Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -43 minutes ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -3 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -13 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -15 hours ago

April 2025 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Die dag is amper verby en niemand het nuwe gesprek begin nie. Dus doen ek dit maar, en dis nie 'n Aprilgek foefie nie.laugh

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 24/04/2025 - 08:15

Die aanlyn besprekings vir volgende jaar Maart/April het vandag oopgemaak. Uit stuitigheid het ek gou gaan loer, en soos verwag is Nossob en Mata Mata propvol oor die week wat skoolvakansie is. Twee Rivieren het egter baie plek vir kampering. 
 

Weens die afstand en meegaande brandstofkoste kan ek nie weer bekostig om Kgalagadi en Krugerwildtuin in een jaar te besoek nie. Gevolglik wonder ek of eg ons gou weer gaan sien. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/04/2025 - 08:54

My planne is tans nog net idees. 

Miskien moet ek die Baviaans-toer los, en eerder Kgalagadi toe gaan. Besprekings vir Mei'26 maak darem eers Junie vanjaar oop, o gaats ook om die draai. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 24/04/2025 - 13:25

Met die wat die DA en EFF hof toe was oor die 0,5% Vat verhoging, en dan die hofuitslag wat voor 1 Mei sou wees, die dag wat dit geïmplimenteer moet word, was ń resep vir moeilikheid. Myns insiens.

Het die hof die aansoek van die hand gewys, het die ANC middelfinger vir die DA gewys, en die koël deur die kerk vir vorentoe probeer in bedwang hou.

Het die hof ten gunste besluit, het die DA vreeslik bors uitgestoot en toekomsige besluite weer probeer oorheers en dan het daar niks tot uitviering gekom nie. En die is ń probleem van die tipe regering, te veel struwelinge veroorsaak bitter min noodsaaklikhede kom tot uitvoering. Om nie eers te praat van hoe bekkig die EFF gaan raak nie. Selfs nou glo neef die klomp dink dit is hulle geraas wat die ommekeer gebring het.

Maar dat dit vir die ANC ń hengse ruk in die bek is om terug te trek, glo ek gaan dalk beter samewerking vir die volgende 4 jaar bring. Ek hoop werklik so, ons verdien beter as wat huidiglik daar is.

En, om af te sluit, innig dankbaar dat ek nie vandag in die VSA woon en werk nie. Wat ek lees, en die inpak van Trump se kamma " nood toestand" besluite, het hulle ń hengse penarie gebring. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/04/2025 - 15:31

Tog as ek vandag se berigte probeer verstaan, is die voortbestaan van RNE steeds wankelrig, en DA weet byvoorbeeld nie wat toekoms inhou nie.

Dit wil voorkom of minister inglig was gister dat hy beslis die saak in hof gaan verloor. Daarom het hy op die verhoging omgekeer. 

Ek is onseker of daar werklike wenners in die toutrek was. Al wat openbaar is, is hoe vuil politiek is.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 25/04/2025 - 07:04

My probleem ook nou met hierdie ommeswaai, is die miljoene wat besighede verloor het met die veranderinge vir die aanpassing en dan nou weer die terugswaai. Hierdie politici kan net nie dink wat die impak van hulle oorspronklike besluit en arrogansie was nie.

Die banke en groot maatskappye se "stelsel" veranderinge behoort nie so groot te wees aangesien die tipe inligting wel slegs parameter veranderings te wees. Die groot uitgawes is nou natuurlik weer al die kommunikasie wat uitgestuur moet word. Histories was die BTW % sonder desimale. As die maatskappye nou daarvoor moes voorsiening maak, dan was die uitgawes ook groot.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 27/04/2025 - 19:32

Waar dit gewoonlik bietjie stiller op die forum is oor naweke het ek baie leeswerk gehad om in te haal na 'n drie dae afwesigheid. So lekker om te lees van dié wat met vakansie is se doen en late en ander se opgewondenheid oor 'n beplande wegbreek wat eersdaags aanbreek tot 'n mielietert wat heerlik lyk! 

Die verloop van ons naweek: ons het getrek!!! En dankie tog dis klaar. Sonder om in detail in te gaan kan ek net sê dat dit veel makliker is om ver heen te verhuis as na die huis langsaan. 'n Lekker warm bad, goeie boek en dan is my liggies uit.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 28/04/2025 - 06:31

...het julle in een van die 2 huise wat julle onlangs  gebou het, ingetrek. 

Voel dit lekker om "getrek " te wees???laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 28/04/2025 - 16:48

Gaan kyk bietjie op Maroela media na die video geneem in Bloemhof. 

Ek kan nie glo dat mense sulke duur wonings daar gaan bou/koop het nie. Nogtans kry ek hulle jammer.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 28/04/2025 - 17:33

Ek sien daar is baie plekke wat naby aan water bou, maar nounet n video gesien waar mense se huis ⅓ in water staan wat bo die 100 jaar vloedlyn gebou is

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 28/04/2025 - 18:39

Ek wonder hoeveel kopers/bouers is bekend met die term, en om te gaan navraag doen by munisipaliteite daaromtrent.

Blykbaar is die inligting onbekend by Bloemhof, mense het bloot aanvaar dat, omdat munisipaliteit die buurte/erwe goedgekeur het, dat alles OK is.

Ek wonder wat maak versekering in so 'n geval. Ek weet dat peperduur eiendomme in Drieriviere, Vereeniging, gesloop was, juis omdat die binne vloedlyne gebou was.    

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 28/04/2025 - 20:38

100 jaar vloedlyn is dalk nie meer van toepassing vandag nie. Die massas water wat damme vashou, en dan in helse volumes op ń slag losgelaat word, glo ek stellig is nie soos waneer ń riviersisteem natuurlik reageer nie.

Nou wonder ek hoeveel damme is nou al 100 jaar oud.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/04/2025 - 06:45

Die vraag is natuurlik of voor 1948 enige groot damme gebou was. 

As ons aanvaar dat die damme na 1948 [NP regeer] gebou was, kan die oudste so rondom 77 jaar wees.  

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 29/04/2025 - 07:02

Die Vaaldam is in 1938 gebou. Ek dink met 2 geleenthede is die damwal verhoog. Eers met 6 meter en daarna met 3 meter. Ek het gister die artikel iewers gelees.

Uittreksel uit Wikipedia

Konstruksie

[wysig | wysig bron]

Die kapasiteit van die dam na voltooiing in 1938 was 994 miljoen kubieke meter en die damwal was 54,2 meter hoog. Sedertdien is die dam al twee keer vergroot.

Na die Tweede Wêreldoorlog het die ontwikkeling van industrieë in Gauteng en goudmyne in die Vrystaat 'n oplewing gehad en is daar besluit om die dam se kapasiteit te verhoog om aan al hierdie nuwe industrieë se waterbehoeftes te voldoen. In 1956 is die damwal met 6 meter tot 'n hoogte van 60,3 meter verhoog. Hierdie projek het 4 jaar lank geduur vanaf 1952 tot 1956 met 'n koste van R 2,9 miljoen. Dit het die totale opgaar kapasiteit van die dam verhoog tot 2 188 miljoen kubieke meter.

In 1979 het die Departement van Waterwese voorgestel dat die damwal weer verhoog moet word om die kapasiteit van die dam te vergroot. In 1986 is die damwal met nog 3,05 meter tot 'n hoogte van 63,4 meter verhoog. Verskeie verbeteringe is gedurende hierdie projek aan die sluise aangebring.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/04/2025 - 07:16

Nou kyk nou, daar leer ek nou 2 dinge;

a] mens moet net Gorrel gebruik

b] daar was goeie projekte ook voor NP eradevil

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 29/04/2025 - 08:03

Vloedlyne is sekerlik bepaal met spesifieke reënvalpatrone in ag geneem. Reënvalpatrone het definitief verander. Die afgelope drie jaar of wat kry ons hier in Worcester en omstreke groot volumes reën in kort tydperke wat mense wat hier gebore is nog nooit gesien het nie. Die stormwaterstelsel (wat plaaslik nog goed onderhou word) het nie die kapasiteit om die volumes weg te voer in die kort tyd waarin dit val nie. Net soos die stormwaterstelsel ontwerp is vir reënvalpatrone wat nie meer geld nie, is vloedlyne ook bepaal vir reënvalpatrone wat nie meer geld nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 30/04/2025 - 08:35

Na aanleiding van Jan se opmerking dat hy vir Maurits raakgeloop (of is dit raakgery) het op pad na sy wildtuinvakansie, het ek gou navraag gedoen waar hulle gisteraand oorgebly het. Hy't foto's gestuur van hul 'staning' by Steenbokkie buite Beaufort-Wes.

Maurits

Maurits

Maurits

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 30/04/2025 - 15:29

Ek het nogal oor jare heen baie goeie kommentare van Steenbokkie Karavaanpark buite Beaufort-Wes gelees en sou graag 'n keer of wat oppad "boon-toe" daar wou aangaan.  Maar tot dusver kon ek dit nog  nie regkry om by Karoo Nasionale Park verby te ry nie.  Miskien moet ek eerder met die terugkeer vanaf die Kruger Wildtuin probeer om daar af te draai voor ek by Karoo uitkom.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 30/04/2025 - 15:47

Vir net ń oornagstop kan dit sekerlik werk. In en uit. Sterk op pad Noorde toe. Maar vir ń dag of twee daar staan.....weet ek darem nie mooi nie. Seker maar omdat ons so lief is vir die Karoo N Park. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus