6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -5 hours ago

Sandry en sleep met ....

Brits
Submitted by Wessel Strydom on

Gedagtig aan Chris s se lekker toer deur die Namakwa 4x4, en sy sandry ervaring, begin ek die gesels. Gestel ek wil Nossob toe sleep met my 4x2, waar groot dele sand is;

hoop ek om deur te kom bloot met momentum en pap bande. Daar is mos 'n spoedbeperking op die gebruik van die geslote agterste ewenaar. Mens gaan darem bl....die lank sleep aan sê 80km sand, teen 10km/hr, as dit die beperking is. Hoe lank kan mens onafgebroke ry met die ewenaar gesluit?

Tweedens, 'n deeltydse 4x4, het dit ook 'n spoedbeperking as mens in 4L ry, sonder enige ewenaars gesluit.?? Of ry mens daai sandpaaie sommer net in 4H??

Ek wil nou nie my naam, en Grompie s'n, gaan weggooi oppad Nossob toe nie.    

  

Worcester

Wildehont

Thu, 30/10/2025 - 13:57

Ons was vier keer by Nossob tussen 2007 en 2023.  Die laaste twee keer met die Kavango op sleeptou. Daar is regtig net een bultjie wat noemenswaardige sand het, en dis werklik nie so erg nie. As ek reg onthou versoek hulle mens in elk geval om af te blaas 1,2 toe op jou sleepvoertuig en 1,6 op jou wa. Met daardie banddruk sal jy nie sukkel nie. Bespreek plek by Nossob en gaan. Die ergste wat kan gebeur is dat julle die pad tref lank na die laaste skraap en lelike sinkplaat kry. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/11/2025 - 15:58

Julle ouens wat bevoorreg is om 4x4 voertuie te besit, help 'n bietjie.

Ek kry nêrens die info oor spesifiek die voorste ewenaar nie. Mens kry hoogstens die verhouding van die agterste ewenaar. Is die ratverhouding van die voorste ewenaar noodwendig [gewoonlik] dieselfde as die agterste??

Ek het toentertyd met groot gestoei die laestrek rat se verhouding uit Toyota gekry.

Soos julle kan agterkom is ek verveeld en speel sommer met syfers. devilwink

Worcester

Wildehont

Sat, 01/11/2025 - 16:17

As die twee ewenaars se verhoudings verskil sal daar seker opwen op die een se dryfas plaasvind? Dis nou tensy dit ‘n permanente 4x4 is wat ‘n ewenaar op die oordragkas het. Op die ander glo ek draai die oordragkas albei dryfaste ewe vinnig.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/11/2025 - 16:25

Ek dink jy is reg, ek het die faktor van dieselfde snelheid op voor en agter wiele buite rekening gelaat. 

Snelheid word ook bepaal deur die ratverhoudings in die onderskeie aandrywingslyne. 

Ai tog, moet die ouderdom wees, want ek het nog nie eers 'n Windhoek oopgemaak nie.  

Brits

Wessel Strydom

Fri, 16/01/2026 - 11:07

....soos Chris B seg, vir groentjies .

Ek sal die teoretiese kursus op latere stadium maar oordoen.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus