Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het.
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier.
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie.

Gaan die spaarwiel gereeld na
Ek het nie, en dit het my amper gebyt. Dit is my eie slegtigheid, en soos ek altyd vir my kinders sê - dis nie erg om ‘n fout te maak nie, mens moet net leer uit jou foute.
Voor elke toer gaan ek die bande se druk na. Dalk het ek nagelaat om die spaarwiel te doen omdat dit onder die Ranger sit. My vorige twee sleepvoertuie se spaarwiele het op die agterdeur gesit.
Saterdag het ek ‘n konsertinapyp om die trailer patch control wat ek agter op die bakkie vasgesit het se draad gesit om dit te beskerm. Ek kyk toe iets onder die bakkie, en sien die spaarwiel is onderstebo opgesit deur die vorige eienaar. Die klep sit dus aan die bokant, en mens kan gevolglik nie die banddruk nagaan nie.
Ek besluit om dit dadelik te laat sak en om te draai sodat ek maklik die banddruk kan nagaan. Dis toe ek agterkom die vorige eienaar het nie die stang wat mens deur die gat bo die nommerplaat druk om die spaarwiel te laat sak in die bakkie gelos nie.
Gelukkig het ek dit nie eers agtergekom toe ek iewers in die Krugerwildtuin of langs die N12 ‘n pap wiel kry nie. Ek was gister by die plaaslike agent, en hulle het vir my die twee dele van die stang bestel. Dit behoort môre hier te wees en kos darem net so R250. Die wielsleutel waarmee mens die stang draai is in die bakkie.
Nie so seker of jou Ranger…
Nie so seker of jou Ranger se spaarwiel onderstebo was nie, myne is ook dan onderstebo en so ook was die ene op die Ranger wat gesteel was. Ek het vir my sowat 'n jaar gelede 'n extension magaftir gekoop wat mens op die spaarwiel se klep vas draai wat mens dan in staat stel om die wiel se druk na te gaan sonder om eers onder die bakkie te moet inkruip. En natuurlik lê die magaftir steeds innie garage, nog nie die lus ontwikkel om die ding te installeer nie. Sal seker plan moet maak....Terloops as jou Ranger se spaarwiel 'n "mag" is sou ek dit "onderstebo" los, as jy dit omdraai is die mooi blink deel naaste aan die pad en sal na 'n ruk redelik dof en vol sand/klip merkies wees, as die spaar wiel 'n gewone staal velling is geld dit seker ook...
Terloops as jou Ranger se…
Terloops as jou Ranger se spaarwiel 'n "mag" is sou ek dit "onderstebo" los, as jy dit omdraai is die mooi blink deel naaste aan die pad en sal na 'n ruk redelik dof en vol sand/klip merkies wees, as die spaar wiel 'n gewone staal velling is geld dit seker ook...
Stem 100% met hierdie voorstel. Kry eerder die "extension megaftir" om die banddruk gereeld te toets. Altwee my Isuzus en Trailblazer se spare was 'n "mag" vellings en met die mooikant teen die bakwerk.
My Hilux ...
... se spaar word ook met die klep ("mooi kant") na bo opgehys. Op Wessel se aanbeveling het ek 'n "extension" gekoop wat lank genoeg is en na onder wys. Dit is nou só maklik om die spaar se banddruk na te gaan (wat ek elke 12de Saterdag doen).
Chris S....
....jy gaan dalk vind dat die Ranger se spaarwiel net onderstebo daar vasgemaak kan word.
Beide my Hiluxe se spaarwiele was/is "verkeerdom" vasgemaak.
Onderstebo spaarwiel
My laaste bakkie voor die een was ook ‘n Ranger, maar ‘n ouer model. Ek het dit in 2014 verkoop, en kan nie onthou hoe die spaarwiel gemonteer was nie. Voor dit het ek ook ‘n Colt en Hilux gehad maar dis nog langer gelede.
Ek hoor wat julle sê van die velling en klippies. Die Ranger s’n het ‘n gewone staal velling. Die tweede spaarwiel wat ek saam met die bakkie gekry het ook. Dit ry ek egter nie tans saam nie. As die velling onderstebo sit gaan die banddruk sonder die verlengstuk waarna verwys word waarskynlik nie nagegaan word nie.
Ek ry altyd ‘n banddrukmeter, snotproppe, ‘n kompressor en ‘n blikkie nood spuitgoed wat veronderstel is om ‘n band ‘n ent te kan laat ry saam. As ‘n spaarwiel se band effens druk verloor het sal ek dit dus kan oppomp, so is dit die einde van die wêreld as ek nie die druk van die spaarwiel se band gereeld kan nagaan nie?
Wat jy nou praat Wildehont,…
Wat jy nou praat Wildehont, is presies wat my gebyt het.
Koop ń nuwe Disco3, laat BF Goodridge opsit deur die handelaar. Die spaarwiel sit ongemaklik onder die kar, en in die volgende 6 maande check ek nie die druk nie, dit pla nie omrede ek pomp en proppe etc in die krat het.
So gaan ons die Visrivier stap, en op pad terug van Ais Ais kry ons links agter ń pap wiel op daai eerste stuk grondpad. Stop en druk ń prop in, pomp en ry. 20km verder, weer pap, nog ń prop,pomp en ry. Kom by die teerpad, weer pap, proppe lek steeds pomp en ry. 10km. Besluit om spaar op te sit. Dit sit vreeslik vas in die gat, uitgehaal is dit heeltemal pap, soos in leeg. Pomp doen niks nie, die bead is vol klippies en seel nie.
So gesukkel met pomp totdat ons by Springbok kom en hulle die spaar opsit. Die ander band het ń slegte sny gekry, kan nie herstel word nie.
Moral of the story... check maar die spaarwiel se druk, proppe en pompe is ń waarborg nie.
Ek moet bieg
Die vorige eienaar het wel nagelaat om vir my die sker domkrag waarmee die Ranger uitkom te gee. Ek dink dis omdat hy ‘n plaasdomkrag gebruik het, en die sker domkrag uitgehaal het. Toe vergeet hy om dit terug te sit toe ek die bakkie koop. Ek het ‘n lekker fris bottel domkrag gekoop, en dit bly agter die agtersitplek. Die hefboom van die sker domkrag het ek uit die sakkie gehaal waarin dit en die wielsleutel was. Toe sit ek die botteldomkrag se stang daarin saam met die wielsleutel.
My geheue werk in beelde. Nadat ek vanoggend hier vertel het dat ek nie die spaarwiel se stang gekry het nie, sien ek in my gesteesoog die drie dele van die sker domkrag se hefboom waar dit in my motorhuis lê. Toe begin ek wonder of dit nie dalk ook dien as die stang van die spaarwiel se meganisme nie. Toe ek vanmiddag tuiskom en gaan kyk, word my vermoede bevestig.
Ek het die spaarwiel laat sak en die banddruk getoets. Dit was 2,2. Dit behoort anders om ook te kan terug gesit word, maar ek het dit met die klep boontoe terug gesit. Die twee dele van die sker domkrag wat ook diens doen as stang vir die spaarwiel is terug gesit by die res van die gereedskap in die bakkie. Die derde deel is oorbodig en bly in die motorhuis.
Ander aspek wat dalk…
Ander aspek wat dalk problematies gaan wees as mens die spaar wiel "reg om" onder die bak probeer pas is dat die plaat wat aan die ketting vas is en in die wiel se velling haak dalk gaan sukkel om te haak, veral as mens nog onder die bakkie lê met nie baie beweegruimte nie...veral vir ons groot mense? Dis reeds 'n gesukkel as die wiel "onderstebo" gepas word...daai verdomde ding is nogal swaar om in posisie te skuif...
Nog `n probleem miet die…
Nog `n probleem miet die spaarwiel is die slot waarmee ons die goed probeer beveilig dat nie uitklim en wegloop nie.
Ek het my moeg gesukkel om die fabriek slot wat Ford verskaf oopgesluit te kon kry om die spaar te kon laat sak. Daar is `n rubber doppie wat die stof en sand moet uithou maar dit lyk my kom maklik af met slegte gevolge.
kon hom eers oopgesluit kry nadat iemand getop het en Q20 gespuit het. Net daar het ek gedink as ek geweet het hoe die moegoes dit afsteel slot en al sou ek dit ook gedoen het om oor die weg te kon kom.
Hie bo in Gauteng is daar hordes wielplekke waar jy tweedehandse wiele kan koop en soms as ek daar verby ry wonder ek hoeveel daarvan gesteel was
Toevallig Thule?
Toe ek nou so doenig is met die Ranger se haak om die fietsrak te maak pas, het ek dit sommer geverf ook. Dit was effens geroes na twee Dwarswegstrand uitstappies in vier maande. Dis toe dat ek sien dit is ‘n Thule haak.
Ek neem aan die Ranger het daarmee uitgekom, want ek kon nie die moere op die ou boute loskry nie. Die een was so vas geroes dat ek dit net ‘n paar draaie kon beweeg en glad nie verder nie. Ek moes na ‘n bandeplek toe gaan om dit verder los te maak.
Dis nie wat jy weet nie, maar wie jy ken
Ek wil maar die Ranger se lugversorger se kompressor laat vervang voordat ons Namaqua NP toe vertrek Saterdag. Die oorspronlike kwotasie was amper R23k.
My kampeervriend by Diesel Electric kry vir my die onderdele vir amper R12000 goedkoper as op die kwotasie wat ek gekry het. Hulle vra my wel duurder vir arbeid as ek self die onderdele koop, maar ek behoort darem sowat R10000 te spaar. Dit verlig darem die pyn effens.
Tydbom ontlont
Ek het sopas die Ranger gaan haal. Die lugversorging se kompressor en wat daarmee saam gaan is vervang. Een minder ding om oor te bekommer en klomp minder Mandela’s in my rekening.
Lugversorger
Dit bly maar 'n gerieflike komponent in 'n voertuig. Ten minste gaan dit jou nie onverwags skade gee nie.
Dit was die hoof oorweging
Ten minste gaan dit jou nie onverwags skade gee nie.
Ek sien nie kans vir ‘n herhaling van verlede jaar se Krugerwildtuin manewales nie.





V8
Die v8 gaan so kwalifiseer.
1. Die tweedehanse mark vir 12 jaar oue v8 Discovery' s of Range Rovers bestaan omtrent nie, so die pryse is baie billik. Sommiges het onder 200k op met vol diensrekord. R200k sal netjies koop.
2.Die Nissantjie sal sy afdak moet prysgee vir die v8, so die R60k cash van die verkoop sal dan ń duik maak in die aankoop
3. Die v8 sal slegs 1 trip per maand dorp toe maak, sowat 120km, dit sal nie pla nie, en... Ouma kan saamry.
4. Bande gaan vir ewig hou, so die koste is weglaatbaar. As die diensrekord op datum is, sal dit seker net 1 lube service kry elke jaar vir die volgende 10 jaar.
5. Nou met Oupa besluit of hy R150k mag blaas... Die jaar was goed met die beleggings, maar als is nou weer duurder. Wat van onvoorsiene uitgawes, wasmasjien raak al oud, so ook die ketel, wat van die toaster?? Sal moet mooi dink.