Forums
Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.





Haelstorm in Brits
Ek kry ewe vanmiddag 'n sms van Santam, waarsku my om voertuie onderdak te kry. Seg so ewe, nie YR of accuweather voorspel lelike weer nie.
Mensig, so 17h15 breek hier 'n haelstorm los. Gelukkig fyn hael, maar seker vir 'n kwartier aanmekaar met wind.
Ek het geen skade nie, maar ek moes 3 breke op die elektriese heining regmaak. Die hael slaan die "tensioners" stukkend, drade verslap en kortsluit die stelsel.