Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -38 minutes ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -3 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -13 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -15 hours ago

April 2025 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Die dag is amper verby en niemand het nuwe gesprek begin nie. Dus doen ek dit maar, en dis nie 'n Aprilgek foefie nie.laugh

Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 04/04/2025 - 07:42

Wessel,                                                     Bergrivier oord is 419km van ons af en die Ranger draf dit sommer in die oggend af. wink

Ons het die oord gekontak en hulle neem nie besprekings vir wanneer ons wil kamp nie. Jy arriveer soek 'n kampplek en betaal. Omrede ons skrikkerig is om in daardie geweste oor 'n naweek te kamp sal ons kyk wat gebeur en dan besluit. 

Ongelukkig is daar vakansie dae in die tyd wat ons wil kamp en is nie lus vir dagbesoekers nie. 

Het na Hollandsche Molen gekyk maar is miskien bietjie vêr vir elke dag se inry. Sal wag vir die wedstryd program en sien hoeveel dae ons kleinseun speel en dan besluit maak. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 04/04/2025 - 08:19

... het jy 'n geelbaadjie aan omdat jou Hilux 'n petrol-model is?devil

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 04/04/2025 - 09:16

Net hierbo spot ek nog met Maurits - en die volgende oomblik staan hy voor my voordeur saam met sy mooie Martie om persoonlik te kom sê hy wens ons 'n veilige reis en lekker vakansie toe. Hulle is op pad na Cara-Camp om 'n paar goedjies te kry vir hulle trip wildtuin toe wat ook voorlê. Ons sien mekaar weer in Krokodilbrug waar ons enkele aande mekaar sal raakkamp.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 04/04/2025 - 09:36

Jy moet Maurits se petrol trokkie uitlos, ek verlang menige dag na myne!!!!

Dit gebeur egter nie by die vulstasies nie.laugh

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 04/04/2025 - 09:56

Mens moet dalk maar maak asof die Trompie en RNE gedoentes nie "regtig" is nie, beter vir mens se gesondheid. Ons het tussen 1991 en 1994 in Engeland gewoon, toe was die Rand/Pond wisselkoers sowat R4.50 en ons het toe gedink dis rof. Nooit gedink dit sal eers naby kom waar dit nou staan nie, vlgs die Daily Investor op 'n stadium gister aan R24.73 geraak, staan nou al op R24.82. Die slegste ooit...en Trompie het skaars begin om die wereld ekonomie te vernietig....En boonop staan die Rand/Dollar vanoggend reeds op R19.05.....

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 04/04/2025 - 10:17

Ek sien elke dag nuwe name wat bykom. Julle moet asb saamgesels oor julle doen en late, kamp ervarings, beplande toere en alle derglike lekker dinge.

Spesiale woord aan Ollie1985----dalk loop ons mekaar in die ou dorpie raak. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 04/04/2025 - 11:30

....ek het sommer vir die lekker gekyk na Bergrivier en Hollandche Molen [HM] oorde.

1] Bergrivier is maar 8km uit Paarl, en HM ongeveer 18km, wat ok nou nie landuit is nie.

2] Vir die tyd in April is die tariewe verstommend dieselfde vir die 2 oorde, ongeveer R420/nag vir 2 persone.

3] As jy sê die oord neem nie besprekings nie, praat jy van Bergrivier??

Onthou ek gesels sommer vir die lekker saam.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 04/04/2025 - 12:34

Wessel                                                         ja Bergrivier. Hulle sê hulle neem die besprekings vir die tyd wat ons wil kamp nie omdat hulle nie besig is nie. Neem wel besprekings vir besige seisoen soos skoolvakansies. 

Hollandsche Molen se resensies is nie goed wat dagbesoekers aanbetref nie. Sal maar wa hak en na altwee gaan kyk as ons daar kom. 

Ons het selfs na Goudini gekyk vir warm swembad maar hulle tariewe is R930.per nag. Dan sit jy met dieselfde probleem van dagbesoekers. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 04/04/2025 - 12:43

Jan, as julle oor 'n naweek in Paarl omgewing moet wees, vergeet liewer dadelik van Goudini.

Ek sou gedink het dat Bergrivier die ene is wat dagbesoeker probleme kan lewer.

0
Sandbaai

maurits

Fri, 04/04/2025 - 13:52

Jan, probeer  Heuwelsig in Franschhoek. Bietjie duurder maar die moeite werd. Pragtige pad tussen Franschhoek en die Paarl. Paar minute se ry. Dan kan jy sommer by my seun by Chamonix gaan wun proe. Maurits

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Fri, 04/04/2025 - 19:21

Dankie Maurits                                             dit lyk na 'n pragtige plek. Soos jy noem bietjie duur maar ons het so 'n paar jaar terug op 'n toer besluit om eendag terug te kom na Franschoek. Sal beslis opvolg en eerder daar gaan kamp. Ons kort so 'n bietjie bederf. 

 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 04/04/2025 - 21:19

Hollandse Molen is eintlik baie besig en gewild onder dag besoekers, maar lyk of n mens lekker daar kan kamp in stiller tye. Ons het ook al by Heuwelsig oorgebly, so 10 staan plekke en vorm deel van 'n Lodge en deels 'n wyn plaas reg langs Leopard Creek. Die uitsig vvan daar oor die berge is asemrowend mooi, veral laat in die middag. Lekker stil en veilig daar, ons sal beslis weer daar oorstaan sou ons die geleentheid kry. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 05/04/2025 - 08:14

...ek sien die nuwe "kortpad" regs bo op ons tuisblad. Dis 'n absolute skande dat sulke obsene toere op 'n gesins forumblad adverteer word.laughlaughblush

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 06/04/2025 - 11:58

Ek verneem dat dit goed gereën het in Keimoes omgewing. Het dit in Kuruman omgewing ook goed gereën??

Ek hoop die knellende droogte is gebreek

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 06/04/2025 - 13:17

Middag Chris S, is die paar dae verby in DWS. 

Sien uit na jou foto verhaal, hoop die weer het saamgespeel

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 06/04/2025 - 16:54

As ek reg onthou is dit hoe daardie eerste baksteen-selfone mens kennis gegee het van 'n sms wat vir jou lê en wag. ?? Wel, vandag het ek ook 'n briefie in die pos gekry - soos seker almal op die forum. Dit maak mens van vooraf lus om te gaan kamp. My Botswana-trippie se tyd kom nader...net nog so vier maande!!! (daar moet nog baie water in die see loop)

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus