6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago

"Leveling Kit" en sleep

Middelburg MP
Submitted by Willem.Stoltz on

Goeie dag, ek is 'n nuwe intekenaar en het raad nodig. ek het 'n nuwe Hilux gekoop en mooi gemaak, en onder andere 'n leveling kit voor ingesit. ek sleep 'n 2006 Gypsey Romany en ek hoor dat die "lift" voor my hantering kan beinvloed met die woonwa as die neus te hoog lig voor. Enige idees of raad?

Brits

Hakaf

Tue, 19/11/2019 - 16:53

In reply to by Frikadel

Frik kyk ek is self ‘n groot Toyota man maar ek dink jy het bietjie te veel selfvertroue in hulle.

Glo  dit nou of nie void gaan hulle void as jy suspensie probleme kry en hulle kan bewys dat die “after market” produk moontlik tot dit kon lei.

Om terug te kom by die leveling kit of spacers sien ek geen doel behalwe dat dit mooi lyk.

Met 4x4 soek jy grond vrye hoogte jou suspensie is nog steeds presies dieselfde hoogte jou bakwerk is net verder van jou Wiele af met spacers so self daar kan ek ook nie ‘n praktiese rede sien om spacers in te sit.

Willem hoop jy luister nog hier?

Het vandag met die verkoops Tannie by Toyota gepraat en sy het hierdie inligting aan my bevestig.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 19/11/2019 - 20:02

Nou wonder ek, hoekom is dit nodig om al hierdie modifikasies te doen (en waarborg riosikos te loop) as jy 'n voertuig kan aanskaf wat al hierdie veranderinge nie nodig het nie ?  Miskien is die probleem dat sodanige voertuie nie meer in die SA-mark beskikbaar is nie.

Arie jy praat waar hulle en versekering speel almal daai kaart.

Ek is maar eerder versigtig as dit by die lot kom.

Dinge is tot ‘n mate nog redelik in SA ek het nou die dag ‘n stuk gelees van ‘n persoon in ander land wat se finansiering gekanseleer is en hy moes op dok daar en dan omdat hy sy nuwe Bmw modifikasies op gedoen.

 

Môre Hakaf en ander forum vriende

Ek neem aan die Tannie by Toyota [T xT] het bevestig dat die waarborg wel in gedrang gaan kom met instalering van die spasieerders.

Nou wonder ek net;

wat van al die ekstra vere, "old man Emu", en buffers met hoogoplig punte, wat mense aan nuwe voertuie aanbring. Daardie verskaffers vertel weer dat hulle produkte uitgeklaar is met die verskaffers [Toyota, Nissan, Ford]. Dan praat ek nog nie eers oor ekstra brandstoftenke, en elektriese veranderinge nie.

Wat is die werklike situasie in sulke gevalle. Daar is tog baie welaf persone wat splinternuwe voertuie inrig om by die afgelee plekke waar Arie en Leeu temmer wil besoek, uit te kom.

Len: Ek is steeds onder die indruk dat as ek 'n  harde 4x4 koop, soos bv 'n Land cruiser, dat ek nie nodig het om veranderinge aan te bring nie. Tog spandeer mense derduisende rande daaraan.  

Groete

Middelburg MP

Willem.Stoltz

Wed, 20/11/2019 - 08:16

In reply to by wessels

Môre kamp kollegas, dis interresant om al die opinies te hoor, maar snaaks genoeg by Barloworld Toyota in Middelburg het hulle verskaffers wat "aftermarket" veranderinge vir jou doen, so ek neem maar aan dat die waarborg issue sal verskil van handelaar tot handelaar, afhangende wat jy doen met die voertuig, dit sluit nudgebars  en mags in.

Groete  

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 20/11/2019 - 08:23

Miskien as dit deur die handelaar gedoen word is dit aanvaarbaar maar nie as jy dit self laat doen het nie ?

My handelaar hier in Tswanetoria het ook geen probleem met leveling kits en al daai gedoentes nie, inteendeel, hulle vra jou of jy dit soek.

My vorige D4D het n leveling kit ingehad en die CAT was uit en hy het n snorkel en n ander bumper en, en.....opgehad en toe die clutch groet op 134000 km word hy ingesit, geen gekibbel nie.

Met die 2.8 is ek biki ouer en wyser wat levelingkits en so aan aanbetref (dalk biki armer ook)

Die ouens hou wel nie van chips en daai performance dinge nie.

So, Hakaf, wie is jou handelaar wat jou vertroue geskend het?

Worcester

Wildehont

Wed, 20/11/2019 - 10:58

As die handelaar ‘n diens aanbied om bv ‘n levelling kit te installeer - veral deur ‘n derde party - is dit vir my so goed as dat hulle erken die produk wat hulle aan jou verkoop het eintlik beter kon gewees het. 
Wat waarborge aan betref is die oplossing om jou voertuig lank genoeg te ry dat die waarborg verval, dan kan jy doen net wat jy wil daarmee en opsit en afhaal na hartelus en jou voertuig deur ‘n ordentlike werktuigkundige laat diens, want die outjies by die agente is meestal maar beroerd. 

Wel as jy kyk na die Ford manne se cosmetics wat deur hulle gedoen word kan ons seker nie kla oor 'n bietjie "lift" ens nie. Ek is natuurlik glad nie 'n voorstaander van enjin veranderinge en chips nie, cosmetics kan jou nie sommer laat staan nie maar daai computer chips maak my bang....

Ek ry nie sommer 'n voertuig minder as 6 jaar nie so dis lekker om hom so bietjie mooi te maak....

Groetnis       

Ek deel met PTA noord Toyota.

Dieselfde handelaar laat jou teken dat jy bewus is van die veranderinge as jy jou nuwe voertuig in besit neem en dat jy hulle nie sal verantwoordlik hou Indien dit enige gevolge inhou.

Dit soos nou genoem was vir leveling kit en ander bande op ‘n nuwe bakkie.

Ek stem saam met dat daar baie “after market” goed gekeurde verskaffers is ARB is een so verskaffer maar dit sluit nie noodwendig alles in wat hulle verskaf.

Ek het in 2014 ‘n Isuzu 250 diesel enkel kajuit gekoop.

Die bakkie is nuut na ‘n Projek in die noord kaap vir 3 maande waar daar so 11000km gery is vir die tyd en so 7000km van dit was grondpad nou die grondpaaie daar lyk beter as Brits se teerpaaie.

Toe ek terug kom het Ek met eerste diens dit onder hulle aandag gebring dat ‘n skeur op die bakwerk bo brandstof tenk klap begin het.

Die bakkie het geen verandering op gehad nie eers rubberizing nie.

Eerste vraag was het Ek jag trallies of cattle rails op die bakkie gesit.

Ek het presies geweet dat daar nou ‘n agter deur gesoek word toe die vraag aan my gestel word en ook dat hulle soos baie ander vervaardigers nou hulle eie reeks het en as jy nie dit gebruik het nie jou eis van die hand gewys gaan word.

Ek het lekker gelag en vir hulle gesê julle het my ek het opgehad dit gou af gehaal voor ek in gekom het hy behoort nog die two way tape te sien waarmee dit vas gesit was.

Die ou sê two way tape ja sê ek dit is mos al manier wat ek dit kon op sit jy sal sien die bak het nie ‘n enkele gat in hom wat ‘n bout en moer deur was soos hulle dit gewoontlik doen.

Hy het toe agter gekom dat ek sarkasties was maar dit was met rede.

My moer meter was redelik hoog toe hy met sy jag trallie storie kom ek weet mos nou presies wat hy probeer bereik.

Hulle aangebied om body puttie en respray Ek het vir hulle gesê ek sal huurkoop kanseleer.

Na ‘n lang gewoel is die hele bak vervang.

2 jaar later het hulle nog vele sulke gevalle op dieselfde  bakkies gehad.

My punt is Ek vertrou geen salesman by kar handelaars of hulle mooi stories en die feit dat hulle ekstra goed aan jou wil verkoop sê nie noodwendig dit is goedgekeur daai tiepe ouens sal enige ding aan jou verkoop solank hy sy geld kan maak.

 

 

 

 

Manne ek weet nou nie waaroor almal op hol raak oor waarborge en warranties en wat nog nie, dis nie hoekom ek die thread begin het nie. Ek het bloot navraag gedoen net vir interresantheids onthalwe. Onthou maar een ding daai waarborg is minder werd as die papier waarop dit geskryf is, dis hoekom jy versekering het en dis hoekom jy jou voertuig na professionele mense toe vat vir opgraderings, ons hou almal daarvan.

Groetnis 

Waar my wa staan

Arie

Sun, 24/11/2019 - 17:08

Willem ek is nie seker van die verband tussen ń waarborg en versekering nie??

Ek stem wel saam dat ń waarborg nie vir my veel waarde inhou nie. Ek het nog altyd my motors self gediens en reg genaak, van nuuts af. Dus het my waarborg verval na die eerste diens.

Ek is ook nooit seker waar mens regtig ń goeie werktuigkundige vind nie? 

Ek vertrou maar liewer op my eie kundigheid en omdat dit my motor is maak ek seker dat ek ń baie goeie job doen!

Môre Willem

Onthou net, sommige van ons sal tog wil hoor hoe jou "nose up" Hilux gesleep het. Gaan nou met vakansie en kom gee terugvoer.

Toyota op Brits wou nie deelneem aan Black Friday verkope nie.sad

Groete

Ek het gister ook vir Hilux nuwe shocks ingesit, of te wel my handelaar het besluit die ou shocks is defect na 90 000 kilos, so hulle het dit agter vervang (vry, gratis en verniet) en ek voor en n leveling kit ingesit.

Bakkie ry weer soos n droom en hy loop mooi gelyk met die 40 mil lig. Ek moet nou behoorlik "inklim" om agter die stokke te kom.

Môre Willem Stoltz

Ek wil sommer verneem hoe vind jy jou 2.4 Hilux se sleep vermoë.

Ek is nogal nuuskierig, bloot omdat ek ook rondkyk vir 'n ander sleepvoertuig. Noem net asb weer wat jy met dit sleep.

Groete 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/10/2025 - 18:12

Ek het die naweek met Herman gesels oor die onderwerp, maar nou wonder ek, wie het 'n volledige DeGraaf vryvloei-stelsel op hulle trokkies. 

Ek oorweeg dit op die oomblik, bloot omdat volgens hulle webblad dit;

die wringkrag met 12% verhoog op my trokkie spesifiek

die turbo koeler loop

en blykbaar brandstof bespaar, MITS mens nie jou bestuurstyl by die brul aanpas nie.

   

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 27/10/2025 - 18:58

Hello Wessel. Gaan jy agterkom dat daar 12% meer wringkrag beskikbaar is. In my eenvoud glo ek stellig dat die sal gebeur by die bokanste deel van die rpm kurwe. Dan is die volume gas mos baie en dalk effe vasgedruk in die strootjie??? Jou bestuurstyl is seker uitstekend.

Die Stoffer kan op sy skerm jou vertel hoe ekonomies  jou bestuurstyl is. As jy wil kyk natuurlik. Die gee my 5 uit 5 vir " throttle control" 4 uit 5 vir "pre empt, of so iets" dink dit is oor rem. En toe kry ek 1 uit 5 vir rat wisseling. Druip behoorlik. Blykbaar stoot ek die toere te hoog voordat ek wissel. Ai, daai stukkie hooligan gaan saam graf toe.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus