6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -5 hours ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 27/02/2026 - 09:17

Geert, hoe laat is julle by die huis weg?? Ek raai so 03h00 vanoggend.

Wat se kamera het jou seun gekoop.?

Ek hou baie van daai elektriese hek, met drukknop beheer. Hulle kan maar by Tsendze ook so 'n hek insit.

Pretoria

Geert

Fri, 27/02/2026 - 19:28

Hard gesoek vir renoster vandag...gemis naby Krokodilbrug....mense 5 min voor ons het hom gesien 

Pretoria

Geert

Fri, 27/02/2026 - 19:54

Neef. Om eerlik te sê my kennis is te swak vir dit. Kenner moet help asb.

Worcester

Wildehont

Fri, 27/02/2026 - 21:51

Ek praat nie van die kameelperd nie. Ek glo dis ‘n grootwitreier. Omtrent dieselfde grootte as ‘n bloureier. 
 

Ek is nie ‘n bietjie jaloers op Geert hulle nie. Sommer baie. 

Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 27/02/2026 - 22:19

Die kameelperdgesiggie!! Dit voel of mens jou hande daarom kan vou en dit 'n drukkie gee.

Die voël is net so mooi. Wil nie met Neef Herman stry nie, maar my raaiskoot is dat dit 'n  Groot Witreier (een woord?) is - Great Egret. Sal graag wil weet.

Julle is baie gelukkig met diere Geert en dit nog net op dag 1. Anders as wat mens nou al gehoor het na die groot reën en met ruie veld. Sal interessant wees om in 'n stadium meer inligting te kry oor die paaie. Kuier lekker verder en ek hoop julle kry die ontwykende renoster môre.

Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 27/02/2026 - 22:57

Die laaste twee insette sou omgeruil gewees het. My kampforum-wieletjie draai weer laaank by tye vanaand.

Dankie Wildehont. Dit lyk of ons ooreenstem dit dit 'n Grootwitreier is.

Pretoria

Geert

Sun, 01/03/2026 - 18:39

Ons kon nie kanselasie vir vanaand kry by Lower Sabie, Krokodilbrug of Skukuza nie....het toe deurgery na Pretoriuskop vir die laaste aand.

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 01/03/2026 - 19:53

Maak nie saak in watter kamp nie, net om dáár te wees is altyd beter as by die huissmiley

Hoop dat gister en vandag ook mooi diere opgelewer het. Wanneer jy weer terug is sal dit lekker wees om nog meer te hoor. Wel 6 lange weke voordat ons daar inklok, maar nuwe nuus sal welkom wees.

Worcester

Wildehont

Sun, 01/03/2026 - 20:43

hierdie mooi olifant

Dis interessant. Daar is seker ‘n koei op hitte in die trop   Tog snaaks dat die kleintjie onder die bul was. 
 

Daardie foto’s van Pretoriuskop lyk baie lekker. Al is dit nie die beste wild area nie bly dit ‘n lekker kamp. Ons was baie lanklaas daar. 

Pretoria

Geert

Sun, 01/03/2026 - 21:01

Gister tot Satara gery....het vir Paul Mulder daar gaan hello sê. Daai pad oor damwal het baie skade...gelukkig kan mens nog daar oor ry. Hulle is besig om ablusies se dakke te vervang met Harvey tiles 

Pretoria

Geert

Sun, 01/03/2026 - 21:10

Tussen Skukuza en Nkhulu is daar n olifant karkas langs die pad wat nog stink. Gister oppaf terug van Satara lê daar n dooie olifant langs die pad tussen Tshokwane en die pad. Aasvoêls was vollop, maar daar was geen ander dier of Hyenas betrokke nie....so voêls sukkel deur harde huid te kom

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 01/03/2026 - 21:35

Is dit die Nsemani dam (H7)? Herken dit nie eers nie. Ons het die dam al so leeg gesien dat dat daar net 'n paar babers in modder gespartel het, maar nooit so vol nie. Pragtige gesig. Dis ook verbasend hoeveel diere op julle pad gekom het.

Al hierdie maak my opgewonde. Dankie vir die deel daarvan.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 01/03/2026 - 21:59

...dankie dit was nou lekker saam met julle in wildtuin.

Meimaand moet nou vinnig nader kom

Pretoria

Geert

Tue, 03/03/2026 - 21:05

In Skukuza het hulle wifi in kampeer terein....oral van hierdie routers. Klink of jy klompie data gratis kry en moet dan koepons koop by ontvangs koop vir meer. Ek het daarop begin ingaan, maar hul vra te veel info voor jy data kry, so het maar liewer my eie data gebruik. Ek weet nie hoe vinnig wifi data is nie. Hierdie sal n goeie opsie wees vir Lower Sabie wat baie swak selfoon data sein het

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus