd op mooi plekke musiek maak vir sy Youtube kanaal....daar is ook paar in SA daar by Clifton....miskien hulle
Chris Luno
Ek sal verkies dat hy nie lawaai maak waar ek wil ontspan en vakansie hou nie.
Bluetooth luidspreker
Die geraas by Clifton was niks eksoties nie. Dit was Afrikane met alkohol uit bottels wat sommer op die strand agtergebly het in hulle en ‘n Bluetooth luidspreker.






Ons kamp bietjie by Van…
Geniet dit. As die weer so mooi bly sal dit seker bedrywig raak môre en sondag.