Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -7 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -9 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -14 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -15 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -16 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -17 hours ago

Junie - Algemeen saam klets

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

.Eerste winter maand het aangebreek. Kampeer jy in die winter? Deel sommer waar was jou koudste kamp ooit gewees

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 29/06/2026 - 07:50

Wonder Neef hoe die " mowers"- sage van Oom Grompie  verloop het. Sal darem baie graag n video wil sien waar hy al die fancy draaie en maneuvers oefen.

Hier is ons weer regtig onaangenaam. Koud, winderig en nat. Ouma het koekies gebak en beskuit en crunches vir die " klein??" dogters wat Donderdag land vir n kuier. Die twee is nou  19 en 16 jaar oud. Vra ek vir ouma, wonder waarmee hou mens hulle besig? Dalk is hulle ook maar meer op die foontjies as op verfkwassies. Ouma het net al die verfkwassies en potlode en inkleurboeke hier bo in die loft. 

Maat van my en sy swaer wil die naweek my kamp gebruik. Sy swaer het n splinternuwe Bushlapa gekoop, en wil n ' shake down" kamp kom doen. Die weer gaan horing wees. Hoop maar hulle geniet dit. 

Mooi week vir almal. En Chris B... ek is vrek jaloers op julle se lekker kuier saam die kinders en kleinkinders. Groetnis.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/06/2026 - 08:25

...ek is seker Yvonne gaan die jonge dames geniet en trakteer.

Neem tog 'n foto van die Bush Lapa eksperiment, sal graag wil hoor watter model dit is. O ja, en jou mening van die "blikkie"

Ons gaan uit eindelik vanoggend die wa haal. 'n Volle 20 dae nadat ek dit ingevat het. Sal laat weet hoe die eerste parkeer/bêre afgeloop het. Hopenlik nie stamperig nielaugh 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 29/06/2026 - 13:05

Môre is uiteindelik die 30e Junie. Ek wens dat dit wil kom en verbygaan. Saam met sokker oorheers dit die nuus. Ons GPF berig elke kort-kort oor die jongste tov die beplande opmars. Daar was 'n tekort aan belangstelling in ons dorp en hier sou nie 'n "march" wees nie, tot eergister wanneer iemand agter gekom het van 'n geleentheid wat verlore gaan. Busse is gereël en van elders af gaan ons nou ook 'n stormloop beleef.

Winkel-trippie gedoen vir die nodigste vars goedjies, en nou kan ons net sit en wag en hoop vir die beste. Moenie onnodig rondry nie - op aanbeveling, en gesonde verstand wat dit vir jou vertel. Dit laat mens nou totaal ingehok voel. Ek het geen planne gehad om iewers heen te gaan nie, maar net die gedagte maak my benoud. Seker maar bederf om (redelik) vry te kan beweeg na hartelus.

Hoop alles verloop sonder voorval waar julle woon.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 29/06/2026 - 14:35

Ons het toe die wa gaan haal, en veilig terug by huis.

Wat 'n plesier, staan heerlik in die skadunet koelte, en rangeer die wa in sy staanplek in. 

Ongelukkig loop ons, ons toe vas in die splinternuwe Echo, genaamd Kuiseb35. ek sal vêrder borduur op "Alternatiewe woonwaens  

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 30/06/2026 - 13:04

Ek moet sê hier by ons gaan dit sover normaal. As daar nie nuus was nie, sou ons nie eers geweet het van al die planne wat daar was nie. Miskien is daar areas wat dit anders ervaar. Hier by ons is dit net die maand salaris trekkers wat verskoning maak en nie kom werk het nie....die 'No work no pay " manne is op hul poste

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 30/06/2026 - 15:20

Optoggangers wat met busse hierheen gekom het was uiteindelik net 90 sterk. Die opmars wat 7h00 sou begin het eers 10h00 afgeskop en nadat die memorandums oorhandig is, is die klompie 2 ure later uiteen. Dit het skynbaar vreedsaam en ordelik verloop en besigheid in die dorp gaan voort soos normaal.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/06/2026 - 16:01

...tot nou. Blykbaar in groter metro's was daar meer aktiwiteite. sal maar nuus kyk vanaand, dit klink te goed om waar te wees.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 03/07/2026 - 07:32

Ek is nou besig met n transaksie via facebook wat ek dink is heel moontlik n scam. Ek het n klein hopie bourommel wat weggery moet word. Ek het n foto op facebook geplaas en gevra wie kan my vandag help. N man het my gebel en gesê hy kan dit doen en vir my n goeie prys gegee. Ek gee adres en hy sê sy drywer sal vanoggend 8h00 daar wees. Ek sê toe vir hom dankie en sê dat ek die kontant vir sy drywer sal gee. Hy sê toe nee, hy wil nie hê sy drywer moet met die kontant rondry nie...ek moet oorbetaal. Direk vra hy my ook by watter bank is ek. Ek het hom nie daarop ge antwoord nie. Nounet kry ek boodskap van hom dat ons dit 10am moet maak, want hy het n ander klient wat sy goed nou 8am toe geskuif het. Ek sê dis okay. Direk daarna stuur hy boodskap dat ek moet E-Wallet na n selfoon nommer. Ek gaan nie voor die vrag vanaf erf dit doen nie. Sal maar sien hoe dit verder gaan verloop, maar ek ruik n rot

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/07/2026 - 11:19

...laat weet tog hoe die verhaal uitgespeel het.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 03/07/2026 - 12:54

Hier was vanaoggend n ander trok gewees van iemand wat die oortollige riviersand kom haal het. Die ander persoon het kort kort boodskappe gestuur dat hul elders vasbrand, maar sal laat weet as hulle oppad is, maar kan solank ewallet doen. Riviersand trok kon my ook vandag help, so het toe die ewallet persoon laat weet hul hoef nie meer te kom nie aangesien ek nie heeldag kan wag nie en dat hier iemand op site is wat direk kan help. So....rommel is weg met ander trok

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 03/07/2026 - 16:01

Goed om te hoor dat daar nie probleme was nie - dit het heel verdag geklink. Mens hoor soveel keer van iemand wat deur skelms ingeloop is. Seker die beste om alles eers goed deur te kyk.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 03/07/2026 - 21:27

Ons geniet baie van Eskort vatkvleis. Het hulle ook winkels in die Kaap of Mpumulanga? ....of Brits?

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/07/2026 - 21:40

...het 'n lieflike winkel by Pecanwood. Ons het al daar gaan aankoop.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 03/07/2026 - 22:11

Daar is een in Nelspruit. Ons is al 'n paar maal daarby verby - sonder om te stop, maar as ek jou heerlike braaivleis sien moet dit 'n gereelde aankoopplek word. Volgende week is ons op pad daarheen....

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 04/07/2026 - 06:55

Daar is een in George by die Garden Route Mall. Al hulle "specials" braai ribbetjies gekoop. Baie lekker. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus