Wie volg almal Soringbok rugby? Daar lê n lekker Springbok rugby program voor. Ek moes gister met n swaar hart my Springbok - All Black kaartjies van 5 September op FNB stadion oordra na vriende aangesien ek per ongeluk n wegbreek bespreking gemaak het oor dieselfde datum. Ek wou nog wegbreek datum aanskuif, maar het nie so uitgewerk nie
Pas op vir...
Pumas. ek kyk nie rugby nie, maar moenie Pumas onderskat nie. Ek sal nie verbaas wees as die S.bokke verloor nie.
Ek volg Springbok-rugby en…
Ek volg Springbok-rugby en sit nou lekker hier voor die TV (halftyd 10 -10). Die Pumas gee ons tans 'n hengse "go".
Swak wen
Alhoewel bokke naelskraaps gewen het, was dit nie n mooi game nie. Kolisi kan maar aftree, mis hom nie en die paar minute wat hy vandag weer gespeel het, het hy niks beteken nie. Etzebeth ook maar volgens my sy jare gehad. Wat my baie irriteer van SA se spel is die aanhoudende balbesit wegskop. Veral vanaand was dit erg...meeste skoppe het nie eers 3m veld gewen nie en balbesit is weg. Selfs een van Sascha se balle was agteruit geskop??? Ek hou van hardloop rugby en die regte bokspan is goed daarin
Ek stem saam ....
... dit was 'n onaanskoulike wedstryd en die Bokke was gelukkig om te wen. As dit die spel is wat teen die All Blacks opgedis gaan word, sien ek maar swarigheid. Argentinië het minstens verdien om gelykop te speel. Sascha begin nou die wonderkind van SA rugby word - jy wonder of hy goed gaan speel en of hy 'n klomp bollie gaan aanvang soos gister. En ek neig om saam te stem met Geert se siening t.o.v. Kolisi en Etzebeth. Ek weet nie wie was aangewys as speler van die wedstryd nie (ek het net na die eindfluitjie ophou kyk), maar die enigste Bok wat op my indruk gemaak het was Cameron Hanekom.
Man of the match
Ek weet nie wie was aangewys as speler van die wedstryd nie (ek het net na die eindfluitjie ophou kyk), maar die enigste Bok wat op my indruk gemaak het was Cameron Hanekom.
Cameron Hanekom was
Cobus Wiese
Het Cobus Wiese en sy gesin vanoggend by die kerk ontmoet - wat 'n vriendelike jong man.
All blacks kaartjies
N’ vriend van my moes gister sy Springbok - All Black kaartjies van 5 September op FNB stadion oordra na vriende. Hy het vergeet dit is sy vrou se 60st verjaarsdag. Hy vra of enig iemand saam met hom sal gaan?
Bokke
Hallo almal. Ek sien uit na die bokke Saterdag.
Ek hoop ons gaan deliver. Ek was n klein karnalie to Andy Leslie in 1976 hier kom toer het. Morne du Plessis was kaptein. Onthou die oue garde dit. En ons het hulle gewen.
Maar 1981 toer was ek ouer en gesien wat Wynand Claassen gedoen het.
Ek mag nie meer die SA vs All Blacks LIVE kyk nie. Navigator en ek het besluit dit is beter vir ons huwelik. Want ek raak buite beheer. En dit is nie van die drank nie. Met die laaste werled beker eindstryd het ek mal geraak toe hulle kaptein n rooi kaart kry.
So ek gaan maar Saterdag aand na ons klein kinders kyk.
Bokke vs All blacks
Ek het ook bygese, probeer om n kaarkie te kry vir die Kaap toets. eish R3000 vir n kaarkie.
Jammer ek spandeer dit eerder op Fleetlinekie.
Net interesant
Die ouer garde (Chris B en Wessel) sal dit dalk beaam. Bokke is baie goed in 1ste toets. Dan tradisioneel word 2de toets gespeel op nuweland. Reen weer en dan ons track reckord op 2de toets is swak.
Wonder maar net.
Span
Die span lyk goed vir Saterdag. Die enigste is miskien Etzebeth wat volgens my deesdae nie perform nie....meer daar om met skeidsregter te argumenteer oor sy beslissings, maar daar is vervanging gereed op die banke. Dink ook nie Kolisi gaan gemis word nie.
Dink dit gaan harde game wees....sien NZ het n gesoute span in .meeste met heelwat ervaring met baie test caps
Ek neem glad nie meer deel…
Ek neem glad nie meer deel aan rugby-gesprekke nie - my bek is toegezip. Maar ek is lekker ingerig vir vandag se wedstryd. Dit behoort teen ongeveer 19:00 klaar te wees. Teen daardie tyd het ek al 'n polisiekoffie (of twee - dalk meer) agter die blad en dan word 'n lekker stukkie Henties-kabeljou gebak. Die vis sal uiteraard lekkerder proe met 'n gunstige uitslag.
Henties kabeljou ???
Nou hoe het ek dit met jou. Jy is sekerlik ingerig vir binne [onderdak]braai. Maak 'n vuurtjie halftyd en as daai einffluitjie blaas, het jy lekker kole om dit oor die kole te braai.
Aangesien die boere-TV seker nie die wedstryd uitsaai nie, sal ek maar soos gewoonte so halfvyf begin vuur maak. Tesame met 'n paar Windhoeke, gaan ek 'n paar skaaptjops, boerewors en string sosatie-wors [vir Marie] braai.





Pumas
Vanaand is dit ons en die Pumas op hulle velde. Ek dink dit gaan n harde wedstryd wees en sien die span wat Rassie ingesit het dat hy dit nie ligtelik opneem nie. My voorspelling is Bokke 33 en Pumas 22. Geniet julle braai vuur, biltong, boerewors en kuier