Maurits, dankie vir die inligting. ek het gaan loer op internet, en dit lyk baie duur netjies. dit sukkel egter om baie inligting en fotos van kampeer geriewe te kry.
Nietemin, dis goed om van die oord te weet, dalk kry ek dit nodig.
Lapskag....
Ek stem saam met Voortrekker, dit is 'n pragtige omgewing en oord.
Kyk, ek kan verstaan dat die persone met dubbelverdieping kastele[paleise] in J.Baai sulke plekke kan bekostig.
Ek sukkel om tariewe vir die oord op internet te vind. Lyk my mens moet kontak maak om uit te vind. Die naaste wat ek kon vind op internet is rondom R660/nag vir 2 persone.
Dis seker billik as hulle elke aand vir mens 'n bottel Pinot Noir van Muratie gratis aflewer.![]()
Gaan op hulle …
Gaan op hulle webwerf en daar wys hulle die kampplekke en kaart van die oord. Maak dan die kampplek oop en klik om bespreking te maak. Daar wys hulle al die staanplekke en geriewe van elkeen.
Party staanplekke is slegs vir daktente en jy mag gladnie enige grondseil gebruik nie. Pryse vir elke kampplek word ook daar aangetoon
No double axles at Heuwelsig
Quite interesting that they don't allow any double axle caravans at Heuwelsig - one would have though that their market considering their prices would be the people who owns caravans like Destination Journey, Mobilodge Quattro, etc.
So diegene met Exclusives moet maar verby hou - ook nie seker of a Jurgens Classique klein genoeg is nie, inaggenome hiervan :the campsite is designed for motorhomes, but small caravans (no double axis) and rooftop tents are welcome.
Heuwelsig woonwa beperking
Ek het op van die fotos gesien dat daar 'n Penta of Palma op een van staanplekke staan.
'n Penta/Palma is 6.5m van hak tot stert, as dit inpas, behoort 'n Classique ook te pas.
Ek vind hulle webblad gebruikers onvriendelik, of ek is te dom om daarmee reg te kom.
Dit moet vreeslik eksklusief wees as kinders nie toegelaat word nie.
Ons het bespreek by…
Ons het bespreek by Heuwelsig by Franschoek van 25 April tot 1 Mei om kleinseun van Namibië te sien rugby speel. Hulle speel by Paul Roos in Stellenbosch en nie in die Paarl nie.
Het met die eienaar se vrou gepraat en sy het uit haar pad gegaan om ons te akkommodeer met die Classique. Hulle probleem is die beperkte spasie om te draai met die groot waens en ook grondvry hoogte oor water aflei vore waar die lang waens sleep.
Hulle is baie gewild by buitelandse toeriste wat motorhomes en voertuie met daktente huur.
Nogal ander streng reëls maar sal gaan kyk en verslag doen. Resensies is baie goed.
Wessel ons het al voorheen…
Wessel ons het al voorheen by van Zylsrus gekamp maar wil graag Franschoek bietjie verken.
Wil bietjie die werkende wynplaas besoek.
Jan...
...ek het gou op gorrel kaarte gaan loer. Dit lyk ns 'n pragtige pad deur Helshoogte pas, nie meer die vreeslike smal kronkelpaadjie van my studentedae nie. Geniet Heuwelsig.
As jy verby Helshoogte manskoshuis verby ry, moet nie "hoenderhok" skree nie. Dit was die bynaam in my dae.![]()
Sien ons moet die…
Sien ons moet die Franschoekpas ry met die woonwa of Worcester om Franschhoek toe Vrydag.
Daar is nie veel verskil in tyd of afstand nie ek wil net graag ander pad ry omdat ons onlangs die Worcester pad gery het van die Kaap af.
Sien daar is kort draaie en nogal lank. Het geen probleem om Outeniquapas op of af te ry nie en wil weet hoe vergelyk die twee?
Daar was blykbaar padwerke van N2 op die Boontjieskraal pad afdraai maar dit is blykbaar nou oop.
Daar word mooi warm weer vir ons voorspel sonder wind.
Franschoekpas
Jan, ek het dit in my studentedae laas met Alfa Romeo gery. Ek kan nie raad gee nie.
As ek reg onthou, die draaie kan moontlik skerper wees as Outenikwa. Ry maar handrat, en begin stadig bo.
Franschoek pas
Jan, niks om te bekommer oor die pas nie. Jy moet net onthou as jy N2 ry moet jy na Caledon die Boontjieskraal afrit neem. Dan as jy die Teewaterskloofdam sien moet jy die Draaiberg pad links neem. Pragtig teer. OP die brug regs en na die brug links na Franschoek. Daar is n paar draaitjies, maar regtig die moeite werd. Geniet dit. Jy is op vakansie. Maurits
Dankie Maurits vir die…
Dankie Maurits vir die inligting gaan beslis so ry.
Google wys nog steeds dat die afdraai van N2 na Boontjieskraal toe is maar het uitgevind dat die pad al in Desember 2024 oopgemaak het.
Sien nogal uit om 'n ander pad te ry en nuwe kampplek te besoek.
Jan
Jammer ek gaan jou anderse nuus meedeel. Ek ry gereeld vanaf Caledon Worcester toe. Dan ry ek N2 vanaf Caledon en neem die afrit net na Dassie Fontein (padstal) en draai regs en ry amper villiersdorp toe. Daardie pad is op en af en gaga.
Met karavaan sal ek ry tot oor Sir Lowrys Pad, afdraai vir Stellenbosch en dan Franshoek. Ek sal nie die Boontjies kraal pad ry met my Fleetlinetjie nie. Jou melk in yskas kan dalk room word.
N tip van n WP ondersteuner aan n Opregte Blou Bul.
Dankie Goeie Hout vir die…
Dankie Goeie Hout vir die inligting. Nou het ek huiswerk om te doen.
Jan kyk op google
Môre, die 2 Kapenaars het nou twee perspektiewe vir jou gegee.
My voorstel is eenvoudig;
ry N2 deur Caledon, tot jy R43 kry vir Villiersdorp/worcester, en neem dit. hou aan totdat dit met 'n regs en links draai die R45 word na Franschoek.
Ek het in 2022 die R43 gesleep toe ek van Hermanus oor Worcester na die N1 moes gaan. Ek het die pad mooi en aangenaam gevind. seker maar oor ek 'n Hilux ry, en effe skud gewoond is
Franschoekpas
Wessel my seun was ook in Helshoogte koshuis. Dit lyk vir my al die rowwe manne was daar. Ek hou nie van jou opmerking oor die Hilux nie. Jan ek het nou net met n verkoopsman by Calefon Toyota gepraat. Die Boontjieskraal pad ia100%. Hy noem dat met die afgelope reen is daar een of twee plekke, maar geen karavaan probleme nie. Hulle ry dit gereeld. Dan onthou die Draaiberg afrit op n afdraande as jy die dam sien. Weereens die Franschoek pad het n paar draaitjies maar dit is prentjie mooi. Ry stadig en geniet die mooi pad na die goeie wyn en rugby wat die Kaap jou bied Maurits
Dankie Maurits. Ons gaan 'n…
Dankie Maurits. Ons gaan 'n hele toer van Franschoek na Hermanus moet doen want ons kleinseun speel daar Saterdag teen Curro.
Omdat ons die Kaap nie goed ken nie wil ons van die geleentheid gebruik maak en virskillende plekke besoek. Dit sal dan so wees dat ons miskien die kuspad gaan ry na Gordonsbaai en Strand waar die rugbyspan eers tuisgaan terug na Stellenbosch.
Omdat ons moet aanpas by die tye wat hy rugby speel sal ons die besluit dan neem. Maandag bly en speel hulle by Paul Roos.
Wat ek nou wel weet is dat ek nie met die rit na Franschoek oor Wocester gaan ry nie. Miskien met die terugreis as planne nie verander nie.
Hoor nou vandag dat sy suster ook na Kaapstad toer vir netbal einde Mei. Kon hulle nie maar saam getoer het nie!!! Nou lê die virpligting swaar op ons skouers. Sal makliker wees om in die Kaap te bly kamp tot einde Mei.
Kan mos nie onderskeid maak...
....nie Jan.
Oupa en Ouma het 'n "no brainer" besluit om te maak. Toer julle 'n maand rond in Boland omgewing, of
gaan julle huistoe en sleep weer einde Mei terug Boland toe.???
Dieselkoste teenoor 'n maand se kampeerfooie. Nou begin soektog na relatief goedkoper woonwaparke, soos dalk Onrus, Kleinmond, Franskraal omgewing??
Chris S moet maar paar idees opper





Dit lyk mooi