Middag almal.
Ek was laklaas hier.
Hoop almal skop darem nog.
Ek het so 'n paar dae gelede 'n video gesien van 'n oopvou kampwa wat 'n nuwe produk is.
Hy vou op dieselfde manier oop as die ou Jurgens Slipstrem plat waens waar die twee deksels bo oopvou en beddens word met die tent wat dan aan die sykant van die wa opslaan.
Het enigeen dalk 'n idee watter maak dit is?
Oopvou waa
Hy lyk amper net soos die een op die foto, maar nie a pop top nie.
Hy is platter.
As jy langs die wa staan vou sy twee deksels na links en regs oop en word die beddens
Maw na die disselboom se kant en na die agterkant van die wa oop.
'n Ysterraam vou dan oor die deksels oop wat die dak van die wa form met seildak en voortent.
Die deur is dan bokat die wiel.
Invader
Ek kry nie die skakel gekoppel aan die teks nie so hier is dit:
Invader modelle
Ek sien dat die prys van die nuwe model R585 000 is. dit beteken dat die groter modelle se prys nog meer gaan wees. nogal duur vir hoofsaaklik seil om jou.
Die groot voordeel is seker die lae windweerstand tydens sleep. Ek het so vinnig gekyk, die BVM van die modelle is almal meer as 1500kg. Dit is dus nie 'n ligte gelaaide wa nie.
WilleWilemien
Dan moet jy na Teradrops kyk, of gebruikte Sherpa tiny soek.
Gebruikte waens....
...dan gaan dit nie help om buitelug skou by Broederstroom by te woon nie.
Soek op internet na die groot woonwa handelaars, hulle hou baie en groot verskeidenheid waens aan. Kyk ook na Caravanparks.com se lys van pad en boswaens.
Daar is baie beter opsies as 'n ou Gypsey 5 woonwa. Eers moet jy besluit of jy 'n padwa of 'n boswa wil hê.
Lekker huiswerk doen.
NS: Het jy reeds die Jimny, of oorweeg jy dit ook.
Skipper oopvou waentjies
Kyk ook na die gewilde Skipper reeks waentjies. Ek sien hulle BVM is net 750kg, ideaal vir 'n ligte voertuig, soos 'n Jimny.
Ek het nog net goeie terugvoer oor die waentjies gesien.
Willem ???
Hou asb aan om saam te gesels op die forum.
Laat weet wat jy beplan en waarop jy besluit het, betreffende 'n woonwaentjie en sleepvoertuig.
Ek raai jy is ook op 'n ouderdom waar mens nie met leertjie na 'n daktent wil klim nie![]()
Koffiemaker ???
Ek was wel deel van die Wegsleep forum, maar die titel koffiemaker lui nie 'n klokkie nie.
Daai dae het ek met 'n Territory en Palma vakansie gehou.





Oopvou wa
Jy sal meer info moet gee, of verwysing na waar mens die video kan bekyk.
Was dit 'n plaaslike produk??