Almal weet seker van die ernstige droogte in die Kaap wat nou tot gevolg het dat huishouding vanaf 1 Februarie met 50 liter water per 24 uur per persoon moet klaarkom. Vir 'n basies huishouding van 4 persone kom dit neer op 6kl (6000 liter per maand) ! Gaan kyk gerus hoeveel is jou gesin se waterverbruik in 'n maand. Voor die waterkrisis was ons gebruik ongeveer 20kl per maand, wat tuin-besproeïng, swembad optop en karrewas ingesluit het - aksies wat nou al vir 'n geruime tyd taboe is.
Dink daaraan, een toiletspoel dreineer 9 liter water en een stort dreineer minimum 20 liter water. Ons 25 jaar oue SpeedQueen wasmasjien (wat net nie die gees wil gee nie) verorber 200 liter water met een was. (Ons stapel dus maar deesdae die wasgoed op en prop hierdie groot masjien vol om die was lonend te maak. Tydens die wassessie skakel ek die munisipale watertoevoer na die huis af en skakel dit oor na my reënwatertenk. Maar dit reën net effens en sporadies in die somer in die Kaap en dis angswekkend om te sien hoe daal die beskikbare reënwater in jou tenk. Skottelgoedwasmasjiene gebruik verbasend min water en dit word aanbeveel om eerder skottelgoed in so 'n tjok-en-blok vol masjien te was as om kort-kort met die hand te was. Kapenaars hou nou netsoos boere die weervoorspellings, die wolke en die windrigtings dop vir 'n bietjie reën. Die suid-oos waai ons reën weg maar die noordwes bring vir ons reën. Gister was Tafelberg met 'n wolkkombers bedek wat veroorsaak word deur 'n sterk suidooste wind en vanoggend blaas die blêddie ding nog.
Dis tog opvallend hoe innoverend die meerderheid besorgde Kapenaars hierdie krisis hanteer. Oral ry trokke en bakkies met water in tenks rond om water af te lewer - dis glo onwettig om water te verkoop nou vra die ouens maar vervoer- en afleweringskoste vir "gratis" water afgelewer ! Op dié manier besproei mense hulle tuine en top swembaddens op en kry karwasplekke darem water om hulle besigheid aan die gang te hou. Daar is amper nie 'n winkelsentrum (en selfs kleiner sentrumpies) waar "reverse osmoses" water winkeltjies opgeskied het nie. Ons koop ons drinkwater ook daar in ons eie 5 literkanne wat hulle teen R1 per liter vir jou vul. Ons huishouding verbruik 35 liter per week vir drinkwater. As jy by een van hierdie winkeltjies opdaag, kan jy seker wees jy gaan vir 'n rukkie in 'n tou staan om jou beurt af te wag.
Reënwatertenks is so skaars soos hoendertande om te koop. Veral oor naweke sien jy bakkies, sleepwaens en selfs op motordakke tenks vasgemaak om iewers te gaan installeer. Ek het 'n 2200 liter tenk maar is nog opsoek na 'n tweede een.
Gryswater (stort, handewasbak en wasmasjien water) is ideaal (maar dikwels moeilik) om te versamel om toilette mee te spoel. Hier is die mense ook baie innoverend. Baie mense plaas 'n groot kom in die stort en staan dan daarbinne om te stort, maar tog gaan heelwat stortwater verlore. Die kom word dan in die bad leegemaak en dan vandaar word die toilette gespoel met 'n emmertjie. Omdat die gryswater badkamerpype meestal laag op die grond na buite kom, is dit nogal moeilik om dit vandaar in tenks te laat uitloop. Ek sie nou die dag 'n ou het juis sou 'n afleipyp wat feitelik op die grond uitkom, afgesny en na 'n plat kom herlei. In die kom het hy 'n klein dompelpompie en pomp dan die water met 'n kort tuinslang deur die venster terug in die bad en vandaar met 'n emmertjie om die toilette te spoel. By huise wat op skuins erwe gebou is, is die afleipype hoër wat dan die plasing van 'n tenk moontlik maak om gryswater op te vang. Gekoppel aan 'n pomp met kunsmis in die tenk opgelos, het ek gesien hoe 'n ou sy grasperk (een van bitter min in die Kaap) grasgroen hou.
Weervoorspellings gee ons 'n 90% kans vir reënbuie Maandag, Dinsdag en Woensdag - ongelukkig nie vir damme nie, maar gaan darem help vir ons ouens wat oorlewings-reënwater in ons tenks oes. Wanneer Dag Zero hier teen die einde van April opdaag, is ek dankbaar ek vertrek vir 'n maand noorde toe met vakansie en hoop en vertrou dat met my terugkeer, het die hemele geopen en die waterkrises is verlig.
Die rede vir my lang relaas, al woon jy nie in die Kaap nie, sorg dat jy en jou kinders "water wise" raak en bespaar elke druppel water waar jy kan en veral, begin reënwater in tenks oes - dis verstommend hoeveel reënwater in ons dakgeute net verlore gaan.
Ek hoop hierdie onderwerp gaan lekker druk bespreek word op Kampforum, veral met nog innoverende gedagtes om water te bespaar.
PS. ek dink hierdie…
PS. ek dink hierdie onderwerp moet na die Humanitêr en omgewing forum geskuif word. Daar is mos niks kontroversieel aan hierdie onderwerp nie?
More oom Len, ek ken…
More oom Len, ek ken Kaapstad nie baie goed nie, kan op my een hand tel hoeveel keer ek al daar was. Word die mense op boorgat water ook beperk en is daar boorgate daar rond. Miskien kan die wat boorgate het met ander deel?
Miskien kan die wat boorgate…
Miskien kan die wat boorgate het met ander deel?
Goeie more Gesie ![]()
![]()
soos ek verstaan kan daar amper nie bygehou word met die aanbring van nuwe boorgate in die weskaap nie?
More more oom Voorrie, dit…
More more oom Voorrie, dit sal darem help glo ek, my een tjom boer daar naby Reivilo en het boor lorrie, dink hy sou nou 'n killing daar rond kon maak. Dink oom Len bly in kompleks of meenthuis, iets soortgelyk dink ek.
Alhoewel dit in so n geval dalk moeilik kan wees om vir n boorgat te boor, behoort hulle as 'n body corporate 'n gesamentlike plan te kan maak.
Ek het ook reeds planne om…
Ek het ook reeds planne om te verseker dat die water verbruik hier ook moet begin daal. Van die gras om die swembad moet geplavei word (kort net die R c) dan wil ek ook so twee of wat groot water tenks opsit om die reën water te oes.
Werklike...
Gesie, werklike boorgate was maar al die jare in die Kaapstad munisipale area baie skaars. Hier is heelwat "well points", dit is maar 'n heelwat dunner gat wat met water ingeblaas word omdat die grondwater redelik vlak is. Dit is net suksesvol waar die grond sag is en nie klei of rots bevat nie. Maar boorgate word nou oral gesink en die waglyste is maande lank se wag en baie duur, minimum R100 000. Die Stad Kaapstad boor op baie grootskaal en boormasjiene van oor die hele land stroom hiernatoe. Elke boorgat moet by die munisipaliteit geregistreer word en die gebruikbeperkings (behalwe die volume-beperkings) is ook op boorgateienaars van toepassing.
Ek is bewus van ouens wat boorgate het wat met hulle bure deel, maar die water self mag nie verkoop word nie. Die bure kom gewoonlik ooreen om te help met elektrisiteit wat die pomp gebruik en verdeel dan ook die instandhouding van die pomp. Pype, krane en koppelinge word natuurlik deur die bevoordeelde buurman betaal.
Dankie oom Len, ek vermoed…
Dankie oom Len, ek vermoed dat al kry jul daar goeie reen, dit nie iets is wat weg gaan, gaan nie. Die water besparing sal n leefwyse moet word.
So vir interesantheid, die gesie het mos al vertel dat ons n twee slaapkamer in n kompleks gekoop het. Ons water rekening rekening is so tussen R70 na R100 n maand. Weet nou nie hoeveel eenhede dit is nie, laptop le by die werk en kry mos alles elektronies deesdae.
Oom Wilsur, ek dink nou aan…
Oom Wilsur, ek dink nou aan wat oom skryf dat die gras om die swembad gepavlei moet word.
Is dit dan nie eintlik n goeie plek om gras te he, so rondom die swembad. Soos die mense en honde speel in die water word die gras dan lekker nat in die somer?
Ek het gelees dat daar…
Ek het gelees dat daar tussen 10 en 20 mm reen vir Noord- en Wes kaap voorspel word. Is baie dankbaar daaroor, die Skuureiland gaan glo nie reen kry nie, en dat die grond vog baie laag is, maar die bewolkte toestande sal vootkom dat die grond so vinnig weer uit droog.
Hier by ons in die binneland kort ons ook weer dringend op volg reen, die erge hitte golf droog alles uit. My plante vrek op strepe, en water oryse is astranomies.
Ons bid vir die hele droogte geteisterde gebied, ek suen dat PE ook 'n dag zero in due gesig staar.
Ja sterkte
Besef net weer dat water opgepas moet word en minder mors sterkte vir almal
Watertekort
Hierdie waterkrisis in die Kaap, en ook by ons in PE, is darem 'n groot bekommernis. Ek kyk elke dag na die weervoorspellings en dit is baie neerdrukkend om te sien hoe ander dele in die land reën gaan kry en niks by ons nie. Ek begin al dink, wat as dit nooit weer by ons reën nie? As iets is die natuur so verander het dat reën net eenvoudig nie hier gaan val nie? Want dit is hoe dit al voel op die oomblik. Asof die deel van Suid Afrika nou in 'n woestyn verander het?
Onthou net dat boorgate ook…
Onthou net dat boorgate ook opdroog veral as daar te veel water gepomp word. As almal begin boorgate sink gaan die water tafel daal en sal dieper geboor moet word wat die koste gaan verhoog. Dan ook as die water tafel daal kan dit grond verskuiwings en ander probleme veroorsaak.
Ek glo dat ontsouting n meer permanente oplossing sal wees. Dit moes net lankal begin het.
Ons het nou al twee weke 'n…
Ons het nou al twee weke 'n erge hitte golf, en het 4mm reen in die tyd gehad. Ons damme is relatief "vol", maar Tswane munisipaliteit het ook nou bekend gemaak dat hulle sal water moet begin spaar, of beperkings gaan in gestel word.
Ek het nou op gehou om my gras nat te maak, R3000 net vir water per maand is net te veel. Ek hou het die blom beddings aan die gang, of dit wat oor is van die intense hitte.
Vannaand voel dit effens meer leefbaar, so ligte windjie wat darem amper af koel.
Ja soos Deon seg, as die water tafel val van al die boorgate wat gebruik word, het Kaapstad baie groter probleme.
Ons het verlede jaar ook op boorgate 'n algehele verbod gehad.
Maar as boorgate slegs vir noodsaaklikhede gebruik kon word, sou dit heelwat anders gewees het.
Met die Kaapse water…
Met die Kaapse water probleme het ek self al begin kyk na ons waterverbruik en ek glo ook mens moet spaar as jy kan.
Ek het ook `n boorgat en het voorheen nooit aan spaar gedink nie en het soms die pomp "aan vergeet" terwyl die grasperke besproei word (Wie wil dan nie `n mooi groen grasperk hê nie.
Ek het ook soos Willem gemaak en dele gras met pleveisel vervang en `n seil vir die swembad om verdamping te beperk. Ek het ook `n watertenk en gebruik slegs so een week `n maand munisipale water en die res dan water uit my tenk wat deur die boorgat volgehou word. Ek moet dit doen want sodra jy geen munisipale water verbruik nie dink hulle jy steel water en word jy besoek om ondersoek in te stel. Maak nie saak hoeveel keer jy verduidelik nie dit gebeur keer op keer.
Dieselfde geld vir my krag want my hele huis werk met solar en ek gebruik slegs munisipale krag in my werkswinkel (Kraghonger masjienerie) as jy geen krag verbruik nie word jy ondersoek ens ens ens
Ek deel ook my boorgatwater met 2 van die bure en verskaf aan elkeen `n waterbeurt van 2 ure per week om te gebruik.
Groentetuin word besproei met drupbesproeiing wat meer effektief is en beter is vir die plante (Minder peste en plae swamme ens)
My simpatie aan die mense van die Kaap maar terselfdertyd is dit`n waarskuwing aan ons ander wat ons wys wat kan met ons gebeur as ons nie die gawe van water kan waardeer nie.
Groetnis
Vandat..........
Vandat ek hierdie draad begin het, het dit nog nie 'n druppel gereën nie. Vanoggend se Rapport dra 'n hoofberig dat die res van Suid-Afrika in komende jare in dieselfde posisie gaan wees en almal in die land, nie net ons in die Kaap nie, moet ernstig begin om water besparingsmaatreëls in te stel.
In ons huis het ek nou al vir geruime tyd ons toilette se stopkrane toegedraai. Ek vul die houer tenk met gryswater wat afkomstig is van veral ons wasmasjien se spoel water. Een weeklikse groot bondel wasgoed lewer 170 liter water. Dit verteenwoordig omtrent 28 toilet-spoele. Ek het nou ook die interessante ontdekking gemaak dat lugverkoelers (ons he twee) lewer na 3 ure se verkoeling omtrent 5 liter water. Selfs dit word nou ook in emmertjies opgevang en 5 liter is genoeg om 'n toilet redelik te spoel.
'n Teleurstelling wat ek ook gister ontdek het, is dat ons nou al vir geruime tyd drinkwater koop by 'n "reverse osmosis" winkel teen R1 per liter en dat hierdie water nie juis gesond is as drinkwater nie. Die proses vernietig belangrike minerale (onder andere kalsium en magnesium) uit die water uit wat allerhande mediese kwale tot gevolg kan hê. Verder ook het die Stad Kaapstad toegeslaan op hierdie winkels want hulle gebruik munisipale water vir hulle proses en dit help dan ook nie waterbesparing nie. Ons het "reverse osmosis" water begin koop omdat die munisipale water hier by ons in Brackenfell 'n onaangename reuk het en dit het ook 'n slymerige afsaksel. Ons gebruik dus die RO water as drinkwater, om mee te kook en tee/koffie te maak.
Ai, die probleem is groter as net die droogte. Al reën dit nou lekker daarbo in die noorde, my aanbeveling is (amper my pleit) begin planne beraam om reënwater wat net in die straat wegspoel, te oes en gebruik dit eerder vir alledaagse gebruik en bespaar dus die beskikbare munisipale water.
Len, ek sien daar is iemand…
Len, ek sien daar is iemand wat 'n video clip van 'n rivier gemaak het, hy beweer dat daar 'n dam naby Kaapstad is waarvan die water reguit see toe loop.?
Ek kan ongelukkig nie die plek, of rivier, of dam se naam onthou nie. Ai tog.
Daar is ook op Maroela Media beswaar gemaak teen taxis wat hul voertuie was en die water loop in die straat af.
Om terug tot die punt te kom, ek is besig om te kyk na tenks om reenwater te oes, maar wil nie net koop nie, my niggie se man het twee 3000L tenks op hul erf, hy sê mens moet liewer by die "beter" name hou. Sy een buurman het glo 'n tenk verloor wat maar half vol was. (Die tenk het oop gebars)
Hier in.................
Hier in die Kaap is veral drie fabrikante van watertenks wat baie populêr is, naamlik Nel Tanks, Eco Tanks en JoJo Tanks. Aldrie hierdie vervaardigers versprei al jare tenks aan veral die boerdery gemeenskap en dra 'n 10 jaar waarborg.
Soos ek dit het.............
"..........ek sien daar is iemand wat 'n video clip van 'n rivier gemaak het, hy beweer dat daar 'n dam naby Kaapstad is waarvan die water reguit see toe loop.? ................."
Johann, soos ek dit het loop die meerderheid riviere in die wêreld maar iewers in die see uit, maar ek is nie bewus van so 'n rivier hier in Kaapstad se omgewing waar bruikbare water sommer net in die see loop sonder dat dit nie hoër-op in 'n dam afgekeer is nie. Ek verstaan nie hoe 'n dam (wat juis reën- en rivierwater keer) sommer in die see uitloop nie - dan moet die dam mos lek of oorloop van te veel water ! Ek is oortruig daarvan Kapenaars (en veral boere) sou lankal alarm daarvan gemaak het.





En hier verwag ek nou 'n…
En hier verwag ek nou 'n lekker kampverwante storie van Len af ..

..nie dat ek omgee om oor water en besparing daarvan in SA en oor die algemeen te gesels en leer nie, inteendeel, ek glo dit is die belangrikste onderwerp waaroor op hierdie stadium gepraat moet word.
Dankie Len! Daar kan nie genoeg bewusmaking wees nie en hoe meer hieroor gepraat word, en voorbeelde soos hierbo genoem word, hoe meer sal ons andere ook hopelik met tyd waterbesparing idees implimenteer.