6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago

Alternatiewe woonwa oorwegings

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/02/2025 - 05:04

...dankie vir die spesiale moeite gehoor.

Is daai 2 kaktusse langs die bed in foto 2 ingesluit by die nier se prys???laugh

Is dit die stofie, op borste hoogte, op die werk[kombuis] blad in laaste foto.?? Indien wel, sal dit my vrou letterlik teen die bors stuit!!wink  

Brits

Wessel Strydom

Sat, 14/06/2025 - 13:16

....ek het nou gou gesoeok op;

Pre owned caravans tevinde onder Caravan parks.com

Daar is baie Fleetlines gelys!!!! Geniet die soektog

 

Ek dink jou kans om ene hierbo te kry is baie beter as daaronder. 

 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/06/2025 - 11:13

Ek het gou gesoek en die volgende afmetings vir 'n 2012 Fleetline gevind.

Length---5975mm

wydte-----2300mm

hoogte----2320mm

Die hoogte mag dalk meer word as die wa 14" vellings op het.

ek onthou vaagweg jy het genoem dat die "Ou lady" netnet inpas in huidige garage. 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 16/06/2025 - 12:27

... ja, ek het my buurman gevra om die garage se afmetings te gaan neem. Ek wil nie hals oor kop optree nie. Ek het 'n paar jaar gelede (2015 - net na my aftrede) ook oorweeg om 'n Fleetline te koop. Sover ek kan onthou sou die Fleetline in breedte en hoogte redelik gemaklik inpas. Die lengte ook, maar dit sal tot voor teen die garagedeur staan.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/06/2025 - 12:38

Ek raak skoon benoud vir jou part, google asb Fleetline afmetings.

Ek het nou mates gekry wat lengte as 5988mm gee. Breedte soveel as 2350mm. Ek dink mens sal die mates vir die spesifieke jaartal moet bekom.

As 'n gebruikte wa boonop die rally in 'n oprolsak het, of toegerus is met 'n "awning", gaan dit die breedte nog groter maak.

Onthou, ek steek nie my neus in jou sake nie, ek raak sommer net opgewonde vir julle part. 

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 18/06/2025 - 14:38

Ek plaas eerder my huidige gatjeukery 'n bietjie op ys. My buurman het my karavaan-garage gaan meet. Die breedte is nie 'n probleem nie, maar die lengte van 'n Fleetline blyk 'n probleem te wees. Die garage is van agtermuur tot teenaan die garagedeur blykbaar presies 6 meter. Die Fleetline se totale lengte is 5 988mm. Dit laat my met 12mm spasie - en dit sal nie lekker werk nie.

Hennie het in 'n WhatsApp voorgestel dat ek dalk na die Raven moet kyk. Maar meeste Ravens beskik oor klein yskaste - en ek wil nie daarvoor val nie. Hy het my ook attend gemaak op ene Leon se raad (op die CPC forum) met 'n krakende karavaanvloer. Toe ek dit gaan naslaan, sien ek dit is presies wat my seun ook voorgestel het. Dus gaan ek die raad eers probeer wanneer ek eers tuis is - en hopelik werk dit.

Die raad is as volg: Druk 'n skroewedraaier tussen die houtvloer en waar dit rus op die ysterraam, in. Vul die opening met Sikaflex, maar laat openinge - m.a.w. moenie die hele "gap" vul nie sodat water kan ontsnap. Laat die Sikaflex eers heeltemal droog word voordat jy die skroewedraaier(s) verwyder.

Ek sal die karavaan uit sy garage trek en hoog domkrag met my trollie-domkrag en die as op bokkies plaas alvorens ek die hoekstutte ook uitdraai om stabiliteit te verseker. Ek sien eintlik uit daarna om die taak te verrig - en hopelik sukses te behaal.

Dit los nog nie die hoekbed-situasie op nie, maar Ralie sê soos sy nou voel sal sy nog lank bo-oor my klim wanneer dit snags nodig is - solank sy eerder haar geliefde karavaan kan behou. Sy skop altyd vas as my agterent begin jeuk.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/06/2025 - 15:20

Met verwysing na jou laaste paragraaf hierbo----ek gaan NIKS kwytraak nie!!!!wink

Worcester

Wildehont

Wed, 18/06/2025 - 15:52

Die ander oorweging met ‘n nuwe tweedehandse wa is dat mens moontlik gebreke erf wat nie vir die blote oog sigbaar is nie. Kan jy bv die wa laat toets vir houtvrot? Iets wat Pine op my vriend se Penta uitgewys het, is dat dit bo die deur gekraak is. Dis volgens hom agv mense wat tussen toere hulle waens met hoekstutte oplig om te voorkom dat die bande “plat” raak aan die onderkant. 

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 18/06/2025 - 16:21

Eerstens - Wessel ek vind nie die gesprekslyn op CPC-forum waarna jy verwys nie.

Tweedens - Wildehont se opmerking oor geërfde probleme. Ek het al houtvrot in die Ou Lady gehad - etlike jare gelede. Bykans die hele neus van die karavaan is destyds vervang. Ek sal beslis weer vra vir 'n houtvrot-toets wanneer ek die wa na Cara-Camp neem vir die inbou van die nuwe mikrogolfoond - alhoewel ek twyfel aan houtvrot in die vloer.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/06/2025 - 16:40

As jy op die hoofblad land, gaan na FORUMS, kies sommer dan "Active topics" Dan aan die linkerkant van die blad is 'n soekenjin. Ek het sommer die onderste soek inset gebruik.

Herman se inset is gedateer 15 Oktober 2015. Ekskuus, nie September nie. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/06/2025 - 16:44

My eie Fleetline het bo die deur gekraak, en ek het nooit dit met 4 hoekstutte opgetel om wiele te laat rus nie.

My Palma het weer tussen die linker voorvenster en deur gekraak. Ook nooit buitensporig met hoekstutte opgetel nie. 

Sekerlik iets om voor op te let as mens gebruikte Jurgense van jare 1995 tot 2002 wil koop.

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 18/06/2025 - 17:50

Het nou eers gaan lees wat ek destyds kwytgeraak het oor die krakende vloer. Klink na goeie raad, moet dit onthou indecision.

Die krake bo deur of venster, is net daar omrede dit die swakste plek in die konstruksie is. As mens indink hoe ń wa wikkel en skud oor hobbels, is daar taamlike klomp momentum wat moet stop en start, so ń kraak is darem nie die einde van die wêreld nie. Die wa sal nie een nag op jou inmekaarsak nie. 

Met Jurgie se werk, kon ek duidelik sien hoekom, due mure was oop. Daar is toe ń soliede stuk hout bo- oor due deur gesit wat weerskante verby die opening gaan, soos ń lintol bo ń deur ingebou word. Die binne laaghout wat langs die deure opgaan het daar ń naat, en die verf het daar gekraak. So dit is maar wat dit is. 

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 18/06/2025 - 19:00

So sit ek en Vonnie gisteraand en gesels oor die Duster.

Haal sy van die hele span " bejaardes" wat ons onlangs in Karoo NPark gekry het met tente, extension, gazebos en klein karretjies. Wildehont het ook al genoem van die Kierieklub-Krimpies met die Hyundai Getzies, Ventertjies en tentjies.

Ons twee het nog al die kitters vir tentkamp, behalwe Von se grootste gripe, die dun matrassies op die grond. Ek moet saamstem. Stretchers stem ek nie voor nie, so dit sal ń waterbed, of lugbed moet wees. Blykbaar het die waterbeddens so lekker " rocking motion". Jy moet hom net eers start. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/06/2025 - 20:48

...om van woonwa kampering te verander na tent kampering. Seker maar omdat ek nog nooit met 'n tent gekamp het nie. 

Ek sien nog kans vir afskaal na die inklim "waens" agterop 'n 4x4 trokkie. Lekker bed binne, groot awning en buitekombuis met warm en koue water. Al wat dan ontbreek is die binne pota pottie,

Dalk het die goete dit ook in. Lanklaas indiepte daarna gekyk.   

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 18/06/2025 - 21:50

... baie lekker in 'n tent. 'n Afblaasmatras (wat nie sy naam gestand doen nie) slaap baie lekkerder as my karavaan se matras.

Nee wat - ek geniet tentkampering.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/06/2025 - 08:46

met matras, water, lug of wat ookal, gaan huismoles veroorsaak. Marie seg dat opstaan van die grond af, net te moeilik raak.

Ek sien Chris B noem dat dubbelbed met een kant vir afklim opwindend/moeilik raak. Nie een van my Kavango se 2 beddens het afklim kante nie. Ons seil op ons pense op en af by die voetenent.    

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 19/06/2025 - 09:07

... is een van daardie hoës, net so hoog soos 'n gewone dubbelbed. Slaap is die spreekwoordelike hemels daarop. My eerste een het jare gehou, maar van die "binnegoed" het later blykbaar losgetrek van mekaar en veroorsaak dat dit 'n abnormale bult gemaak het, maar het nooit afgeblaas nie.

Die tweede een het aanvanklik puik gewerk. Beide my kinders was vol lof vir die slaapgerief van dié matras. Maar toe ek en Ralie dit die eerste keer in Berg-&-Dal gebruik toe ons daar met die tent was, het die afblaasmatras sy naam gestand gedoen.

Ek het my daarna voorgeneem dat dit die einde van lugmatrasse is. Maar toe my seun ons nooi om Kersdag by hulle aan te sluit by Kwaggaskloofdam, en daar te slaap vir 2 aande, besluit ek toe om maar weer een te koop. Ons het dit nog net by daardie geleentheid gebruik, maar dit slaap waaragtig lekkerder as my karavaan se bed - dalk selfs lekkerder as my bed by die huis.

Ek sien ook nie kans vir daardie plat modelle nie. Ek wil darem soggens op die bed sit en koffie drink terwyl mammie nog knus lê met haar koffie in die bed - soos nou op hierdie oomblik terwyl ek hier tik.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 19/06/2025 - 10:28

My Exclusive se vloer het ook begin kraak op 15-jarige ouderdom.

Ek het soos volg tewerk gegaan:-

  • Iemand het binne-in die wa gestaan op die presiese plekke waar dit kraak en ek lê onder die wa.
  • Ek het dan (nie te dik nie) alluminium plaatjies, so groot soos 'n vuurhoudjie boksie, met 'n hamer tussen die onderstel en die vloer ingehammer.
  • Ek het net hierdie proses gevolg op die plekke waar die vloer wel gekraak het.

Dis nou al 'n paar jaar en die probleem is opgelos.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus