Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -7 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -9 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -14 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -15 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -16 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -17 hours ago

Junie - Algemeen saam klets

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

.Eerste winter maand het aangebreek. Kampeer jy in die winter? Deel sommer waar was jou koudste kamp ooit gewees

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 20/06/2026 - 05:35

Wat is daai ronde ding...Nie die ys of wors,

Dis n braai pie. Daars n winkel/fabriek in Centurion wat dit maak. Is n lekker bykos by braai...lekker alternatief as n knoffelbrood

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 20/06/2026 - 06:10

... sou die Bulle dan glad nie opgedaag het vir die wedstryd nie? Was die oomblik té groot - of die tuisveldvoordeel te veel?

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 20/06/2026 - 09:02

Begin gewoond daaraan te raak om nie finals te wen nie....is dit Bulle se 4de URC final?

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 20/06/2026 - 11:30

Ek sal dit waarskynlik nie in 'n stad oorleef nie. Dit voel beknop en om in die verkeer mens se pad te probeer vind is nag..... As ek egter die lekker kosse sien (soos o.a. Geert se braai pie) dan besef ek wat ons plattelanders mis. Om bv. 'n braai pie op die kole te hê moet ons die resep, van die kors tot die vulsel, self aanmekaarslaan. Dit is eenvoudig te veel moeite en tyd wat verlore gaan, so sal die vervelige knoffelbrood steeds van tyd tot tyd op ons tafel wees......

Keuses. Ek is gelukkig om op die platteland te woon sonder die luukshede van 'n stad. Ons dorpie is betreklik veilig (paaie hierheen is seker te vol slaggate vir moeilikheid-makers)laughHospitale is vêr, maar mens kruis die paaie soos dit kom. Ons het meestal krag en water.

Aan die ander kant moet íémand darem ook die stadsliggies aan die brand hou.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 20/06/2026 - 12:23

...paaie vol slaggate, sal ek hanteer as ek 'n opening in Maroela kampie kan kry. Ek is steeds bokbek oor ons verkorte sandvlooie Kruger vakansie.

Sodra ek my wa terug het, soek/oorweeg ek 'n week plus, in die wille Kruger tuin. Ek sien self kans vir die slaggate via Lydenburg- Origstad oppad Kruger toe. 

Tans is omtrent al die Suide kampe vol geboek, self tot einde Augustus.   

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 20/06/2026 - 16:01

Wessel...hou kanselasies dop....daar kom heelwat deur daagliks deur die hele wildtuin. Paul mulder het onlangs begin n bespreking opbou via kanselasies...hy gaan die 14 de Julie soontoe en is reeds gehulpe vir een en n halwe maand - tot einde Augustus

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 20/06/2026 - 16:03

Sommer lekker om nou weer beter mooi rugby te sien. 40-26 vir halftyd is n massiewe telling. Kolby se skopwerk is baie mooi.Sien uit na 2 de helfte

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 21/06/2026 - 11:19

Deesdae het ou Neef min waar hy kan  saam gesels. Kosmaak en Kruger is heel voor op die forum se bespreking. Nou ja om nie julle af te skeep nie, druk ek my hande in die meel. Suurdeeg broodjie. Van die gis laat blom tot in die AGA se oond amper 18 uur later. 

Brood

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 21/06/2026 - 12:08

Ons het vanoggend die kerk laat slap lê, en oor die bult na Jasmyn gery. So bietjie die staatmaker [2003 Corolla] se "carbon" afgebrand.

Lieflike winkel, waar mens lekker vars groente, vrugte, pasteie, brode konfyte en vleisprodukte kan aanskaf. Ongelukkig is hulle ingestel op grootmaat verpakking, wat dit effe bemoeilik vir 2 pensionarisse.

So op die foto ge-oordeel sal Herman se brood geheel netjies op hulle rakke vertoon. Warm uit die oond met botter, kaas en konfyt is dit 'n vorentoe smaak middagete. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 21/06/2026 - 18:12

... vir jou inligting, aangesien jy in jou WhatsApp gevra het, die meeste 4x4 roetes in Karoo Nas Park is steeds gesluit.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 21/06/2026 - 18:13

Daai broodjie lyk vrek lekker.....ek kan indink hoe lekker hy warm moet proe met hotter en appelkoos jam

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 21/06/2026 - 18:17

Was vandag kiud en reenerig hier in Pretoria...so was ideale weer vir potjiekos....het biltong potjie gemaak

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 21/06/2026 - 19:06

Hoop al die manne het 'n gelukkige dag gehad met so 'n bietjie ekstra bederf - behalwe dalk vir Neef Herman wat vir ure brood gebak het, Wessel wat wat nog groente-aankope gehad het om te doen en arme Geert wat tevrede moes mees met sy eie biltong potjie. Verder is julle ook afgeskeep met dié dat dit die kortste dag is. Gelukkig vir 'n laaang nag om weer tot verhaal te kom. Môre begin die somer!!!

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 21/06/2026 - 19:53

Ek lees nou die jongste verwikkeling in en om Iran. Duidelik het Trompie tot besef gekom dat Iran aanhoudend "stir" in Lebanon, wetende dat Israel gaan reageer.

Dit gee dan op sy beurt vir Iran speelkans met die vredes ooreenkoms om nie te onderhandel nie. Dit wil voorkom of Trompie vandag vir Iran gewaarsku het, om op te hou met Hezbolla aanhitsing, of hy val weer Iran aan.

Dalk is dit tyd dat Trompie sy geduld verloor, MOSAD nadertrek en klaarmaak in Iran, en sommer Lebanon ook. Hoe langer hy uitstel, hoe sterker word Iran se onderhandelings-hand. Dis bloot my eie gevoel

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 21/06/2026 - 20:08

Eish, die kosse wat julle op dis laat my mond water.

Dankie manne.

Hoop julle Vadersdag was lkr.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 21/06/2026 - 20:17

Goed om jou "aanlyn" te sien. Vertel asb. 'n bietjie meer - waarmee kamp jy en jou gunsteling plekke. Val net in, ons lees graag en deel idees waar moontlik.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus