Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -5 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -7 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -12 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -13 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -14 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -15 hours ago

September 2025 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

So het September ook aangebreek. Gesels gerus saam, nuwe lede, ou lede en die wat lae profiel handhaaf. 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 26/09/2025 - 13:43

Ek moet sê; die nuwe Foton is ‘n mooi voertuig. Lyk baie soos ‘n Ranger. Hier in Worcester is Ford die agent. 
 

Hoe ry die bakkie Pontius? As jy nie omgee nie; soek die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn en gee vir ons ‘n resensie van die Foton daarop.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 26/09/2025 - 19:35

....en baie netjies. Kyk net daai blou rivierwater.

 

Ek sien jy laat sak jou stutvoete reguit grondtoe. Ek is weer in die gewoonte om die agterste 2 effe skuins na agter te laat sak. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 27/09/2025 - 03:55

Dit lyk na n heerlike en pragtige plek Wildehont. Ek hou van daai lekker groen gras staanplekke. In watter area is dit....naby jou huis? Is staanplekke afgemerk of staan mens waar jy opening kry? Geniet jul naweek!

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 28/09/2025 - 16:58

Dit is die naam van die plaas (en van die oord). Dis ‘n netjiese plek met lekker gras, ablusies en ‘n heerlike lapa. Die bome is nog bietjie klein, en mens kan die N1 se gedruis hoor. Hulle het nog ‘n kamp dieper in, waarby ek nog nie was nie. 

Die een waarby ons was het nie afgemerkte staanplekke nie. Daar is kragpunte, maar ek het nie ingeprop nie. Ek wou kyk hoe werk die nuwe LifePo4 battery. Ek is tevrede. Dit werk vir seker beter as die twee AGM batterye.

Die kamp werk beter vir ‘n groep. Ons was ses gesinne wie se kinders almal in dieselfde skool is. Daar was 10 meisies en drie seuns. Almal het heerlik baljaar en ‘n hond uit ‘n bos gespeel. Geen skerms nie, net die rivier as vermaak. Dit is ‘n reuse voorreg om ons kinders te bied, en die weer het perfek saamgespeel. Dis ook nie eers ‘n halfuur se ry van ons huis af nie. 
 

A

B

C

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 28/09/2025 - 17:02

Naby DuToitskloof kelder. Die hek is reg oor kant die weegbrug se ingang op die ou N1. Ek het dit omkring in rooi hier onder.
 

A

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus