Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -43 minutes ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -3 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -13 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -15 hours ago

April 2025 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Die dag is amper verby en niemand het nuwe gesprek begin nie. Dus doen ek dit maar, en dis nie 'n Aprilgek foefie nie.laugh

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 30/04/2025 - 15:53

... die netheid en wat die park bied, sal ek geen oorweging gee aan 'n alternatief vir Karoo Nas Park nie. Ek het eenkeer The Vale, tussen Beaufort en Drie Susters probeer - glad nie sleg nie, maar die KN Park is maar net te diep onder my vel ingekruip.

In die verlede, wanneer ek nie gesleep het nie, het ek ook graag in die KN Park se chalets oorgebly. Maar dit het vir my te duur geword. Ons slaap graag deesdae oor by die uiters netjiese Travalia wanneer ons vaste akkommodasie gebruik. Laasgenoemde beskik ook oor 2 woonwa-staanplekke, maar ek sal dit nie oorweeg nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 30/04/2025 - 15:59

Die kamp is net ongeveer 8km uit B.Wes. hoeveel daarvan teer is, sal ek nie weet nie. Vir 'n 1 nag oorslaap kan mens dit oorweeg. 

Ek het nog nie hulle tariewe met KarooNP vergelyk nie

Maurits kan ons gerus inlig daaroor..

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 02/05/2025 - 08:24

Oftewel Oyster Bay. Wie was al daar? Daar is ‘n netjiese oord met goeie geriewe en gras staanplekke as ek die video so kyk (begin by 16:30 - die gedeelte voor dit is hoe om daar te kom en rondkyk in die dorpie en op die strand).
 

Die dorpie (as mens dit so kan noem, dis bitter klein en afgeleë) is heel eenkant op sy eie. Gaan loer gerus op Google maps. Dalk kan Lapskag vir ons bietjie gaan inspeksie hou oor ‘n naweek/week. Klink my hoeka hy kort bietjie kampeerterapie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus