Skuus vir die " Reclining camping" . Weet nie wat dit in Afrikaans is nie. Dalk " Kampleunstoel??"
Ouma Vonnie het een vir haar verjaarsdag bestel. Nou sit oupa met die probleem dat hy regtig nie weet waar om ń model te kry met goeie konstruksie aanmekaar gesit word.
Die soort met die " Spider" konstruksie en plastiek gewrigte, gaan op ń dag ouma toevou, en dan moet ek saamleef met die " jou cheapskate geskenk" kyke. Jy wil nie dit ervaar nie. Moet byvoeg, sy is darem nog light weight... at a push.
Ouma se reclining stoel
Ons gebruik hierdie stoele vir meer as 10 jaar - die enigste negatief is dat dit nie baie klein opvou nie, en miskien die prijs
Positiewe - dit het verskeie verstellings sodat mens amper elke keer die perfekte hoek het waarteen jy sit, le of sit-le.
Die tafeltjie is deel van die stoel en vou onder die stoel in - dit het ook 'n plek waar jy jou glas of koffiebeker kan sit. Amper al wat nodig is is iemand wat die glas of koffiebeker vol kan hou.
O die ander positief is dat dit "brownie points" die hoogte laat inskiet
Dankie Trev.... Wat is die…
Dankie Trev....
Wat is die fabrikaat, kan nie op die foto uitmaak nie.
Oztrail
Dit is ‘n Oztrail Sunlounge Jumbo Deluxe om dit sy volle naam te gee
Die website vir Oztrail is: www.oztrail.co.za
Herman...
....dalk is dit goedkoper om vir haar 'n ander woonwa te koop.
O gaats, ek was stomgeslaan om die pryse van kampstoele se pryse te sien. Self daai Loafa wat ek voorgestel het, is > R1200!!!
Sommer 'n algemene opmerking, gemaklike betroubare stoele kom met 'n nadeel----dit vat stoor/pak-spasie.
Campmaster by Makro
Dis goedkoper as die ander modelle en baie gemaklik. Ek weet net nie of daar ‘n Makro is in George nie. Seker nie. Hier is die stoel. Makro lewer af ook.
Regte Loafa's
Om stoel te koop wat ouma gelukkig hou is maar moeilik! Soveel verskillende make en ontwerpe. Ons het begin deur die oorspronklike Loafa stoele te koop, baie baie gemaklik maar soos die jare aanstap begin die goed problematies raak wat die opstaan daaruit aanbetref, die gebeentes heupe en kniege begin hulle myle later wys. Die stoele sal enigiets gewigs gewys kan dra sonder probleme maar hulle staalpype is swaar teenoor meer moderne aluminium raamwerke, ons het maar twee Oztrail stoele wat amper lyk soos die wat Chris S wys, lekker lig en heel stewig en gemaklik, gekoop. My twee Loafa's hang tans in die garage (in plastiek sakke), materiaal (dik denim-tipe) effe gebleik maar in 'n goeie werkende toestand...enige aanbod sal oorweeg word! Terloops hulle lyk soos die wat iemand onlangs ook adverteer het op marketplace, ek heg die persoon se foto aan...

Trev se model is die een…
Trev se model is die een. Gaan aanklop by ons Agri winkel, hulle kan dalk bestel. George toe ry is darem net te erg vir ń stoel.
Dieselfde Koõperasiewinkel verkoop nou heelwat kampeergoete. Selfs matrasse en stowe. Lyk my deesdae is die winkels in ń stryd om mekaar uit te roei.
Grootwind, as daar manier was om hier te kry sal ek hulle graag vir my kamp-lapa wou bekom. Dalk kom daar ń mater Hartenbos toe van Pretoria af ???? Vir 2 stoele kan dit werk.
Die duiwel is in die detail
My Campmaster stoel is soortgelyk aan die een hier onder, maar is blou. Wat dit lekker maak is die padding wat dit gemaklik maak en die prys.

Ek het vir my verjaardag ‘n geskenkbewys by Camp ‘n Climb gekry, toe bestel ek ‘n Oztrail soos die een hier onder. Ek het gedink dis soortgelyk aan my Campmaster een, maar dit het nie padding in nie en die rugleuning is effe laer (‘n probleem vir ons lang mense).

Ek sien daar is een wat wel bekussing is met ‘n hoër rugleuning maar dit kos nog meer.

Hulle maak ook ‘n stoel wat soos ‘n Loafa lyk.

En kyk die een se prys.

Sit eers in die stoel voor jy koop
Dis wat ek geleer het uit my onlangse aankoop. Die foto’s en beskrywing het nie mooi gewys wat ek gekoop het nie. Die winkel is ook nie om die draai sodat ek die stoel kan omruil of teruggee nie.
My kamp stoele is van die …
My kamp stoele is van die "Basecamp Adventure Gear" reeks. Baie sterk en hou al jare.
Oztrail
Ons het van daai Oztrail soos laaste foto op Wildehont se plasing....sit baie lekker. Ons het ook so n reclining stoel van Meerkat...puik kwaliteit, maar ons gebruik ons stoele ook om by die tafel te eet en dan werk die reclining een nie lekker nie. Ek hou ook daarvan om my voete soms onder my stoel te sit as mens regop sit....maar met reclining stoel kan jy nie. So reclining stoel gaan nie saam nie
Van sit en staan bly lê die…
Van sit en staan bly lê die lekkerste. Ek het altyd net "directors: stoele gebruik want ek hou van regop sit en my voete moet die grond kan raak.
Soos alles in die lewe verander dinge maar en het my vrou twee Campmaster stoele gekoop wat lekker kan terug lê maar dan hang my voete in die lug.
Nou kan mense by my kampplek verbystap en sien hoe ek oopbek sitlê en snork as my oë moeg word.
Groetnis





Herman...
....kyk of jy 'n "Loafa" kan kry/opspoor. Daai stoele vou ongelukkig nie klein op soos die spider plastiek nie. Dit vou na mekaar toe, met verstelbare bande om hoek tussen sitvlak en rug te verstel. dit sit na my mening ongelooflik lekker, en middagslapie ook.