Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dood se stilte November 2026 Wessel Strydom -47 minutes ago
Sandvlooie of vlieê Kruger 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Nossob se watergat ??? November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Nossob November 2026 Geert -12 hours ago
Wildehont November 2026 Johann L -13 hours ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 12/11/2026 - 21:43

EK weet nie of foto's duidelik op forum gaan vertoon nie, maar ek het nog nooit so baie uile bymekaar gesien nie. Dis nou 2de aand in n ry

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 12/11/2026 - 22:04

....baie geluk met Amarok, ek hoop jy gaan hom geniet en lekker sleep.

Ons sal natuurlik alles makliker glo, as daar stawende fotos is. Soos beterhelfte wat inklim!!!

Jy moet asb daai koop en betaal metode beter verduidelik, ons wetenskaplikes sukkel met finansiële begrippe😁 Net dalk wil ek ook iets anders koop. Of werk daai metode SLEGS as mens weer wil koop???

Ek glo weer aan kontant koop, en spaar klomp geld op 6jaar se rente.  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 12/11/2026 - 23:06

Dis nou baie interessant, dankie Geert. Ek het nie eens gedink dat uile in groepe voorkom nie. Wonder watter spesie dit is en of dit 'n algemene verskynsel is. Miskien is daar 'n muisplaag wat soveel na dieselfde plek lok. ?

Wildehont sou moontlik geweet het wat ons hier sien - mis hom.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/11/2026 - 05:02

Jip, ek mis ook ons natuurkenner vriend!!

Hopenlik begin hy weer deelneem as sy Desember vakansie by Dwarswegstrand aanbreek.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 13/11/2026 - 07:13

Dankie vir daai mooi fotos van die Cheetahs, dit is beslis die mooiste dier in my oë.

Uile, om een of ander rede, het 'n spesiale bekoring by meeste mense, by my ook, 'n besonderse voël.

Goeie hout, baie geluk met die Anerrok, dit is wraggies 'n baie goeie en betroubare trek perd. Hier in my huis sit nou 'n baie jaloerse ouman en dagdroom.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 13/11/2026 - 07:15

Ja, ek glo almal mis sy bydraes, hy moet beslis weer kom inloer en saam kuier.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 13/11/2026 - 07:20

Lyk bedrywig daar....sommer cheetah en leeu kort na mekaar. Minder as 2 minute uitmekaat

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/11/2026 - 10:23

...jy sal meer inligting moet gee, om my nuuskierigheid te bevredig!!!

Watter model het jy gekoop, 

1] 2l met 110 of 125kW masjien

2] 4x2 of 4Motion

3] die Life, Style, Pan Americana of Aventura ???

4] tipe ratkas, 6 of 10 ratte vorentoe

Gelukkig het jy die hele naweek om dik boek te bestudeer. Jy gaan omtrent moet van vooraf leer om met daai wa 'n woonwa te sleep. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/11/2026 - 19:38

Dit lyk vir my of die gebruiklike naweekstilte sommer vroeg aangebreek het.

Ek het gehoop ou Goeie hout vergas ons met Amarok fotos en spesifikasies. 

Ons kry warm in Brits. Vanmiddag so 17h00 was dit nog 37C onder my afdak. Die huis koel net nie af nie. 

As julle niks vêrder van my hoor nie, is dit omdat ek soos slap roomys op die koue vloer lê.

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus