Hier is 'n erge veld brand seker so 2 km vanaf ons huis. Net so anderkant die Kuilsrivier Gholfbaan. Die rook is nogal intens. Geniet julle laaste maand van 2024.
Wessel, ek wil net byvoeg…
Wessel, ek wil net byvoeg dat die vinnige ry eintlik net 'n praktiese oefening was om te bevestig dat my BMW gevorderde vermoeëns nog OK is...maar ek dink nie die AARTO mense sien dit so in nie! Met die wat ek skielik sommer 'n les in die werking van AARTO gekry het, het ek besef watter monster die ding is. Werk glo in drie stappe, Stap 1: Hulle stuur vir jou 'n "Infringement Notice", wat ek dink basies die outydse kaartjie is (as jy fisies gestop word kry jy die daar en dan, soos tevore) - As jy die ding binne 32 werksdae betaal kry jy ook 50% afslag. Sou jy die nie betaal nie skop Stap 2 in waar hulle vir jou 'n "Courtesy Letter" stuur, dis nou seker 'n aanmaning dat jy die goewerment geld skuld (en die 50% afslag geld dan ook nie meer nie). As die ook nie na 32 werksdae betaal is nie skop Stap 3 in waar hulle 'n sg. "Enforcement Order" uitreik. Die ding blok alle transaksies op eNATIS, maw geen voertuig lisensie skyfie of nuwe bestuurder liksens is jou beskore nie. O ja met elke stap skop daar ook 'n addisionele R60 (dink ek) boete in. OUTA het op 'n stadium 'n Hoog Geregshof saak teen AARTO gewen en toe probeer slim wees en die ding Grondwet Hof toe gevat waar hulle verloor het, dink al wat nog in die pad staan van die uitrol van die ding landwyd is admin probleme op plaaslike vlak...tans is die mikpunt dat AARTO landwyd gaan geld vanaf Junie 2025.
Weet net nie hoe gemaak met posadresse wat geldig is (bv my posbus nommer) maar waar die poskantoor effektief geen diens meer lewer nie? Blykbaar word die blote pos van die dokumente aan mens gesien deur AARTO dat hulle wel die stukke aan jou afgelwer het....
AARTO en stappe
Dankie vir die uiteensetting van stappe.
Dit is deesdae selde dat mens boete sommer langs die pad kry [stap 1] Dis wat ek verkies. Betaal maar aan keiser wat hom toekom.
Ek dink egter dat AARTO hulle gaan vasloop met hulle siening, soos beskryf in jou laaste sin hierbo.
Omdat dit soveel bollie is, en nog strafpunte boonop, en soveel tenstrydige wetlike vertolkings, ry ek soos neef Herman----uiters versigtig en eerder binne spoedgrens.
Lees ek ń koerantberig, juis…
Lees ek ń koerantberig, juis oor die Aarto, en so halfpad af is daar ń skakel, in eie blokkie, wat sê klik hier om te kyk of daar uitstaande boetes is. Klik daarop, en daar sê my rekenaar, unsafe site!!
sit ook en ......
....doen selfstudie oor Klein Karoo besienswaardighede, sien ook 'n skakel oor volstruisveertjies en leerwerke, kliek daar------en vra my rekenaar, is ek ouer as 18jaar.
Skrik my koffie moertoe, ek bedoel mors my moerkoffie uit, en blaai terug na oulywe plaas neffens Prins Albert.
Goeie Hout
Uiteindelik het julle beurt ook aangebreek. Hoop dat dit 'n heerlike kuier sal wees met mooi weer. Dink so af en toe aan ons![]()
Darem knerts .....
....reën gekry gisteraand. Ons reënval vir Desember in die dorp is maar 21mm. Dit het die hitte so effe verminder.
Ek verneem dat dele rondom Ellisras dit so droog en warm is, dat die jong wildsbokkies net doodbrand.
Ek twyfel of ons besef hoe erg droog en warm dit die jaar is.
Regtig nie my maand hierdie…
Regtig nie my maand hierdie Desember met sy een hittegolf oppie ander nie. Eers ruk 'n storm 'n skadunet van sy raamwerk af, was wel al oud maar moes steeds amper R6k uithaal om die net te laat vervang (darem die raamwerk se roes afskuur en oorverf ingesluit), toe die twee "onverwagte" boete kaartjies vir te vinnig ry, R600 daarmee heen, en Saterdag besluit die swembad se filter dat 24 jaar se diens genoeg is en die ontwikkel 'n kraak, word die week vervang met nog 'n R6k daarmee heen. Die maand kan nou maar regtig verby gaan
Gatslag
Jammer om van die teenspoed te hoor GW. Sulke onbeplande uitgaves is naar. My maand is ook te lank na die R8000 deposito wat ek vir volgende jaar Desember se kampering by Dwarswegstrand moes betaal. Ek betaal egter veel eerder daarvoor as vir windskade en ‘n stukkende swembadfilter. Kon eg nie van die versekering geëis word nie?
Gister dogter by lughawe…
Gister dogter by lughawe gaan oplaai. Sê vanoggend vir Von dat die wat ons so gereeld gesels en mekaar se gesiggies sien op die foon, voel die kuiers van 1 per jaar nie meer so erg nie. Voorheen het die eerste aand se kuier in ń paar bottels ontaard, en eers vroeg oggend gaan slaap.
Vanoggend vir Jurgie onder sy boom getrek. Yskassie brom.
Môre wil Ouma dorp toe, en ek moet glo saam, waarom weet ek regtig nie, maar dit voorspel niks goed nie. Sekerlik is daar finansies by betrokke.
Die naweek twee tente opslaan, beddens insit, ons het van die stack beds met redelike matrasse daarvoor. My bed is so sleepercouch binne die lapa. Giep het ook ń matras. Lyk of Ouma by die huis wil slaap, seker maar sodat haar 4 katte nie verlang nie.
Kamp het 2 550w solar panele met 2x 12v lithium iets batterye wat yskas goed werk. So koue drinkgoed is uitgesort.
Lekker kuier Neef. Geniet…
Lekker kuier Neef. Geniet julself gate uit. Ek sou wat wou gee om my ver dogter ook hier te kan hê.
Geniet die kinders…
Geniet die kinders.....................................en die lekker saam kuier Herman.
Herman en die V8
Herman, lyk my die plan is reeds in 'n gevorderde fase!!!
Om nie Chris S se gesprek oor sy Ranger , die nuwe oue, of die ou nuwer, verder te besoedel met gesprekke rondom fabrikate ter oorweging vir 'n V8 masjien nie, moet jy dalk 'n soortgelyke eige gesprek skep.
Waarom oorweeg jy juis voertuie uit die Land Rover stal??
Ek gee nie om nie
Julle kan maar voort gesels op die Ranger gesprekslyn ook. Ek “besoedel” dit self met praatjies oor ander voertuie wat ek nog besit en voorheen besit het.
Wat V8’s betref sou ek nie ‘n LC oorweeg nie. My vyf-silinder Ranger het meer oemf as die 79 en is ligter en meer vaartbelynd. Dit ry ook sagter.
Maar ek is maar lugtig vir LR. Seker omdat ek twee mense geken het wat erg gesukkel het met Disco’s en self nie meganies baie sterk is nie. Die Defenders het heel lekker gery (baie gemakliker as LC) en die met die BMW enjins ry nou nog 20 jaar later. Maar dis nie ‘n V8 nie.
Die plaaskuier op Oudtshoorn lyk en klink diep lekker. Geniet dit!
Net vêr dogter het kom kuier…
Net vêr dogter het kom kuier, man is tuis. Hy het in die jaar vir hom ń rasegte Springer Spaniel gekry. Keith is in voëls skiet met haelgeweer, en praat lankal van so hond kry. Nou is dit grootmaak en leer...en baby sit. Hulle het nie kinders nie, so die hondjie grootmaak is glo ń nare wake up call vir die twee laatslapers.
Wessel. Die v8 was sommer net twak gesels, eintlik net om so bietjie met Wildehont te karring. En daar val jy vir my storie
. Nee wat, as ek iets moet kry, sal dit ń 20km/l runabout wees, maar nie in die nabye toekoms nie. Ek gaan bieg en noem dat daar ń eenkant spaarboekie is vir dalk eendag as dit nodig raak soos jy al genoem het, diefstal of brand, nie gatjeuk nie.
Noordkaap dogter kom Maandag saam die twee kleindogters. Oudste volgende jaar in matriek, jonger een graad 9. Tyd het gevlieg. Oupa het vir hulle " rolling pinns" gedraai van Oregon. Omtrent al wat ń vroulike mens is in my familie en vriende sit opgeskeep met so roller. Die van hulle is die beginners model, later jare sal hulle een kry wat langer is en " ge taper" na die punte toe.

V8 twak gesels
Herman, met jou weet mens nooit. Ek was erg bekommerd, nie omdat jy 'n brulding wil aanskaf nie, maar die fabrikaat van die brul.![]()
Ek val maklik vir sulke wille idees, dis hoekom ek summier die draadborsel eers weer vir myselwers hou.
Welkom aan nuwe lede
Ek wil juis nie name noem nie, want niemand moet uitgesluit voel nie.
Julle moet asseblief nie net lees nie, maar ook lekker deelneem aan die gesels. Begin sommer met die gewone---waarmee kamp julle, waar kampeer julle graag. Is julle padwoonwa mense, of rof en onbeskof "geen pad" persone.
Vee agt
Die hartseer waarheid is dat die dae van sulke groot enjins getel is. Dis net in Amerika waar hulle nog tot tyd en wyl sal voortleef. Die streng regulasies oor emissions in Europa is die rede waarom al die vervaardigers al hoe kleiner enjins maak sover ek kan aflei. Die ratkaste word aangepas met al hoe meer ratte sodat die kleiner enjins in hulle kort kragband (eie vertaling) kan bly. Koop dus nou maar ‘n tweedehandse Prado met ‘n V6. Die enjins hou gelukkig lank.





My laaste spoedoortredings,…
My laaste spoedoortredings, ook twee in dieselfde straat in die klein ure van die oggend in die middel van die toe, " doodstil Karoo dorpie" ek dink Middelburg, het so afheloop.
Ek hoor ń ryding buite stop, gaan loer, en sien die man bly sit. Gaan vra toe maar beleefd na sy gesondheid. Hy ignoreer my vraag, maar beduie na die ryding onder die afdak en vra of ek die eienaar is.
Meneer, ek soek al dae lank na jou om die dagvaardings te kom aflewer. Toe verkla hy sy lot omrede hy ń "komissie" betaal word van die boete bedrag wat nie eers ń beduidende deel van sy brandstof gaan delg nie. Ongelukkig is hy aangestel, en kan nie besluit wat hy gaan of nie gaan aflewer nie.
Wou hom nog koffie offer, toe ry hy eerder.
Ons het ń posbus op die dorp, en al rede is dat Sars en Munisipaliteit moet ń posadres en woonadres op rekord het. Al sê dit net plaasnaam ,omgewing en dorp. Geen wonder die man het gesukkel nie.