Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -5 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -5 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -6 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -7 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -9 hours ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -12 hours ago

Troetel diesel enjins

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Loop ek gister die interessante gesprek raak op internet. Nou moet julle diesel hardebaarde tog aandui of julle saamstem, of dink dis bollie-blaps.

Die aanbeveling om jou turbo-diesel se lewe te verleng is die volgende;

1] gereeld olie en filters te ruil, verkieslik nader aan 10 000km, maar nie meer as 15 000km intervalle nie 

2] een maal per week 'n lekker 15 minute hoë revolusie rit op oop pad. Dit is glo om koolstof aanpaksel weg te brand. Dit word veral aanbeveel waar die voertuig gedurende die week gebruik word vir dorp rondploeter, waar enjin kwalik werktemperatuur bereik.

3] om die enjin te laat afkoel nadat dit hard gewerk het vir paar ure, soos snelweg spoed, en veral woonwa sleep. Ten minste 1 minuut word aanbeveel, om turbo te laat afkoel, terwyl dit olie deurvloei het.

4] om te wag met aanskakel tot nadat die "glow plugs" afskakel. 

5] om nooit tenk leeg of amper leeg te ry nie.  Dit is om te verhoed dat pomp lug skep en na inspuiters jaag. Blykbaar bied die normale vloei van diesel ook die nodige smering en verkoeling van veral die inspuiters.

Die ene wat effe onbekend aan my was, is nommer 2. Ek onthou toe ek kind was, was dit die bygeloof [?] van my pa, dat mens 'n petrolkar  lui maak met dorp ryery. 

Dit is nogal moeilik met die woonwa om die "afkoel" te doen by vulstasies. Daar is meestal nie plek waar mens ongehinderd net rukkie kan staan en luier nie. Ek hou nie daarvan om by die pompe te staan en luier nie, veral nie as hulle begin volmaak nie.

Nog sal ek graag wil hoor wat is julle menings hieromtrent. 

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 26/07/2025 - 21:37

Stem saam omrede.

1. Olie.. is goedkoop. Ou mater van my het elke 5000km olie afgetap. Ek ook. Is daar voordele om dit langer in enjin te hou?

2. Dalk meer te doene met die DPF sisteem. Daar word die diesel roet vasgevangin jou uitlaatstelsel en dan verbrand teen hoër temperatuur. Gaan lees.

3. Weet nie mooi nie. Diesel se SG is ligter as water. So die water lê elk geval onder in die tenk.  Meeste rygoed het deesdae ń filter, of twee, wat elk geval die job dien.

4. Korrek. Die " glow plug"  dien ń doel. Diesel ontbrand weens  die hitte as gevolg van die samepersing van die lug wat warm genoeg is vir ontbranding. Onthou jy die duim voor ń fietspomp? Koue weer her bietjie hulp nodig. Glow plugs. Skuus vir die lesing Wessel.

5.Diesel is ń baie fyn smeermiddel. Miskien sal pomp nie goed doen daarsonder nie. Altans ek glo so.  Ek weet regtig nie of die pomp sal aanhou probeer as tenk leeg is nie. Daar behoort seker iets in die  blikbrein te wees wat sal dink.

Jou laaste een het seker te doene met die aanbeveling om ń turbo aanjaer te laat afwentel, en effe  te laat afkoel voordat jy die enjin afskakel. So bietjie " mechanical sympathy" sal dit langer gesond hou.

 

1
Brits

Wessel Strydom

Sun, 27/07/2025 - 08:08

Herman, nou is ek ook geleerd oor DPF en wegbrand. Ek sal dus tussen my woonwa toere, ou Grompie maar gereeld moet neem vir 'n lekker diep brom, oor die bulte by die dam, om die filter skoon te maak/brand.

Ek is juis gaande oor so bietjie aangejaagde opwinding. Ek is oortuig dat Marie hierdie tegniese motivering sal aanvaarbaar vind, vir so bietjie stuitigheiddevil 

  

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Sun, 27/07/2025 - 08:35

My X-Trail het ń volle diens rekord.

ń Punt wat ek kan bybring is: Voorkom "Goedkoop" diesel by Nie Bekende Vulstasies.

Ek het al stories gehoor dat hulle Parrafien by hulle diesel voeg om ń goedkoper prys aan te bied.

So episode het my oor die R40 000-00 uit die sak gejaag nadat ek my engine moes laat "Recondition" en daarby verloor jou voertuig verkoop waarde as kopers hoor dat die engine herbou is.

Betaal eerder daardie 10 sent ekstra/lt by "Brandname Vulstasies" en wees veilig, skadeloos en hou die bank rekening stabiel.

1
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 28/07/2025 - 11:19

Ou dae was dit dit die gewoonte om ń Diesel enjin te laat warm loop. Veral daai koue wintersoggende waneer die olie nog dik is en die diesel naby aan jellie is.

Later jare is ons vertel dat multigraad olie nie nodig het om op te  warm nie. Ook dat dit beter is vir die enjin om eerder dadelik te begin werk en die warm luier net brandstof vermors.

Ek glo hierdie sal seker 50/50 stemme weerskante toe kry. Die effe warm luier doen ek. Of dit die enjins enigsins langer sal laat hou, weet ek nie omrede ek nog nooit ń enjin gery het totdat dit opgebruik is nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 28/07/2025 - 11:44

Driving gently for the first few minutes after starting the engine allows the engine to warm up more efficiently than idling.
 

En dis wat ek doen. Ons kry gereeld oggende die laaste paar weke wat dit net 6° is wanneer ek die kinders skool toe vat. Ek ry dan soos ‘n ou tannie oppad kerk toe totdat die enjin werktemperatuur bereik, en ek skakel nie af as ek by die skool uitklim om die kinders te groet nie. 

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Mon, 28/07/2025 - 13:06

Middag Herman.

Om by te voeg tussen olies. Met die engine 'Failure' op my X-Trail het hulle gereken buiten die vuil diesel het die olie wat ek gebruik ń geringe bydra het tot skade.

My handleiding reken slegs Sintetiese olie. Omrede my engine toegerus is met die M9R Fraanse Diesel engine het die handleiding verwys na Sinteties.

Vir meer as 10 jaar het ek slegs Fuchs Sinteties gebruik, verkrygbaar by Bosch of andersins het ek Shell Helix Sinteties gebruik.

Omrede ons verhuis het Bosveld toe met uitermatige warm klimaat het hulle gereken dat die Sinteties onvoldoende smering verskaf agv klimaat hitte omrede die olie te dun is en dat ek Multigrade 10W/40 moet gebruik vir beter smering agv dikte.

Ons het na 5 jaar permanent kamp vaarwel geroep en is terug in PTA.

My voertuig het nog 8000 km vir volgende diens en dan gaan ek die engine 'Flush' en weer terug na Sinteties beweeg.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 28/07/2025 - 13:34

....in wildtuine is die omies wat glo aan warm "idle". So staan ons  eenkeer in Skukuza en die ou generasie boer laat luier daai diesel bakkie die hele tyd wat hulle afbreek en woonwa pak om hek oopmaak tyd te vertrek.

Ek dog ek kry 'n humeurige aanval, dit stink na dieseldampe en die gedreun trek mos later in jou sinusholtes in.

Ek maak ook soos Chris S, ry bitter stadig na 1ste aanskakel, totdat enjin warm is. 

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Mon, 28/07/2025 - 14:26

Ek ry ook stadig en gelukkig waar ons woon in PTA het die pad ń redelikke afdraend helling.

Ek trek weg in 1ste rat en sit die voertuig in neutraal sodat hy vir +/- 2km op 'Idling' luier sonder enige wringkrag.

Daarna ry ek ń spoed van +/- 40 - 50 km/h sodat meer hitte kan ontwikkel.

Die ou agter my moet maar geduldig wees of verby kom.

Ons bure tydens permanent kamp het ń BMW X3.

Die X3 se 'Fuel/Vacuum' het onklaar geraak agv die 'Plug & Play Chip' wat hy ingesit het. Ek het al aan hom genoem om die gemors te ontkoppel, want dit is ń steurnis.

Byvoorbeeld, as hulle dorp toe beweeg, word die voertuig ń 1/2 uur voor die tyd aangeskakel voor vertrek en dan staan hy bykans op my voor stoep.

Dit het ons gedwing om alles toe te maak en Allergex tablette en Allergex oog druppels nader te trek, want die 'Fumes' wat deurkom is basies wit diesel rook en dit laat oê brand en ń geniesery.

My vrou het meer spandeer op 'Air Freshner' as kruidenierswareangry.

By die kamp met dorp toe gaan het ek eenvoudig my voertuig aangeskakel en gewag dat die 'Oil Indicator' aankom om te sien of olie hoogte en graad reg is.

Daarna het ek weggetrek in 1ste en oorgeskakel na 3de rat en so laat luier tot en met uitgangs hek.

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Mon, 28/07/2025 - 14:36

Die waar, teen spoed wat ek ook ry het die mense altyd genoem: Jy het sekerlik nie ń aaneenlopende rekening met die verkeers afdeling nie laugh.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 28/07/2025 - 15:01

Ek sleep @ 90 kpu GPS spoed (97 kpu volgens die Hilux se speedo). En andersins (sonder sleep) is my spoed 100 kpu GPS spoed (107 kpu volgens die Hilux se speedo). Ek voel net lekker rustig op die pad - en as bonus kry ek bo-gemiddelde brandstofverbruik.

En ek doen my uiterste bes om nie diegene wat van agter kom te frustreer nie. Ek ry graag links (anderkant die geel lyn) AS EK REKEN DIT IS VEILIG. Vir daardie doel het ek 'n tru-kamera agter op die karavaan laat installeer.

Maar nou oortree ek deur nie by die doel van hierdie gesprekslyn te hou nie. Jammer!!frown

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 28/07/2025 - 15:28

Het julle ouens wat die 2.8 Hilux het, se bakkies 'n knoppie gemerk DPF?? Volgens my trokkie se  boekie het sommige modelle wel die katoeter. As die DPF se waarskuliggie aankom, is daar 'n prosedure wat mens die knoppie kan druk om die filter te help skoon brand.

My kordaat 2.4 Hilux het dit nie, ek moet maar staatmaak op wegbrand op die ooppad.

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Mon, 28/07/2025 - 16:33

@ Chris: Toe ek nog gesleep het, het ek somtyds my Swift teen 110 - 120 km/h gesleep agv liggewig.

Die Penta het ek gehou teen 90 - 100 km/h, maar het dit gevoel uit my bank rekening.

Solo: Ry ek gewoonlik tussen 100 - 110 km/h en hou my brandstof verbruik konstant teen 5,5 lt/100 km.

@ Wessel, my voertuig het die DPF liggie en sodra hy waarsku ry ek bogemiddelde spoed tussen 130 - 140 km/h vir +/- 20 km.

By aankoms by bestemming koppel ek my 'Diagnostic Tester en dan Clear & Delete' ek fout en ry dan so week en koppel weer 'Diagnostic Tester'.

As hy wys dat alles 'Skoon' is, is ek yes.

Dit het nog nie met my gebeur dat ek proses moet herhaal nie.

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Mon, 28/07/2025 - 16:59

Ek het nagelaat om te noem: ń Voertuig se 'Computer Brein' is maar klein en neem tyd in beslag om te 'Reset', daarom los ek hom vir +/- ń week en kyk dan weer.

Ek het al agtergekom: As die 'Oil Indicator' wys dat daar is ń tekort aan olie @ +/- 500ml, gooi ek aangevraag by.

Daarna wys hy nogsteeds ń tekort, maar los hom oornag en kyk weer, dan wys hy dat alles yes is.

Dit is dieselfde met brandstof byvoeg: Gooi nou R500 diesel in en hy spring 1x Strepie. Na ń uur of 2, klim hy volgens wat ek voorspel het en dan 'Reset' ek alles.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 28/07/2025 - 17:49

Ek is 'n meter mens. Gelukkig hoef ek nie te karring met "toetsers" en derglike katoeters nie. 

Ek maak vol elke keer as ek diesel ingooi. Af en toe trek ek die oliepeilstok uit. Tot hede gebruik Grompie nie olie nie.   

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 28/07/2025 - 18:33

Neef wil nou nie karring waar dit nie jeuk nie maar.... alle enjins sal olie gebruik. Hoekom, dit is so ontwerp. Beste is gaan lees by Betroubare bronne. Turbo diesels nog meer so. Dit is normaal. So as jou olievlak gladnie effe sak tussen dienste nie, beteken dit dat die olie met oa kondensasie opgetop word. 

Sekere vervaardigers sal tot 500ml olie op ń tenk, se maar 60l, brandstof as normaal aanvaar.

Het toe gaan lees oor die warm luier in die oggend. Daar is baie twakpraat en min feite. Een legit stukkie het ondersoek hoeveel ñ enjin slyt voordat dit normale temperatuur bereik. Dit is gelykstaande aan nagenoeg 100km teen " operating temperature". Wat duidelik is, is dat die van start en stadig ry deedae, baie te doene het met emissies en gevolglike wetgewing. Daar is egter baie wat reken om so 3 minute te luier beslis tot voordeel kan wees, maar in sekere lande sal jy beboet word. Teen die wet om ń enjin te laat luier, en daarom die auto stop/ start wat deesdae voorkom. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 28/07/2025 - 19:39

Herman, jy is seker reg oor olieverbruik wat eintlik moet plaasvind. Ek praat van abnormale verbruik.

Ek was nogal ontsteld dat ek 100ml olie moes ingooi na 3000km se woonwa sleep. Toyota het bloot geseg, dis beter as normale verwagting. Ek het 'n liter olie byderhand, net ingeval ek op vêraf plek kom en daar is net kasterolie beskikbaar.laugh

NS: Tog het die ouer garde, soos my pa se era, geglo 'n kar moet nie olie gebruik nie. Daai dae egter het hulle elke 1000myl [1600km] olie geruil. Oor 1600km is dit dan seker moontlik dat daar geen olie verbruik was nie.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 29/07/2025 - 06:49

Ek diens nog altyd my voertuie jaarliks of dan tenminste op 15000km, wat ookal eerste is. Die laaste paar jare het ek nie eers 10000km per jaar gedoen maar nogsteeds die dienste probeer inpas in die jaar siklus.

My KB280DT Isuzu het ek geglo dat daar tenminste olie en filters elke 5000km vervang moet word. Daai voertuig op 228000km verkoop en GEEN ernstige onderhoud ondervind. My KB300 d-teq Isuzu verkoop op 179 000km, en ook GEEN probleme.

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Tue, 29/07/2025 - 11:36

Wessel, ek verstaan jou punt van ń 'Meter Mens' en so is ek ook.

Ek kom nog uit die 'Ouderwets'. Om presies te wees: Ek het my vakleerlingskap begin by die destydse SAS (SUID AFRIKAANSE SPOORWEG) begin op 23 Maart 1981.

Eers gekwalifiseer as:-

- Motorwerktuigkundige (Petrol).

(Silwer Seel).

- Ses maande later: Dieselwerktuigkundige.

(Silwer Seel).

- Agt maande later: Auto-Elektries.

(Rooi Seel).

Al 3x Ambagte is afgelê by Olifantsfontein.

Deesdae kry jy 'INSTANT AMBAGS MANNE'. Hulle doen ń 2- weke toets by ń Opleidings Instansie en kwalifiseer in 2- weke, maar wat hulle nie verstaan nie is dat die Artiekel Nommer op die serifikaat verskil van Olifantsfontein se nommer en sodoende word die serifikaat nie sommer aanvaar in die Buiteland nie. 

Die rede vir die gebruik van die 'Diagnostic Tester', is omrede my seun dit gegee het as ń geskenk. Dit neem my maksimum 5- minute om te koppel en alle belangrike toetse uit te voer en moet byvoeg dat dit my lewe baie vergemaklik.

Net ń voorbeeld: Eendag sit ń vriend en ek en gesels oor voertuie. Hy reken toe dat sy voertuig 100% is, maar sal daarvan hou om te sien wat sê my toetser.

Ek koppel hom op en kry toe 4x foute wat ek toe 'Clear & Delete'. My vriend se mond het oopgehang van verbaas.

Nogsteeds doen ek nog die ou metode ook soos bv: om die olie vlak stok (Dipstick) te trek om die kleur van olie te inspekteur.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/07/2025 - 12:01

Dit klink my of ek jou naby my trokkie sal vertrou met jou toetser en 'n spanner.laugh

Ek wonder soms oor die gehalte van werktuigkundiges wat mens deesdae aantref by die handelaars. Mens vertrou hulle blindelings met jou duur voertuie.

Ek het in my werkomgewing baie keer baklei met die juniors wat blindelings glo wat die rekenaar sagteware opdis, sonder om 2 maal te dink, oor die geloofwaardigheid van die uitset.. 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus