Die dag is amper verby en niemand het nuwe gesprek begin nie. Dus doen ek dit maar, en dis nie 'n Aprilgek foefie nie.![]()
My span, vir wat....
dit werd is, bly die WP. Bly al 42 jaar hierbo, maar Transvaler sal ek nie word nie
Wildehont
Baie geluk met julle seun se prestasie! Voorwaar iets om op trots te wees. Geniet ook sy rubywedstryde môre.
Ons kleine is nou in Gr R en speel môre sy eerste bulletjiewedstryd in Pietersburg. Dis maar sleg om nie daar te kan wees nie.
Die Bulle: ek sal sommer namens jou ook skree![]()
Rugby is erger as geloof
Hier was al lelike gevegte oor rugby so ons praat eerder nie te veel daaroor nie. Maar dit bly lekker om te kyk.
Kyk nooit....
enige rugby nie. Ek is mos 'n 4x2 outjie, hou van die mooi aanskoulike sporte soos swem, ballet, branderplankry ens.![]()
![]()
Kiewiete broei nog
By ons sportgronde broei die kroonkiewiete, en ten spyte van die komende winter het hulle nessie vandag steeds twee eiers in gehad. Op ‘n sportdag moet die nessie beskerm word, en word daar stoele om gepak. Die kiewiete was nie beïndruk nie, en het aan die begin van Kara se eerste netbal wedstryd die kinders gedivebomb en selfs op die baan gaan land. Kyk hoe mooi is die eiers gekamofleer.

Oumens dommigheid
Saterdagnag word ek wakker met ń oor wat jeuk. Die kry ek so af en toe, en het so drupper botteltjie met oliekies in. Vra vir Von, wat die " noodmedisyne" in haar bedkassie hou. Sy gee in die half donker vir my aan. Ek vra so ewe hoe gaan ek nou 5 druppels aftel, gewoontlik drup sy vir my in. So half deur die slaap sê sy " gee net so squirt" wat ek toe doen.
Nou is ek effe wakkerder en dink maar die was nie die drupper botteltjie nie, dit is meer soos ń sproeibotteltjie. Ek het my oor ge flood met Spersalerg wat gebruik word vir erge allergies in jou oë. Dit worry my nie juis nie, oge is darem baie sensitief. Tot Sondag oggend toe en daar begin die spul sulke steekpyntjies maak. Gister vir ń halfuur die oor in stort gespoel. Vanoggend is hy stokdoof.
Het toe maar die sinusse gespoel om die verbindingspypies oop te maak, en bietjie van die regte oiliekies ingedrup. Nou moet die ou lyf maar my dommigheid uitsorteer.
Oor wat jeuk....
....kan sekerlik ook die gekielie van baardhare in oor wees. Veral in die oor wat op geslaap word![]()
Praat jy van die bossies…
Praat jy van die bossies baard wat in die ore groei Wessel. Ek het oogemerk laas met ons saamkuier dat joune nogals welig is, met so effense rooi skynsel. Gedink die boskasie kan aan die jeuk gaan.
Myne word saam met haresny uitgepluk. Die barbier het sulke oorstokkies met warm was op wat hy die neus indruk en met geweld uitpluk sodra die was koud is.![]()
Herman...
....barbier sal NIE daardie wasbehandeling aan my se gate oorleef nie.
Ek het so oulike klein side cutter/trimmer aangeskaf vir om/in ore & neus.
Jeuk kom saam met ouderdom, die gefoeter is, as mens ordentlik wakker is, kan mens nie die jeukplek onthou nie.
Praat jy van die bossies…
O dit klink bekend. Hier is n Pakistaner barbier naby my, en hy doen alle wakse. Selfs Bermuda Triangle Wakse. Weet nie van dit.
Maar ore doen hy lekker. Maar as hy trek verdwyn hy so n paar sekondes. Hy is bang die maan slaan hom van die pyn...
Kiewiete broei nog
Hallo Wildehont. Dit is awesome.
Op Parow Golfbaan is hulle net so welig en bom n ou as jy naby kom. Maar, die ganse raak te veel en ek vermoed hulle eet die eiertjies van die Kiewiete.
Sad.
Rona...
...nou moet jy ook dwars foeter vanoggend. gooi mos so 'n jaloersmaak stekie/verwysing in, " trippie Vic-valle kom nader".![]()
As dit die trant van insette is vanoggend, gaan ek deelneem;
van die 5 de Mei kamp ek, en gaan ek gerespekteerde kampforum vriende in die KrugerNP ontmoet. Die manne en beterhelftes skop jy nie agter elke bos uit nie, o nee---hulle kom al die pad uit DA-land, tewete Kleinmond, Sandbaai en Good Wood.
Dwars foeter
Dis nou vir jou een!. My beurt is seker darem nou my beurt, Wessel![]()
Kyk,dinge werk by ons so: Gewoonlik (lees altyd) is ek die een met 'n gril, geit en gier van "moeg vir die huis" en wil 'n koers in.... Daan (arme Daan) het al soortvan vrede gemaak daarmee oor die jare heen. Die uiteinde: hy het nog altyd die wille wegbreke gate-uit geniet. Drie of wat? dae gelede het ek gedink dis tyd om hom in te lig dat ek ernstig is oor n besoek aan die Victoria valle wat in Augustus moet gebeur en sommer verder daar rondom geborduur. Ek het sy onverdeelde aandag gehad (foeter nie meer dwars nie) en ons raak nou saam opgewonde (dít nogals oor 'n beplande toer). Voordat ons kan pak en ry is daar ongelukkig ook ander minder lekker dinge wat voorlê - hy het 'n breuk opgedoen wat eerste aandag moet kry na al hierdie vakansiedae en kort daarna is 'n knie-operasie ook nog op die kaarte. Die toerbeplanning beur hom nogal 'n bietjie op, want ai, ek kan sien dat dit met hom moelik gaan
Welkom aan...
al die nuwe vriende wat aangesluit het. Dit beteken ongelukkig dat julle asb moet deelneem met insette ensovoorts.
Deruster verdien spesiale welkom, bloot omdat hy/sy woonagtig is in die bek van die mooiste plek---Meiringspoort. Jare gelede het ek familie gehad wat daar gebly het.
Ons dorpie vandag
Dit is pikdonker in die huis met digte digte mis buite. Ek het so 9h00 se kant winkel toe gery vir karringmelk en gesien dat die dorp reeds wemel van naweek/vakansiegangers in dik baadjies en musse. Restaurante en die res doen goeie besigheid. Dit is taamlik koud en het sopas kliphard begin reën. Sulke weer maak my baie opgewonde (solank ek nie langpad hoef te ry of kampeer nie). Kaggelvuur en rooiwyn met ietsie lekker warm op vanaand se spyskaart...
Warm in die Kaap ???
Ek kyk saans die weervoorspelling en opvallend is die warm dae in DA-land. Beaufort Wes, Oudshoorn en Worcester is nog amper in die 30C.
Die weerpatrone is omtrent deurmekaar. Hier by ons is dit koel en reën dit steeds. Ek het gister nog 30mm reën gekry.
Ek hoop vir reën in Namakwaland, sodat die blomme mooi kan wees later.
Ons het wel ń Bergwind gehad…
Ons het wel ń Bergwind gehad vandag, N / NW wat normaalweg met 30+°C vir ń dag of twee waai, en dan reen dit dag 3. Daar was effe wind vanoggend, maar teen sononder koel en heeltemal windstil. So... neef voorspel, nou waag ek baie, dat die reen wat vir môre middag voorspel is, tot volgende week Dinsdag, se kanse is maar skraal in die Klein Karoo.





Rugby span ondersteuning
Sou ek bv Nieu-Seeland toe emigreer, sal ek steeds vir die Springbokke skree. Al het ek meer as tien jaar gelede Wes-Kaap toe gesemigreer, skree ek steeds vir die Bulle.