Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Regering en K I November 2026 Geert -17 minutes ago
Meiringspoort nuus Meiringspoort Wessel Strydom -2 hours ago
bande en ekonomie van skaal November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Jan Hendrik Wessels Springbok rugby Geert -17 hours ago
Olie en politiek November 2026 Wessel Strydom -18 hours ago
Desemberpryse.... November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago

Maurits in Kruger 2025

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Maurits, ek begin sommer namens jou die gasprek. Dan is alles mooi bymekaar.

Hou ons ophoogte met fotos en insette van julle toer.

Veilig reis, en geniet

 

Sandbaai

maurits

Sun, 11/05/2025 - 14:40

Geert, dit was in Berg en Dal. Daar het 2 veeartse wat terloop man en vrou is na die kat gekyk. Sy pote onder en nuis wys toe dat hy gebaster is. Daar was ook n vrou wat glo n kenner is wat dit be- aam het. Hy het een man wat aan hom gevat het gebyt dat die bloed loop. Ons het hom toe by ontvangs afgegee wat n ranger laay weet het. Terloop ons het vanoggend 2 luiperds voor Onder Sabie gekry. Maurits

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 27/05/2025 - 19:09

... het my vandag gebel en gesê dat hy erg sukkel met data-sein. Hy't gevra dat ek die volgende inligting oordra. 

Hulle het 9 renosters tussen Krokodilbrug en Satara gesien - o.a. 2 met mooi lang horings wat blykbaar nog nie onthoring is nie.

Hulle het by die Nsemanidam 4 leeus gesien wat onsuksesvol gepoog het om 'n blouwildebees te vang.

Hy reken hulle het nagenoeg 1 000 buffels tussen Satara en Tsendze gesien asook 5 leeus.

Hy sluit af dat die manne wat Tsendze toe verlang is seker lekker jaloers.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 27/05/2025 - 19:13

die 5 leeus wat Maurita gesien het. Kan net beaam dat Tsendze area BAIE buffels het. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 29/05/2025 - 17:48

...dis Tsendze beslis. Ek het nr 29 mooi bekyk. Teen die draad, naby dames ablusie EN amper heeldag son vir die panele. 

Of die wild ook rondom Tsendze gevind is, sal ek nie weet nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 29/05/2025 - 18:44

Uit die 4 keer wat ons in Tsendze gekamp het, het ons 2 keer agtereenvolgens op No 26 gestaan (ons voorkeur-staanplek). Die laaste keer het ons op No 29 gekamp - en na my mening 'n baie lekker alternatief vir No 26.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 29/05/2025 - 19:15

Wil nou nie die draad besoedel nie.

Is daar bietjie bos tussen die staanplekke, privaatheid ingedagte nou. Die voetpaadjie agter die bordjie, waarheen gaan dit. Is daar ń wildskuiling en watergat om te beloer. Is dít die ablusies met parrafienlampies? Ek het daai reuk in my Dna, en smag daarna.

Is daar ń kombuis vir opwas, en dalk ń vrieskas vir gaste gebruik, soos in Karoo N Park.

Skuus Maurits. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 29/05/2025 - 19:44

Herman, antwoorde op jou vrae;

1]sommige staanplekke bied baie privaatheid, maar dan is son baie skaars

2] die paadjie loop al langs die binnekant van die grensdraad, reg om die kampie. 

3] die grensdraad is agter Martie se rug op die foto

4] die ablusieblokke is met elektriese [son] ligte verlig. By die mans en dames is groot opelug [dakloos] storte

5] staanplekke 25 tot 34 het min privaatheid, maar geskik vir my byvoorbeeld, wat son soek vir panele

6] daar is by elk van die 2 ablusieblokke gemeenskaplike gasvrieskaste. 

7] daar is nie 'n hide of watergat direk reenaan die kampie nie. Dit is so 6km verder teen die rivier. Mens word wel vergas met wild, tot olifante wat teen die draad wei.

8] daar is nie so 'n goed toegeruste kombuis soos in KarooNP nie. Daar is die opwasplekke, en ook gasbrander plate vir almal.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 12/06/2025 - 19:49

....jy het baie fotos en gesels om te plaas. Ek hoop julle reis veilig tot by die huis. welkom terug in die koue DA-land.

Onthou, hierdie is jou gesprek om jou toer te deel.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus