Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -7 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -7 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -8 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -9 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -11 hours ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -14 hours ago

Februarie saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Goeie môre, daar breek die 2de maand van die jaar al aan.

Die kraaie gaap behoorlik die laaste 3 weke hier om en in Brits, ek kan myself net nie gemotiveer kry om in die hitte te gaan probeer kampeer nie.

Ek is jaloers op julle wat in die koeler klimaat woonagtig is, wat so bietjie, tot 'n maand lank, wegbreek van die roetine. 

Laat ons gesels met mekaar laugh 

Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 13/02/2026 - 06:41

Dankie Wessel, dit kan nogal 'n uitdaging wees om vir 'n handwapen so 'n hout kolf te prakseer en opsit. Wanneer toer jy hier verby oppad Addo toe? 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/02/2026 - 07:23

...toevallg is ons gedurende September daar onder in jou wyk.

Ongelukkig sal jy die handwapen 'n rukkie moet hou, vir meet en pas. Ek het darem nie geskimp nie. Myne het 'n houtkolf, maar nie so mooi soos jou lepels nie

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 13/02/2026 - 07:56

Die grootmense op die forum raak nou gesofistikeerd. Slaap tussen wit lakens. Ek gaan begin uitkyk vir goed opgepaste karavane te koop hier…

Die houtwerk is pragtig Johan. Ek hoop ek oorleef die volgende bietjie minder as elf jaar totdat ek ook tyd het daarvoor.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/02/2026 - 09:19

Ek besef dit is sommer 'n gevatte uitdrukking  om na vaste verblyf vakansies te verwys. 

Na aanleiding van Chris S se inset hierbo, moet ek tog noem dat ons nog tot hede met elke Kavango vakansie tussen "gekleurde" lakens slaap. Wat dit nog meer eksklusief maak, is dat elke stel uniek geborduur is met hetsy blomme of wilde diere motiewe.   

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 13/02/2026 - 12:28

Ons het die 2de naweek in Maart vas gemaak vir kamp.  dan is wit lakens verby.  

Ons het bespreek by Berg rivier dan tel ek sommeer die klein kinders op nadat ek opgeslaan het en bederf hulle want oupa is mos op krukke.

Lapskag, hier in die Kaap is n ou wat ook sulke lepels wil he.  ons maak baie pot.  Wat vra jy.  Ek vra namens n vriend.....devil

Lekker naweek almal.  

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/02/2026 - 13:35

...hoe vorder die aanlê van die 500m waterpyp en voorkomende brand-besprinkeling.??

Jy het seker nie tyd gehad om by die ou motorskou op George uit te gekom het nie .

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 16/02/2026 - 14:25

Ek het al voorheen daarvan melding gemaak dat ek in onlangse tye 'n karnivoor-dieet begin volg het. Wanneer ek by die huis is volg ek dit slaafs. Slegs vleis (bees, skaap/lam, vark, hoender en seekos) - en so vet as moontlik. Alkohol en koeldrank (selfs suikervry) word uitgeskakel. Behalwe vir koffie en ("once in a while") rooibostee, begeef ek my dan uit en uit op die waterkar. Ek drink baie water.

Wanneer ons weg van die huis is, soos ons onlangse Dwarswegstrandoord-kuier, wyk ek af deur soms te gaan uiteet en 'n lekker whisky en/of wyn by geleentheid te geniet. Nee, ek jok - dan drink ek elke aand 'n whisky of twee (selfs drie) en geniet my wyntjie.

Maar so by so het ek sedert 6 Oktober meer as 10kg afgeskud. As ek voltyds by die dieet gebly het, sou ek seker al dubbeld soveel gewig verloor het. Die 2 weke by Dwarswegstrand het ek 2.5kg opgetel, maar sedert ons 3 weke gelede teruggekeer het, het ek reeds weer 3.5kg verloor. Ek het op 6 Oktober op 118.8kg begin en staan nou op 108.5kg.

En die lekkerte van hierdie eetplan is die feit dat jy nooit honger is en nie kan wag vir die volgende maaltyd nie. Jy eet totdat jy versadig is. En wat is dan nou lekkerder om jou lekker dik te eet aan vleis en nog steeds gewig te verloor. Ek is ook besig om my geheel en al uit Tipe 2 diabetes te eet. My bloedsuikervlakke het dramaties afgekom. My bloeddtuk neig eerder nou na die lae kant toe. Ek voel bykans 'n nuwe mens.

Ja, ek mis my aartappels en brood, want alle stysel word uitgesny. So ook vrugte en ander groentes.

Sou enigeen belangstel kan jy net vir Dr Ken Berry op You Tube opsoek. My kampbuurman by Eiland Spa verlede jaar, Pottie Potgieter (wat bekend was as Proffie op die CPC-forum) het my aandag op die manier van eet geplaas. Hy volg dit al langer as 2 jaar en het 40kg weggegooi.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/02/2026 - 15:49

Dit klink ongelooflik verstommend. Kry jy nie "gout" aanvalle nie.??

Ek sit hier en tik met 'n erge pyn in linker groottoon, skielik uit die bloute 'n jig aanval, en dis donners seer. Die grootste aanhitsers is dan juis rooivleis, wyn en bier.   

Ek eet elke aand 'n porsie vleis, en drink slegs 2 biere en 2 glasies rooiwyn in 'n week.  Ek drink pille vir  bloeddruk en cholesterol, en bestuur my suiker inname baie streng. Ek eet nog matig groente en vrugte en dit knor om suikertelling onder 6 te hou. Wys jou net dat mense se gestel en metabolisme baie verskil.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 16/02/2026 - 16:04

Ek het my ergste aanval ooit gekry verlede jaar. Ek moes na vier dae wat die pille wat ek gewoonlik drink nie gewerk het nie dokter toe gaan en ‘n Voltaren inspuiting kry. Toe hy my vra of ek groen groente geëet het, het ek besef dat ek groenbone en broccoli geëet het die aand voor die aanval. Sedertdien vermy ek dit. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 16/02/2026 - 16:28

... gaan luister maar wat Dr Ken Berry sê i.v.m. skeurbuik (scurvy) en jig op die karnivoor dieet. Daar's honderde You Tube videos van hom en ander kenners i.v.m. dié wyse van eet. Doen bietjie moeite en vergewis jouself. Moenie net aannames maak nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/02/2026 - 17:00

Ek maak nie aannames nie, nog minder kritiseer ek. Ek is net verstom dat jy so gelukkig is om NIE jig te hê nie. 

Bloot omdat die meeste huisartse dadelik rooiwyn en rooivleis blameer daarvoor. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 16/02/2026 - 17:43

... die deursnee huisarts, veral die middeljsrige en ouer gardes is nog gekondisioneer in dié dinge wat aan hulle opgedis is - bv hoë cholesterol (veral hoë LDL) is outomaties gekoppel aan hoë risiko vir hartaanvalle. Terwyl hulle eerder iemand moet stuur vir 'n CAC skandering.

Toe ek my GP meedeel dat ek nou karnivories eet, het hy dadelik rooi ligte gesien t.o.v. hoër cholesterol. Ja - my cholesterol het gestyg sedert ek op "carnivore" is, maar my CAC skanderingtelling is 0.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 16/02/2026 - 17:56

Wow! En skielik is sg. "middeljarige" mediese dokters ge-kondisioneer dat die karnivoor dieet   groot risiko inhou? Jammer Chris, maar ek is verstom dat jy dit kan kwytraak. Sou darem bietjie meer respek vir professionele mense verwag. En nee...hulle is nie gekondisioneer nie hulle is behoorlik opgelei deur van die beste mediese skole in die wereld...

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 16/02/2026 - 18:29

O - ek kan só baie inligting rondom hierdie onderwerp verskaf, maar kom ek bly eerder uit 'n verdere bekgeveg uit.

Maar gaan kyk self wat medici sê op tientalle You Tube videos t.o.v. carnivore en die aannames wat gemaak word oor skeurbuik, gout, cholesterol ens. Tik net in "carnivore diet and" watter een van genoemde kwale waaroor daar verkeerde inligting oor jare deur medici verskaf is.

Ek kan niemand hier oortuig nie. Gaan kyk maar self.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 16/02/2026 - 19:38

Ek maak net ‘n grappie. Ek kies nie kant nie, Mnr Boucher se ervaring is dat die karnivoor dieet vir hom werk. Persoonlik sal ek dit nie volg nie. Ek verpes vetterige vleis en is nie lief vir organe nie. Tans kan ek in elk geval skaars hoender en maalvleis bekostig en van lg koop ek ekstra maer en net by Woolworths. PnP winkels in Worcester hou dit nie meer aan nie en ek het al twee keer bene in Checkers s’n gekry.
 

Die probleem met die internet is dat dit gebruik kan word om omtrent enigiets te “bewys”. Oor meeste onderwerpe is daar twee kampe, en soekenjins lei mens langs een kant af afhangende van watter resultaat jy eerste kies. Die beste is dalk om die Bybel se raad te volg. Beproef alle dinge en behou die goeie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 16/02/2026 - 21:50

Ek sal in my lewe nie ñ Tik Tok of You Tube video glo vir enigiets anders as basiese inligting nie. En daarvoor is dit uitstekend. Met my kanker diagnose was ek oorval deur mense wat spesifieke dieëte aanbeveel, en as wetenskaplik beproef oorvertel. Selfs allerhande swam, mushroom, tinctures wat jou volkome sal genees. Sodra ek vra vir die publikasies, dan raak die ogies waserig. My Onkoloog het net sy kop geskud oor die " raad". Ek het hom uitgevra of daar enigsins meriete in is. 

Ek het paar vriende wat plysters opplak, en nie een het Gout nie. Drink net so gereeld as ek, eet ook van als en het nog nooit gepreek oor wat moet en wat nie. Die verskil mag wees dat ons almal daaran glo om fisies aktief te wees. Die hart en longe so paar keer per week se fiksheid aan te werk. Dit... dink is dalk ń faktor in algemene gesondheid.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 17/02/2026 - 07:56

Menings oor wat gesond is verander oor tyd. Eers was botter ongesond, en Flora (ek onthou toe dit nog Floro genoem was) was goedgekeur deur die hartstigting (of so iets) omdat die poli-onversadigde vette so gesond is. Nou is daar weer "kenners" wat meen sonneblom olie is gif. Salomien volg so 'n "kenner" - 'n sekere Dr Eric Bergh (nie seker hoe spel mens dit nie). Ons steek lekker die draak met mekaar as sy 'n sin begin met "Dr Eric Bergh sê..."


Daar is baie sulke voorbeelde van uiteenlopende menings en dit kom en gaan soos klere wat vandag mode is en môre geskenk word aan die ACVV. Dink bv aan Tim Noakes se banting en hoe hy later pak gekry het daaroor.
 

Ek dink die meeste sulke dieëte se grondslag is dat stysel uitgesny word. As jy 'n dieet ryk aan vette en sonder stysel eet gaan jou liggaam in ketose (ek weet nie hoe spel mens dit nie). Dan verbrand jou liggaam gebergde vette in plaas van glukose. Dit gebeur ook tydens vasting en volgehoue oefening. Of dit gesond is om op 'n volgehoue basis daarmee aan te gaan is seker debatteerbaar. Maar is dit gesonder om oorgewig te wees?

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/02/2026 - 09:09

Laat Chris S my nou vêr terugdink, die dae van die ACVV; 

Ag Ciestog Foeitog Foeitog

Bestaan die vereniging nog??  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 17/02/2026 - 11:35

Hulle het ‘n aktiewe tak hier in Worcester. ‘n Kleuterskool ook.

Ek was aangenaam verras toe ons bietjie meer as 11 jaar gelede hierheen verhuis het om te besef dis nie so sekulêr hier soos in die stede waarin ek al gewoon het nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus