Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Double cheese burger November 2026 Geert -17 minutes ago
30% November 2026 Geert -6 hours ago
see water November 2026 Geert -6 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -11 hours ago
Kat aan die knaters beet. November 2026 neef Herman -15 hours ago
Groot teenstrydigheid November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago

Moon River boskamp 21 - 23 Maart 2025

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek het op Google Maps op Moon River boskamp op die Koue Bokkeveld afgekom. Ek plaas sommer die kamp info in twee dokumente soos van hulle ontvang hier onder vir maklike verwysing.
 

Sodra ek tyd kry vertel ek meer van ons naweek daar en plaas nog ‘n paar foto’s. Die een is geneem toe ek uitgeklim het om die band druk van die kombinasie te verminder vir die steil klipperige paadjie op na die plaas toe. 

A

Attachment Size
Moon River Info_.docx 17.7 KB
Rates 24 25.docx 19.69 KB
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 25/03/2025 - 20:34

Ek kan nie meer wag om te weet wat anderkant daardie bultjie aangaan nie. Info het my net meer nuuskierig. Geduld.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 25/03/2025 - 21:02

Na ‘n warm en bedompige week het dit 20 Maart so teen 18:00 begin reën en aangehou reg deur die nag tot rondom 10:00 die oggend van 21 Maart. Salomien het verkoue gehad en glad nie lekker gevoel nie. Sy was ten gunste daarvan om eerder te kanselleer, veral toe Veronica van Moon River boskamp sê dit reën daar ook en dat hulle sal verstaan as ons wil kanselleer. 
 

Ek en die kinders wou graag gaan, en ons het op die ou end besluit om ‘n kans te vat en wel te gaan. Ons het lekker gery, en nie lank gewag by die stop/ry so ent voor Op-die-berg nie. Ek kla in elk geval nie oor padwerke nie, dit beteken die pad word verbeter en die Gydo pas en die pad op die Koue Bokkeveld het dit broodnodig gehad. Dis nog nie klaar nie, maar reeds baie beter. 
 

Toe ons regs draai by Op-die-berg het ons bietjie reën gekry. Ek was bekommerd dat dit in die rigting gaan beweeg waarheen ons gaan. Toe die teerpad opraak was die grondpad redelik sinkplaat en ek het oorweeg om die banddruk te verminder maar wou eerder daar uitkom voor die reën ons vang. Seker so 2km voor die afdraai na die kamp toe sien ek beweging op die grondpad en my vermoede dat dit ‘n slang is word kort daarna bevestig. Dis toe ‘n lekker groot geelslang van so 1,2m en ons kon dit mooi sien voor dit onder ‘n bossie langs die pad ingeseil het.

Na die afdraai van die hoof grondpad af was daar ‘n stukkie sand gewees maar die Ranger het ten spyte van die stywe bande nie gesukkel in 4x4 nie. Toe ons by die bordjie op die foto hier bo kom het ek uitgeklim om die banddruk te verminder. Ek wou skade aan die bande op die klipperige pad voorkom. Ek het die Ranger se bande afgevat na 1,9 en die Kavango na 2. Ek moes al ses bande self afblaas, want my gesin wou nie uitklim nadat ons flussies die kobra gesien het nie.
 

A

Die paadjie was nogal steil, en dit was my eerste keer op so pad met die Kavango op sleeptou. Die Ranger het egter glad nie gesukkel nie.

C

Ons het verby die ou herderskothuis gery na die eienaars se huis toe en sommer kontant betaal. Ons is ‘n gelamineerde blaai met inligting op gegee. Daar is ‘n kort 4x4 roete met ‘n paar interessante rotsformasies waarby ons nie eers uitgekom het die naweek nie. Ons het na ons kamp toe gery oor ‘n paar groot klippe op een draai in die paadjie daarheen. ‘n Padkaravaan sou skade gekry het maar die Kavango het darem nie. Ons het toe eers  kamp gemaak. Daar het ‘n paar ligte druppels neergestuif maar dit het nie regtig gereën nie.

I

C

J
 

Die kinders is dadelik in ‘n poel in die stroom onder die kamp in en ek het vuur gemaak onder die bad en in die braaiplek. Die aand het ons sommer sirloin plankiesteak en braaibroodjies van die rooster af geëet en toe lekker om die vuur na die sterre en satelliete gekyk voor ons net na 22.00 ingekruip het.

D

K


E

F

H

F

G
 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 25/03/2025 - 22:03

Lyk of mens hier baie kan niksdoen en die stilte geniet. Dankie solank, ek dink julle het 'n fees in die buitelug gehad.

Laaste foto - verduidelik bietjie wat mens sien (liggroen regs en ver links)

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 26/03/2025 - 07:10

Die heldergroen struktuur bo aan die laaste foto is so verlig deur ‘n groen LED kollig met ‘n sonpaneel (die kamp s’n). Dit is ‘n “badkamer” - klipmure sonder ‘n dak met ‘n bad in. Dit het egter net koue water. Die bad op een van die ander foto’s staan buite, en mens maak vuur daar onder om die water warm te kry. Links van die boom aan die linkerkant van die foto is die toilet. Nogal netjies, ek plaas volgende keer meer foto’s. Die groen dingetjie heel links op die foto weet ek nie, dalk ‘n drogbeeld/weerkaatsing wat die lens gemaak het. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 26/03/2025 - 07:15

... nou't ek ook so 'n ligte idee van Moon River. Ek sal sekerlik nooit daar kom nie. Was julle al mense?

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 26/03/2025 - 07:36

Ai dis jammer my mooi fleetlinetjie sal nie daar kan loop.  Dit lyk so lekker.

Dankie dankie.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 26/03/2025 - 08:38

Wildehont dankie vir deel flippen mooi daar ek glo daai water daar kan jy drink. Kamp op sy beste

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 26/03/2025 - 10:09

Ag nee julle, moenie bangbroeke wees nie. Kyk wat kan met ‘n karavaan gedoen word. Koop net ‘n Ford om mee te sleep. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/03/2025 - 12:26

.....ten minste benut julle julle Kavango ten volle waarvoor dit gebou is!!!!

Ek is effe baie jaloers op jou en eintlik beindruk met jou vrou wat kanssien vir rof en onbeskof.

As ek daar sou stop, vir kampeer, was ek sekerlik versuip in daardie bad. My Kavango word meestal soos sagte padwa benut. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 26/03/2025 - 18:55

Dis juis die probleem, ek moet werk klaarmaak voor ons Vrydag Dwarswegstrand toe ry so ek kry nie tyd om verder te vertel nie. 

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 27/03/2025 - 08:00

Joh, Daai is n taai man wat sy pad karavaan so sleep.  Ek het nie die guts om dit te doen.

Jy maak nie reg nie Wildehont.  Ek het begin nou loer na Kavangos......

Mooi bly.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 27/03/2025 - 11:38

Ons het lekker geslaap die Vrydagaand. Dit was heerlik stil afgesien van die gekabbel van die stroompie onder die kamp. Ek en die kinders was vroeg op, maar Salomien het nie kans gesien om saam met ons te gaan stap in die kloof op nie. Daar was net die eerste ent uit die kamp ‘n paadjie, daarna het ons oor die rotse geklouter heen en weer oor die stroompie. 

A

Kara is baie lief vir goggas en diertjies, en het ‘n hele paar paddatjies gevang.

B

Daar was ‘n klomp poele in die stroom, almal natuurlik behalwe een waar ‘n muurtjie gebou was. 
 

C

Na so twintig minute se stap en klouter het ons by ‘n poel gekom wat ek op foto’s op die internet gesien het van vorige besoekers. Chris Jnr is dadelik in die poel in, met Kara kort op sy hakke. 

D

E

Ek het hulle gevolg, en ons het lekker gespeel en geswem. Die water was nog bietjie koel - net onder 21 grade in vergelyking met die net meer as 24 grade wat die poel langs die kamp die vorige middag was. 

F

Ons het nog ‘n ent in die kloof op gestap, maar teen 09:00 het ek vir die kinders gesê ons moet begin teruggaan omdat ons nie sonroom by ons gehad het nie. 

G

H

Terug in die kamp het ek water warm gemaak sodat die kinders skottelgoed kan was. Ek het die muti waarmee ek die rooster skoonmaak tuis vergeet, so moes ‘n ander plan maak.

I

Salomien het vir ons ‘n heerlike brunch gemaak van eiers, spek, kaas en croissants. Chris Jnr wou met alle geweld weer gaan swem by die poel bo in die kloof, maar ons het die warm deel van die dag in die kamp deurgebring. Ons het kaart gespeel, krieket gespeel, armbandjies gemaak saam met Kara en geswem in die poel langs die kamp. 

Later die middag het ons weer die kloof in gestap - die keer met Salomien saam - en in die poel met die oorhang rots gaan swem. 

Terug in die kamp het ek die bad warm gemaak en die vuur aangesteek vir braai. Nadat ons almal gebad het, het ons gebraai en weer om die vuur van die rooster af geëet. Ons het ook ‘n besoeker gehad.
 

M

Kara was moeg en het bietjie vroeër as die res van ons gaan slaap. Ons was egter nie ver agter haar nie.

Hier is die ander bad wat net koue water het.

J

En hier is die toilet:

K

Ek het die deur oopgelos vir die uitsig (die deur kyk darem weg van die kamp af).

L

Iemand het gevra of ons ander mense gesien het die naweek. Net vir Veronica toe ons by hulle huis gaan betaal het, en die mense wat by die herderskothuis gebly het toe ons daar verby gery het oppad in en weer uit. Dit was hemels om die mooi plek net vir my en my geliefdes te hê  

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 27/03/2025 - 11:44

Ek wou iets gehad het wat darem grondpad kan ry. Ek het nie beplan om ooit sulke rowwe paaie aan te durf soos by Moon River nie, maar ek is baie bly my kombinasie laat dit toe.
 

Ek dink ‘n pad karavaan bied baie meer gerief en is waarskynlik ‘n bietjie minder werk. Dit sou ons egter beperk het, en die Kavango sleep soos ‘n droom. Dis ook lekker om sonder krag en water te kan staan as dit nodig is. 
 

Elkeen soen sy vrou (of haar man) maar soos hulle wil.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 27/03/2025 - 14:39

Wat 'n pragtige plek. Dankie vir die deel van mooi foto's en die vertelling. Dit was die geduld werd om hiervoor te wag. Seker dan ook een van die min plekke waar mens nie oor veiligheid bekommer nie - dis nou te sê as 'n geelslang nie saak maak nie.

Jare gelede het ons ook graag sulke plekkies uitgesoek en ek verlang terug (baie). In die motorhuis is nog ons tent en alle kamptoerusting en nou wel nie 'n Ford nie, maar Daan se bakkie wat seker ook die paadjies sal kan uitdraf....

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/03/2025 - 14:46

Chris s het nou weer hier die balk/standaard gelig met sy wyse van terugvoer oor 'n kamp.

dit is inderdaad 'n baie oulike plek wat julle besoek het, en die natuurskoon is asemrowend.

Ek gaan koop sommer 'n 4x4. O gaats, ek weet voor my siel dit gaan geldmors wees.crying 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 27/03/2025 - 20:48

Die wind het nogal gewaai Saterdagaand, en dit het my slaap ‘n paar keer versteur. Dit was meestal weens die braaibak wat beweeg het en die deksel daarvan het ‘n geluid gemaak teen die bak. Dit het my seker nie genoeg gepla nie, want ek het nie opgestaan om dit te skuif nie. 
 

Sondagoggend was dit maar koelerig en die wind het steeds gewaai. Dit was OK vir oppak, wat ons maar stuk-stuk gedoen het. Ek het sommer self die skottelgoed gewas, terwyl ‘n trop bobbejane vir my sit en kyk het. Hulle het darem nie probeer nader kom nie, en na ‘n ruk self besluit om aan te beweeg.

A

Terwyl ons opgepak het sien Chris Jnr weer die roofvoëls wat hy die Saterdag ook gesien het. Ek kyk deur die verkyker en bevestig dat dit twee witkruis arende is wat na ‘n rukkie op die wind oor die kamp sweef en teen ‘n rotshang agter die klip waarop die bobbejane op die foto hier bo is gaan sit.

Die son het weer uitgekom en ek en die kinders het ‘n afkoel swemmie gevat toe ons klaar gepak het. Salomien het vir ons jaffels gemaak vir padkos, en ons is so 12:30 daar weg. Die sinkplaat pad het heelwat lekkerder gery met die papper bande. Net voor die teer begin het ek gestop en al ses bande weer opgepomp. Dit het so 24 min geneem, want my kompressortjie se lugvloei volume is nie baie groot nie.

Ek het die bande so 0.3 meer gepomp as die druk wat ek koud wou gehad het, en toe ek later tuis toets na hulle afgekoel het was dit presies die koue druk wat ek wou gehad het. Ons het lekker huis toe gery na ‘n puik naweek. Dit was presies wat ek nodig gehad het en ek is baie bly dat ons kon gaan. Ons is werklik geseënd. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 27/03/2025 - 21:33

dat jy hierdie plekkie wat vir my ook totaal onbekend was aan ons bekendgestel het. Of ons ooit daar sal uitkom weet ek nie, maar ek het dit baie geniet om saam te kuier.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus