Kom ons vertel mekaar oor ons planne vir Kersfees.
Ek het gister ons Kersfeesboompie opgesit, vroeër as wat ek normaalweg doen, maar was net lus dat die Kersgevoel in die huis inkom.
Kersfees
Ons kamp nie die tyd van die jaar nie maar of mens nou kamp of by die huis is, ons maak mos maar 'n spesiale tyd van Oukersaand en Kersdag.
Oukersaand kom Colin se een seun en sy skoonfamilie by ons kuier en eet. Ons sal 9 grootmense en 2 kinders wees. Kersoggend ry ons na sy ander seun en sy familie, na waar hulle in 'n huis gaan bly by Marina Martinique, naby Jeffreysbaai. Ons sal die dag daar spandeer en die aand by hulle oorslaap.
Op die spyskaart vir Oukersaand gaan Colin skaapboud en hoenders in die weber doen en ons slagter berei vir ons 'n baie lekker gerookte ham voor. Daarby sal so 5 slaaie wees en 'n roomyskoek met chocolate mousse.
Kersdag maak die kinders die vleise en ek gaan duplikate van die vorige aand se slaaie saamneem. Twee van my slaaie is reeds gemaak, ingelê in bottels, kerriebone en beetslaai. Die roomyskoek maak ek volgende week en hy gaan vrieskas toe.
Vertel vir ons van jul planne. Veral die wat gaan kamp, wat beplan julle daar?
Freda, ek geniet kersfees,…
Freda, ek geniet kersfees, en dit is omdat my ouers dit ook altyd baie spesiaal vir ons as kinders gemaak het, en daarom doen ons dieselfde vir ons kinders -
Hier by ons, in die Suidelike halfrond, kom kersvader al vroeg op oukersaand. Hy is gewoonlik baie vinnig en kom net met 'n vinnige swoosh en klop aan die deur saam met 'n Ho-ho-ho.
Baie ongemanierd as jy my vra - maar ek verstaan hy moet miljoene gekenke aflewer en het nie tyd vir geselsies nie?
Die kinders beskyt hulself natuurlik wanneer kersvader (ons buurman) klop, ho-ho-ho en die sak geskenke by die voordeur laat inval (ons het nie 'n skoorsteen nie).
![]()
![]()
PS. natuurlik is dit ook die tyd van die jaar wat kinder ekstra gehoorsaam moet wees, want elfies hou al die kinder dop om te sien of hulle soet is ![]()
Ag ek wil
Keuses en nogmaal keuses .Ek moet kies om of met Voortrekker of Freda Kersfees te geniet .Julle Kersfees klink soos asof dit uit die boeke kom .Ja Kersfees is vir n tyd om saam met Familie en vriende te kuier ,nou wat gedoen as jy nie 1 van die 2 het nie .Soos voorheen genoem dis net ek en my vrou ,ons het geen kind of kraai en die Familie is nie heg nie so genadiglik sien ons nie 1 van hulle nie .Sal Kersfees maar seker ons self bederf en deur ry na Tala Tala daar n braai hou en vir die diere gaan hello se .Vir die mensies wat vriende en familie gaan onthaal GAAN groot en geniet dit
Soos julle sê Kersfees is n…
Soos julle sê Kersfees is n tyd om saam met familie en vriende deur te bring. Daar is ongelukkig baie mense wat dit aleen moet deurgaan. Geen vriende nie en die familie stel nie belang nie.
As ek so na die ouetehuise kyk waar daar Ouma of Oupa op die stoep sit en wag dat sy mense vir hom of haar moet kom kuier.... maar geen teken van hulle nie, hulle hou lekker by die see vakansie, te besig met hulle eie ding, sal maar volgende jaar vir Oupa of Ouma gaan kuier, Dalk is dit ma of pa...
Dalk is volgende jaar te laat.....
Is waar
Segekok dit is so waar ons was betrokke by n ouetehuis waar ons vir die ou mense n Kersmaaltyd gevat het en geskenkies gekoop het . Van die ou mensies het die hele dag gesit en uitkyk of daar darem van die familie vir hulle kom besoek het .Met sulke hartseer oe gestaar na die hek maar niemand het gekom nie .Soos jy se volgende jaar is te laat dan is Oupa of Ouma met die ewigheid versoen .
I on the other hand have a different take...
Christmas gifts and all that...
With the tiny tot's I'm still a bit forgiving and will buy the odd little thing like bycycles / trampolines and so on for Christmas....
But, when Chris was younger, sort of around 16 and on, I stopped all that.
MY TAKE:- Gifts over Christmas get's to be expected. I stopped buying at Christmas & birthday's, and gave surprizes throughout the year...
I buy things throughout the year... Unexpected... Just because I saw something and I thought of the lad and thought he would like it.
An unexpected gift (in my opinion) carries a lot more than something on Christmas, It say's I was thinking of you....
Not It's Christmas so I bought you this....
Like the pool slide I bought the other week.... Somme uit die bloute.... (But I did threaten: - Now remember this is your Christmas present"...... JA Oupa... JA Oupa....dankie dankie Oupa... Oupa hoef NIXS vir Chrismas te koop....
I know they"ve already forgotten.... and I probibly will buy a prezzie but....might just buy a LATE Christmas prezzy...
Ok... Ok the little ones are too young to get that, And ag, I know they also want to show off what they got so yes I do buy...
(Frieda gaan my met n hoe-haak-skoen-se-haak aanval)![]()
Of n pap-lepel somme so oor die bout....

Warren ons koop ook nie…
Warren ons koop ook nie kersgeskenke nie. 1. Ons glo nie in kersfees nie. 2 Ons het nie kinders nie. 3. ons koop vir mekaar geskenke soos waar en wanneer dit nodig is.
Verjaarsdae is so klein bietjie anders. So n klein geskenkie doen die ding. Maar ons gebruik liewer die geld en gaan kamp daarmee of spandeer net tyd saam waar en wanneer ons kan.
Besittings kan gevat word... Dit wat ons saam doen en geniet.. die memmories is daar tot die laaste toe en niemand kan dit vat nie.
Ons leef net eenkeer so ons haal als uit wat ons kan... Dalk kom ek terug vir nog....
Pragtig
Warren daai tweetjies waarmee jy spog lyk te oulik .Ek sien hier in mense wat net soos ek voel vir ons is elke dag Kersfees ons bederf mekaar nie net op kersfees nie .Ek kom nie naby winkels oor die Fees seisoen dis malligheid . Ons probeer om ons verjaarsdae iets spesiaal te gee maar soos Segekok noem ons gebruik eerder daai geld om memories te maak .![]()
Ons koop nie vir mekaar en…
Ons koop nie vir mekaar en ook nie vir die eie kinders geskenke nie. Net vir die kleinkinders en dan spandeer ons ook nie 'n hoop geld nie. Klein goedjies om 'n paar pakkies op te maak, net vir die opwinding. Al hou dit hulle net vir die aand gelukkig en besig, dan is dit ook OK.
Soos Voortrekker hier bo beskryf, die kinders se opgewondenheid en daai ogies wat so blink is darem baie spesiaal.
Warren, your grandchildren are adorable. They deserve a pressie from Oupa!
Deon, jy sal my nie glo nie,…
Deon, jy sal my nie glo nie, ek sien nou eendag op facebook, Klerksdorp tehuis vir bejaardes, adverteer 'n foto van 'n ou man. Hulle wil weet of iemand dalk sy kinders ken, want hy kry GEEN besoekers nie.
Dit is super gemeen.
Johann ja ek het dit ook…
Johann ja ek het dit ook gesien. Hier in die tehuis vir bejaardes in Meyerton is daar mense wat se kinders in die dorp bly wat nie eenkeer hierdie jaar by hulle ouers was nie. Nie eers met hulle verjaarsdae nie... Dit is so hartseer...
Adopt a Gran
Hoe lyk dit kan ons nie iemand aanneem nie .Ek sit my naam bo aan die lys
Johann daardie mense wardeer…
Johann daardie mense wardeer als wat mens vir hulle doen maar hulle kyk nog steeds uit vir hulle eie kinders en klein kinders Vir baie van daardie mense is dit al wat hulle nog graag wil hê..
Nee wag nou is ons besig om die mense op die draad morbied te maak..





Ag dit is 'n baie mooi…
Ag dit is 'n baie mooi boompie Freda.
Hier by ons word gereeld choclates in die boom opgehang - die kabouters se ogies mis dit nie. Hulle het ook naturlik elkeen die "aftel" kalender wat 'n chocolate inhet vir elke dag tot kersfees
Laas jaar het ons 'n vreeslike groot familie byeenkoms gehad met photoshoot en al - snaaks, want ek dink dit was die laaste een, want sedert het baie dinge verander en is 'n familie lid oorlede en ander het Kaap toe getrek.
Ek dink die planne vir hierdie jaar is dat Ouma en Ouma groot na ons toe kom vir die dag en dat ons handjie vol mensies dan gaan eet tot ons omkap - en dan weer eet - EK beplan 'n boud in die Mega Master - glo die ander sal hulle tradisionele kersfees geregte ook uithaal!
Na kersfees pak en haak en ry ons 3 Berge toe!