So het September ook aangebreek. Gesels gerus saam, nuwe lede, ou lede en die wat lae profiel handhaaf.
Hoe ry daardie Foton?
Ek moet sê; die nuwe Foton is ‘n mooi voertuig. Lyk baie soos ‘n Ranger. Hier in Worcester is Ford die agent.
Hoe ry die bakkie Pontius? As jy nie omgee nie; soek die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn en gee vir ons ‘n resensie van die Foton daarop.
Eerste kamp in ‘n baie lang tyd
Hier staan ons langs die Molenaarsrivier, op ‘n plaas oorkant die weegbrug.


dit lyk skoon....
....en baie netjies. Kyk net daai blou rivierwater.
Ek sien jy laat sak jou stutvoete reguit grondtoe. Ek is weer in die gewoonte om die agterste 2 effe skuins na agter te laat sak.
Lyk heerlik
Dit lyk na n heerlike en pragtige plek Wildehont. Ek hou van daai lekker groen gras staanplekke. In watter area is dit....naby jou huis? Is staanplekke afgemerk of staan mens waar jy opening kry? Geniet jul naweek!
Gevonden
Dit is die naam van die plaas (en van die oord). Dis ‘n netjiese plek met lekker gras, ablusies en ‘n heerlike lapa. Die bome is nog bietjie klein, en mens kan die N1 se gedruis hoor. Hulle het nog ‘n kamp dieper in, waarby ek nog nie was nie.
Die een waarby ons was het nie afgemerkte staanplekke nie. Daar is kragpunte, maar ek het nie ingeprop nie. Ek wou kyk hoe werk die nuwe LifePo4 battery. Ek is tevrede. Dit werk vir seker beter as die twee AGM batterye.
Die kamp werk beter vir ‘n groep. Ons was ses gesinne wie se kinders almal in dieselfde skool is. Daar was 10 meisies en drie seuns. Almal het heerlik baljaar en ‘n hond uit ‘n bos gespeel. Geen skerms nie, net die rivier as vermaak. Dit is ‘n reuse voorreg om ons kinders te bied, en die weer het perfek saamgespeel. Dis ook nie eers ‘n halfuur se ry van ons huis af nie.



Waar Gevonden is
Naby DuToitskloof kelder. Die hek is reg oor kant die weegbrug se ingang op die ou N1. Ek het dit omkring in rooi hier onder.






Sleep Ding
Goeie Hout, Foton Tunland 2.8 Cummins