Goeie môre, daar breek die 2de maand van die jaar al aan.
Die kraaie gaap behoorlik die laaste 3 weke hier om en in Brits, ek kan myself net nie gemotiveer kry om in die hitte te gaan probeer kampeer nie.
Ek is jaloers op julle wat in die koeler klimaat woonagtig is, wat so bietjie, tot 'n maand lank, wegbreek van die roetine.
Laat ons gesels met mekaar
Dumela lekkerte
Lekker vooruitsig wat wag. So effe nuwe omgewing en oord om te besoek, of nie??
Geniet jou 4x4, en avontuurlus.
Nog in die weegskaal
Lekker vooruitsig wat wag. So effe nuwe omgewing en oord om te besoek, of nie??
Geniet jou 4x4, en avontuurlus.
Die toer is nog in die weegskaal weens verskeie faktore. Dit hang af of Letaba (in ‘n hut sonder geriewe langs die restaurant) en Shingwedzi op ‘n staanplek gereed gaan wees en of die brug waarmee mens tussen die twee reis gaan reg wees.
Verder hang dit af van ons persoonlike finansies, wat tans beroerd is.
Ek raak dus eerder nie opgewonde nie.
Paspoorte...
Wessel ek hou styf duim vas dat dit spoedig uitgesorteer kan word en julle kinders se beplande kuier wel sal realiseer. Indien hulle nie tydgebonde is nie kan 'n later datum moontlik meer gepas wees, veral t.o.v. akkommodasie. Dit is sommer sleg as mens graag wil uitsien na iets, maar ander faktore nog eers 'n rol speel - waarskynlik ook een van my redes vir geen beplanning, om teleurstelling te voorkom. Wanneer mens gebonde is aan skoolvakansies is dit 'n ander storie.
Dubai kinders....
.....is behalwe die paspoort vertraging, ook skoolvakansie gebonde. Skoolstelsel is baie streng daar.
Kantel die weegskaal Wildehont
Dumela WS weeg swaar! Ek het seker nou vir 2 ure in hierdie kamp gekuier en planne beraam oor hoe om daar uit te kom met my bussie. Die resensies is nie nuut nie maar het my oortuig dat dit sekerlik 'n kamp is om te besoek. GallivantingSA praat van 'n 10km "hard gravel road" tot by die kamp vanaf die grenspos. Om die Limpoporivier te kruis kan moontlik die enigste hindernis vir ons wees. Stel jou voor jy kamp in die Koorsboomwoud, is so gelukkig om die Visuil (Pel's Fishing Owl) te sien, pikdonkerte met net die naggeluide......
Ek hoop van harte dat die beplanning vir julle reg sal uitwerk hierdie keer.
Iran en VAE
My seun het laat weet dat hulle vuurwerke kyk in Dubai. Op die oonblik hou die anti missiel stelsel die aanval weg. Nog geen missiel het teiken in Dubai getref nie. 'n "Drone" het wel sy pad gevind en 'n hotel getref.
Ek hoop dat Israel en Amerika vinnig die missiel basisse sowel as militere lughawens kan uitwis. Daarna kan hulle kerninstallasies en politieke persone se blyplekke plat skiet.
Iran en Dubai
Vanoggend weer met my seun gesels. Tans is dit stil, maar kan stilte voor storm [aanslag] wees. Hulle verwag nog sporadiese missiele nou dat die Ayatolla gedood is.
Van gisteroggend tot vanoggend was 137 missiele en 209 drones afgeskiet oppad na Dubai. Twee het getref, die lughawe en 'n hotel.
Sterkte Wessel
Ek dink aan julle en ander in 'n baie moeilike tyd. Mens kan net hoop dat daar vinnig 'n einde aan die onsinnige geweld sal kom.





Terugvoer van Dumela Wilderness Safaris
Ek het gisteraand weer gevra per WhatsApp en vanoggend die boodskap ontvang:
Hi Chris
Apologies, the border is open and camp will reopen next week.
Best regards
Hier is hulle webwerf vir die wat wil gaan loer.