Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
Double cheese burger November 2026 Geert -9 hours ago
30% November 2026 Geert -16 hours ago
see water November 2026 Geert -16 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago

Maart saamgesels

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike
Submitted by Slowstrike on
Forums

Iran & Dubai

Wessel

Ons altwee sit maar benoud en kyk en luister. 

Ons kinders is ook in Dubai. Hulle woon in Damac Hills so 4 km vanaf Dubai se militere lughawe Minad Airbase. Dit maak my meer bekommerd want sou daar na militere basisse gemik word is hulle binne tref afstand.

Hulle vertel dat hulle deurlopend via sms inligting ontvang en op hoogte gehou word van wat aangaan. Daar is selfs beraders wat jy kan bel.

Ek wonder so by myself wat die gevolge sal wees as daar so iets hier moet gebeur. Is die ou strukture van burgerlike beskerming ens nog in plek is daar `n plan a, b of selfs c. Ek dink dit sal totale chaos wees hier.

Groetnis

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 21/03/2026 - 13:59

Solank dit droeë hitte is verkies ek 40° bo winter in die Karoo of Kalahari. Mei is nog nie winter nie, en skoolvakansie is in Julie. Dis nie grappies nie. Die dae kan dalk OK wees maar die nagte is vrek koud. So koud dat jou bier vries as jy dit buite los. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 21/03/2026 - 14:33

Ons eerste besoek aan Kgalagadi (toe nog bekend as die Kalahari Gemsbokpark) was in Junie 1986 - 2 nagte elk in Twee Rivieren en Mata Mata. Die voldag in Twee Rivieren (ons was 3 gesinne bymekaar) het ons by Melkvlei gaan piekniek maak. Ons het ook daar 'n beesstertpotjie (vir aandete) begin kook. Ek onthou dat dit 'n snerpende dag was met 'n baie onplesierige wind wat gewaai het. Saans was dit ook bitter koud. Daarom wil ek nie mid-winter daar gaan kuier nie. Maar ek wil ook nie hoogsomer daar wees nie.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 21/03/2026 - 16:54

verkies ek 40° bo winter

Stem saam. Toe ons vroeer die maand in wildtuin was, het kwik eendag gestyg tot 39° en die ander dae tot 37° . Ek verkies dit bo koue of nat weer. 2 Jaar terug het ons " kouerige" dae in die wildtuin gehad, veral Satara. Saans met aircon op warm gaan slaap. Ons hou daarvan om met oop vensters in wildtuin te ry....daai week was dit te koud om met oop vensters te ry tot so 11uur die oggend. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 21/03/2026 - 17:00

Wildehont. Het jy al aan die opsie gedink om karavaan tuis te los en met tent te gaan kampeer? Ek het nou vroeer die maand agtergekom hoe groot die brandstof verbruik verskil was wildtuin toe sonder karavaan as met karavaan. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 21/03/2026 - 18:58

Ons hou daarvan om met oop vensters in wildtuin te ry

Mense verskil maar ek hou ook die vensters oop en skakel elke keer wat ek stilhou om na iets te kyk die enjin af sodat ek die geluide kan hoor. In Julie is dit maar koel in die oggend , maar dit voel soos lente in vergelyking met Worcester. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 21/03/2026 - 19:02

Het jy al aan die opsie gedink om karavaan tuis te los en met tent te gaan kampeer?

Ek sal dit maklik doen, maar unhappy wife - unhappy life. In elk geval sal ons ‘n sleepwa moet vat want selfs met die wa saam is die Ranger se kappie agter vol gestop met goed wat saamgaanso daar gaan nie plek wees vir tente nie. Dinge soos gasstoof en eetgerei wat in die wa is sal ook apart moet saamgaan. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/03/2026 - 19:59

...net op teerpaaie in wildtuine.

Ek hou nie van stof oral in bakkie nie. Tog sal ek nooit 'n bakkie was in 'n wildtuin nie. hoogstens die matte uitskud/slaan.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sat, 21/03/2026 - 20:50

So van kamp gepraat in Mei maand, weet julle dalk hoe is Montagu omgewing se temperature in Mei maand. Ons oorweeg dit vir n wegbreek soontoe hierdie jaar. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/03/2026 - 22:14

....gelukkig sê jy "oorweeg". Bedink eers wat wil julle daar gaan doen. 

Ons het laasjaar ook paar aande daar gestaan, bloot om pad van Bellville na Prins Albert korter te maak. Dalk omdat ek as kind daar naby groot geword het, het Montagu nie groot waarde/aantrekking vir my nie. 

As deel van die Klein Karoo behoort Mei al koel te wees, darem nog nie snerpend koud nie, behalwe as sneeu vroeg komlaugh

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sun, 22/03/2026 - 06:15

Hi Wessel, ek gaan n ChrisB op my trek. Gaan niks doen vir so lank ek kan en dan wyn drink. As ek moeg word vir dit sal ek iets soek om na te kyk en dan begin ek weer van vooraf om niks te doen. Ons was nog nooit daar nie en gaan sommer net n bietjie rus.

Vir die koue is ek nie bang nie, net n ekstra slukkie hanepoot En lê net stywer agter ouma dan is die saak mos reg. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 22/03/2026 - 07:26

...daar is eintlik baie besienswaardighede en doen dinge;

1]Ry vir 'n dag uitstappie na Bonnievale, met kaasfabriek besoek, en BAIE wynkelders tussen B.vale en Robertson. Onthou, uit respekte moet jy 2 keer om kerk rylaugh[my geboorte/grootword dorp]. Lekker sirkelroete Montagu-B.vale- Robertson-Asthon- Montagu.

2] besoek Cape Dry vir gedroogte vrugte en konfyte

3] gaan met trekkerrit tot bo-op die berg

4] Ry met R318 tot by ten minste Burgerspas

5] oorweeg 'n dagbesoek aan Bontebokpark by Swellendam

6] Vind uit oor bootrit op Breerivier, ek weet nie vanwaar die boot vertrek nie. Erens tussen B.vale en Robertson

Kyk mooi vir Engelse fort [klip] bo die tonneltjie in Kogsmanskloof. Ek weet nie of dit veilig is om te stop en tot by fort te loop nie.

 

  

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sun, 22/03/2026 - 07:49

Dankie Wessel vir al die inligting. Ek sal die oorweeg seker maar omskakel na n besoek aan Montagu. Sal moet kyk of ons al die plekkies kan besoek met al die niks doen wat hoog op die lys is 😱

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 22/03/2026 - 09:16

Jy behoort nog lekker aanvaarbare weer in Montagu tydens Mei te ondervind. Dit is 'n netjiese oord wat ek aan enigeen kan aanbeveel.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 22/03/2026 - 09:20

En so "brag" ek 'n dag of twee gelede dat ons plaaslike Sasol-vulstasie nie probleme met brandstof-beskikbaarheid ervaar nie. Maar toe ek gistermiddag daar kom om die Hilux (wat driekwart vol is) te gaan optop, word ek meegedeel dat hulle geen diesel het nie. Hulle verwag eers Maandag (môre) 'n aflewering.

Ek bly maar vertrou dat ek oor 3 weke die pad Pretoria toe kan aanpak sonder brandstof-probleme.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 22/03/2026 - 11:23

...tree die verhoogde brandstofpryse in werking. Ek vermoed dat  baie vulstasies dan skielik wel brandstof sal hê!!!

Die regering moet maar vinnig oopkaarte speel, is daar reeds 'n tekort of nie. Of is dit onbillike praktyk wat sommige vulstasies pleeg om 'n groot meevaller te bewerkstellig.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 22/03/2026 - 18:11

Volgens wat daar in ander lande gebeur, waar daar reeds maatreels in plek is om brandstof te bespaar, kan hierdie pampoen nie glo dat die good old RS of A deur die wêreldwye probleem gaan seil nie. Aikona.

So my gevoel is om maar solank te beplan vir tekorte. Soos iemand hier genoem het, duur is een ding, maar ñ tekort...

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 22/03/2026 - 18:28

Ek het so 100l diesel in kanne gekoop vir ingeval. Indien nie tekort nie, spaar ek buitendien R850 op verhoging

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 22/03/2026 - 19:55

Soos die Daily Maverick artikel wat ek voorheen gedeel het verduidelik is daar nog nie sprake van ‘n tekort nie. Die Wet van Transvaal gaan net streng toegepas word. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 23/03/2026 - 20:11

Ek het vandag met Worcester Brake & Clutch gepraat. Hulle was besig met die Kavango. Soos die dame gesê het, “Al sy wiele is af.” Dit behoort nie later as Woensdag reg te wees nie. Ek deel die inligting bloot om vir Wessel nog bietjie op sy senuwees te maak namens my.

Ek het gister terwyl ek pot gemaak het en twee geregte om te eet die week ook bobotie gemaak wat ek in foelie bakkies gevries het om saam te neem. Toe ons net meer as twee weke gelede vir Salomien gaan haal het by die lughawe het ek 5kg Joey’s wors gekoop, en daar is ook nog ses Joey’s patties in die vrieskas oor wat daarmee saam gekoop is. Die paniek gedrewe dieseltekort is ook opgelos, so dit lyk of ons dalk DV vir oulaas verder as 20km van die huis af sal kan gaan kampeer Vrydag voor dit onbekostigbaar raak om te sleep. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/03/2026 - 21:38

...ek hou duimvas dat hulle al die wiele terug het Woensdag. Gaan jy die wa vir 'n toetsrit neem?

Ek moet ook nog myne vir 'n toetsrit neem, voor ons hak vir Kruger. Sal maar sien of dit terelftertyd 'n naby kamp insluit, of letterlik net 30km in 'n rigting. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus