6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -39 minutes ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago

Forum-verbetering voorstelle

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Anton (Voortrekker), jy het seker gesien ek laat waai lekker op die "nuwe" forum  -  dit werk baie maklik, veral die foto-laai is baie maklik en eenvoudig.  Baie dankie vir jou aanhoudende pogings om met 'n oplossing navore te kom.

Hier is miskien goedjies wat verbeter kan word :-

  • Ek merk op woorde aan die einde van 'n lyntjie breek op snaakse plekke af in plaas daarvan dat die hele woord eerder oorskuif na die volgende lyntjie
  •  Probeer om die "FORUM"-tag (net links van "LEDE" hierbo) heeltemal links te skuif, links van "TUIS".  Die FORUM-tag is die belangrikste en moet deur veral nuwe gebruikers eerste gesien word. Verander dan sommer die tag na "FORUM-INDEKS", dis meer verduidelikend.
  • Sekuriteit :  Hiervan weet ek niks nie, maar wonder net : is toegang vir hackers nie makliker as lede nie afteken nie ?  Ek weet baie gebruikers bly aangeteken en teken nooit af nie  -  maak dit nie dalk maklik vir hackers om via ons lede oor die hele land met 24/7 "oop forum toegang" om in te kom by ons forum nie ?  Indien wel, moet oorweeg word dat as 'n gebruiker nie aktief op die forum besig is vir 'n gegewe tyd nie, hy outomaties afgeteken word. SARS se e-Filing en die banke se internet banking werk so.
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 04/04/2017 - 10:29

Hoe kom mens by ou drade uit wat nie links op die nuwe of aktiewe forum onderwerpie lysies verskyn nie.

Ek moet nog uitwerk wat gaan die maklikste manier wees om die forum te lees.  Of moet jy al die onderwerpe een vir een oopmaak om te sien wat daar intussen bygekom het?

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 04/04/2017 - 10:31

As ek ingaan op die forum wys my naam nie onder "Wie is aanlyn" nie.  Maar sodra ek 'n inset gelewer het, verskyn my naam daar.  Ek het nou gesien toe ek die kommentaar net hierbo opgesit het.

0

ek wil net die oorskuif klaar maak en die ander forum aflsuit + alle lede profiele skep - dan gaan ek aandag gee aan hierdie forum se ergonomics

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 04/04/2017 - 21:29

Anton, die afdelings van die forum onder die "FORUM" grysblokkie (links bo) is netjies en uiters gebruikersvriendelik.  Oorweeg dit gerus om die ander grysblokkies bo-aan die hoofskerm, byvoorbeeld  KAMP PLEK, DIY & WENKE ens. te verwyder want dit is 'n duplisering van die items gelys onder "FORUM".

0

Dankie Len.   Onthou dat KampBlad en Kampforum was 2 verskillende dinge -  die een was 'n forum en die ander 'n tipe aanlyn tydskrif gedryf deur insette en artikels vannaf die forum. Nou het ons die twee saamgebring en moet daar 'n manier gevind word om altwee idees onder dieslefde dak te laat lewe en nogsteeds doen wat hulle oorspronlik gebou was om te doen - klink amper soos die huwelik.

Ek dink op die oomblik lyk en voel dit dalk bietjie deurmekaar, veral as mens van 'n plaform afkom soos fluxbb wat slegs 'n forum en onderwerp besprekings plaform is.   Dit is dag een -  lede sal besef dat die Skakels bo aan verwys na indekse wat informasie filtreer en isoleer.  Enige persoon moet hierdie webwerf kan besoek en sonder om eens op die forum fisies betrokke te wees, nogsteeds op 'n maklike en gestruktureerde manier toegang he tot al die ongelooflike informasie en ondervinding wat hier geberg word.

Hierdie plaform moet ook nogsteeds kwalitiet artikels kan bevat en 'n hoofblad he wat soos 'n tydskrif kan lees.  Ek het vir nou ook die "Home"  page waarna enigiemand wat hier land geneem word die forum blad gemaak -  dit is vir nou sodat die magdom nuwe lede wat van 'n Forum Blad afkom, darem op iets land wat bekend lyk.   Wanneer almal ingesttle is gaan ek die TUIS blad die "home" maak so enigiemand wat hier land, sal eers na die TUIS blad geneem word waar artikels en Skakels na lekker lees goed is.

Ek hoop wat ek hier skryf maak sin?   My persoonlike Visie was nog altyd meer as 'n Forum te bied, 'n plek waar forum kennis en ondervinding kan BLOM!

0

Ek gaan nou weer probeer om die "nuwe forum' sinvol te gebruik.

Die ouderdom begin pla en ek sien nie meer so goed nie.

Die forum sal vir my meer leesbaar wees as die forum onderwerpe aan die linkerkant

liewers in 'n donkerder kleur (as die huidige oranje), geplaas kan word

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 05/04/2017 - 07:38

In reply to by Tyro

Hi Chris, dit is nou 'n lekker verrassing om vanoggend weer die pienk bosluis op die forum te sien !  Ek is seker Anton sal 'n plan kan maak met die font-kleur van sekere inskrywings.

Groete vir Marie !

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 05/04/2017 - 07:58

Ek het nou al paar keer gedink dié nuwe forum blad is nie lekker nie want die datums wat goed geplaas is loop somer al my Mei maand toe skrik ek wakker en sien dit is in die formaat mm/dd/ccyy

Anton is dit moontlik om dit te verander ?

0

dit was maklik -  moet net nie vir my vra om die woorde wat afgekap word ook so vinnig te fix nie... daai is nog 'n helse kop krap aan die kom.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 05/04/2017 - 08:37

Dankie, Anton, die datum lees nou makliker.    Ek wil gou iets probeer en sien of dit gaan werk. En dit is, as jy Justify formaat kies, of dit nie die afkap van die woorde gaan laat wegval nie.  Ek moet nou hier redelik lank tik om dit te toets, so wees asb geduldig met my. :-)    Ek moet eers my kommentaar klaar tik en dan pos (save) voor ek sal sien wat gaan gebeur.   Die wind het gister lekker gewaai hier by ons en die plek is vol blare vanoggend.  Maar gelukkig vanoggend geen wind maar Colin sal bietjie moet blare weghark vanoggend.   Ek het die voëls al vroeg vanoggend kos gegee en hulle is baie gelukkig hier voor ons op die oomblik.   Hier is een hond in die kamp en as ek vir die voëls broodkrummels gooi, kom eet hy dit op.   Reg, nou het ek genoeg gepraat, gaan gou save en dan sien ons of enige woorde afgekap is.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 05/04/2017 - 08:42

Ek wil net weer iets lank tik. Weet nie wat die Text format onder beteken nie, maar dit gee jou twee opsies, Basic HTML en Full HTML. Die default is op Basic HTML maar ek tik nou hierdie op Full HTML. Miskien maak dit 'n verskil.
0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 05/04/2017 - 08:47

In reply to by Tyro

Chris, die ouderdom storie!!, ja, hy bekruip ons almal!! Ek stem saam, die oranje/geel kleur sou vervang kon word met GROEN, so ook dan seker al die ander plekke ook waar dit gebruik word.

Ek het ook al my bril opgesit!!!!, soms help dit, maar ongelukkig maak dit nie die kleur meer leesbaar nie!!!

Groete uit KLERKSDORP

 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 05/04/2017 - 08:53

Kom ons probeer die middelspasieëring blokkie heel regs, en kyk dan of hy nog die woorde afsny, ongelukkig gaan die dele van die boodskap dan in die middel sit, maar ek dink as jy dit so doen, gaan dit beter werk as die afgekapte woorde.

Hoe lyk dit????? 

Nee, wat, ek het vorige boodskap ook gaan probeer redigeer, maar dit werk toe nie!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus