Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem saam, Jan Springbok rugby Rona du Plessis -1 hour ago
Afrigting span Springbok rugby Jan Meyer -2 hours ago
Amper... Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
rugby... Springbok rugby Wessel Strydom -6 hours ago
Benoud! Springbok rugby Rona du Plessis -8 hours ago
Dankie Johann... November 2026 Rona du Plessis -8 hours ago

Reclining camping stoele

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman
Submitted by neef Herman on

Skuus vir die " Reclining camping" . Weet nie wat dit in Afrikaans is nie.  Dalk " Kampleunstoel??"

Ouma Vonnie het een vir haar verjaarsdag  bestel. Nou sit oupa met die probleem dat hy regtig nie weet waar om ń model te kry met goeie konstruksie aanmekaar gesit word.

Die soort met die " Spider" konstruksie en plastiek gewrigte, gaan op ń dag ouma toevou, en dan moet ek saamleef met die " jou cheapskate geskenk" kyke. Jy wil nie dit ervaar nie. Moet byvoeg, sy is darem nog light weight... at a push.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 08/02/2025 - 19:48

....kyk of jy 'n "Loafa" kan kry/opspoor. Daai stoele vou ongelukkig nie klein op soos die spider plastiek nie. Dit vou na mekaar toe, met verstelbare bande om hoek tussen sitvlak en rug te verstel. dit sit na my mening ongelooflik lekker, en middagslapie ook. 

0
Lyttelton

Trev

Sun, 09/02/2025 - 05:44

Ons gebruik hierdie stoele vir meer as 10 jaar - die enigste negatief is dat dit nie baie klein opvou nie, en miskien die prijs

Positiewe - dit het verskeie verstellings sodat mens amper elke keer die perfekte hoek het waarteen jy sit, le of sit-le. 

Die tafeltjie is deel van die stoel en vou onder die stoel in - dit het ook 'n plek waar jy jou glas of koffiebeker kan sit.  Amper al wat nodig is is iemand wat die glas of koffiebeker vol kan hou.  

O die ander positief is dat dit "brownie points" die hoogte laat inskiet

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 09/02/2025 - 08:29

....dalk is dit goedkoper om vir haar 'n ander woonwa te koop.

O gaats, ek was stomgeslaan om die pryse van kampstoele se pryse te sien. Self daai Loafa wat ek voorgestel het, is > R1200!!!

Sommer 'n algemene opmerking, gemaklike betroubare stoele kom met 'n nadeel----dit vat stoor/pak-spasie.   

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 09/02/2025 - 17:19

Dis goedkoper as die ander modelle en baie gemaklik. Ek weet net nie of daar ‘n Makro is in George nie. Seker nie. Hier is die stoel. Makro lewer af ook. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 09/02/2025 - 17:34

Om stoel te koop wat ouma gelukkig hou is maar moeilik! Soveel verskillende make en ontwerpe. Ons het begin deur die oorspronklike Loafa stoele te koop, baie baie gemaklik maar soos die jare aanstap begin die goed problematies raak wat die opstaan daaruit aanbetref, die gebeentes heupe en kniege begin hulle myle later wys. Die stoele sal enigiets gewigs gewys kan dra sonder probleme maar hulle staalpype is swaar teenoor meer moderne aluminium raamwerke, ons het maar twee Oztrail stoele wat amper lyk soos die wat Chris S wys, lekker lig en heel stewig en gemaklik, gekoop. My twee Loafa's hang tans in die garage (in plastiek sakke), materiaal (dik denim-tipe) effe gebleik maar in 'n goeie werkende toestand...enige aanbod sal oorweeg word! Terloops hulle lyk soos die wat iemand onlangs ook adverteer het op marketplace, ek heg die persoon se foto aan...

Product photo of Set of 2 Loafa Camping Chairs

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 09/02/2025 - 18:24

Trev se model is die een. Gaan aanklop by ons Agri winkel, hulle kan dalk bestel. George toe ry is darem net te erg vir ń stoel.

Dieselfde Koõperasiewinkel verkoop nou heelwat kampeergoete. Selfs matrasse en stowe. Lyk my deesdae  is die winkels  in ń stryd om mekaar uit te roei.

Grootwind, as daar manier was om hier te kry sal ek hulle graag vir my kamp-lapa wou bekom. Dalk kom daar ń mater Hartenbos toe van Pretoria af ???? Vir 2 stoele kan dit werk.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 09/02/2025 - 20:41

My Campmaster stoel is soortgelyk aan die een hier onder, maar is blou. Wat dit lekker maak is die padding wat dit gemaklik maak en die prys.

A

Ek het vir my verjaardag ‘n geskenkbewys by Camp ‘n Climb gekry, toe bestel ek ‘n Oztrail soos die een hier onder. Ek het gedink dis soortgelyk aan my Campmaster een, maar dit het nie padding in nie en die rugleuning is effe laer (‘n probleem vir ons lang mense).

  A

Ek sien daar is een wat wel bekussing is met ‘n hoër rugleuning maar dit kos nog meer.
 

C

Hulle maak ook ‘n stoel wat soos ‘n Loafa lyk.

S

En kyk die een se prys.

G

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/02/2025 - 05:55

....wat 'n keuse!!!

Koop jy 1 of sommer 2, ene gaan darem afskeep lyklaugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 10/02/2025 - 08:48

Dis wat ek geleer het uit my onlangse aankoop. Die foto’s en beskrywing het nie mooi gewys wat ek gekoop het nie. Die winkel is ook nie om die draai sodat ek die stoel kan omruil of teruggee nie. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 10/02/2025 - 12:00

Ons het van daai Oztrail soos laaste foto op Wildehont se plasing....sit baie lekker. Ons het ook so n reclining stoel van Meerkat...puik kwaliteit, maar ons gebruik ons stoele ook om by die tafel te eet en dan werk die reclining een nie lekker nie. Ek hou ook daarvan om my voete soms onder my stoel te sit as mens regop sit....maar met reclining stoel kan jy nie. So reclining stoel gaan nie saam nie

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 10/02/2025 - 12:09

Ek het al n hele versameling van stoele...tans ry net die Sensation stoele saam

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 10/02/2025 - 12:56

Van sit en staan bly lê die lekkerste. Ek het altyd net "directors: stoele gebruik want ek hou van regop sit en my voete moet die grond kan raak. 

Soos alles in die lewe verander dinge maar en het my vrou twee Campmaster stoele gekoop wat lekker kan terug lê maar dan hang my voete in die lug. 

Nou kan mense by my kampplek verbystap en sien hoe ek oopbek sitlê en snork as my oë moeg word.

Groetnis

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus