6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -3 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago

Garmin Nuvi vs Tracks

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ek het 'n Garmin Nuvi, nie seker wat se reeks dit is nie, my vraag is.

Kan ek Track 4 Africa daarop instaleer, weet iemand dalk.

Pretoria - Oos

Andre Smit

Fri, 09/02/2018 - 09:21

Hi Johan,

Ek het 'n stokou Nuvi 200 (10 Jaar ten minste) en Tracks 4 Africa werk op hom, so ek kan geen rede sien hoekom dit nie op nuwer GARMIN weergawes sal werk  nie.

Ek het beide Tracks 4 Africa en die gewone GARMAP  kaarte op en gebruik die T4A in die wille Krugertuin want ek verbeel my hy het meer van die paadjies op as die Garmap.

Ek verander net die kaart stelsel wat ek gebruik in sy menu en daar gaat ons.

Ek verbeel my andersom dat T4A weer minder detail in die stedelike kaarte het.

Miskien is ek net te onnosel om al die T4A funksionaliteite in die stedelike gebiede te gebruik.

Sterkte

 

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 09/02/2018 - 09:48

ek het 'n ou 20233, met fm transmitter / receiver.  Sy battery is morsdood.  ek wonder of mens updated kaarte vir hulle kan kry?  Weet iemand?  Wonder of battery vervang kan word.  Beste is seker om Garmin te kontak, maar ek is seker toe ek 2 jaar gelede daar was saam met my Pa (vir sy nuwe een)  het hulle vir my gese my eenheid is baie oud en nuwe kaarte nie meer beskikbaar vir hulle nie -  klink soos bollie -  kan dit moontlik wees?

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 09/02/2018 - 14:03

Baie dankie  Andre,  ek gaan die naweek so bietjie rondspeel, en kyk of ek die Tracks 4 Africa kan af laai.

Dankie?

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 09/02/2018 - 14:09

My Garmin is so 5 jaar oud, ek het verlede week, toe ek dit aan skakel, 'n boodskap op die skerm gekry wat sê dat die "map is outdated, please connect ..."

Dit het ek toe gedoen en ge-upgrade.

Ek sal  graag die Tracks 4 Africa wil op sit, die Garmin frustreur my soms.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 03/01/2024 - 16:34

Middag vriende

Ek het 'n Garmin Drive assist 51, en dit lyk of sy pappery moeg is. Dit werk perfek solank daar krag op is, maar sodra jy uitprop, gaan dit gou dood.

Bel so bietjie rond, en dit blyk dat Garmin omtrent enigste katoeter oor is in land. Tom tom is ook land uit.

Daar was plekke "Nav world" wat die Garmins in die verlede kon diens en regmaak, maar nou het Garmin 'n stokkie daarvoor gesteek. Alle herstelwerk word nou deur Garmin in byvoorbeeld Rosebank Johannesburg gedoen.

Wat gebruik julle ouens terwyl julle reis?

Kan mens sonder bekommernis 'n Garmin gebruik as sy battery nie meer lading hou nie? Wat is risiko vir "ontplof", letterlik in jou gesig.

 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 04/01/2024 - 07:32

Ons Garmin vrek ook gou as dit nie ingeprop is nie. Ek hou dit nog altyd ingeprop en het nog nooit probleme ervaar nie. 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 04/01/2024 - 07:38

Môre Wessel, my Garmin is net op "laai" terwyl ek ry, (dan laai dit nie werklik nie want dit gebruik die laaier om te "werk"). Sy batery vat net laai as jy die aan/af skakel knoppie druk om dit af te skakel, maar op 'n laaier hou.

Wat ek wel doen as ek die gedoente wil op gradeer, is om dit sommer op 'n batery in my toolshed te laai vir so uur of wat, dan laai dit voldoende om te hou vir die opgradering.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/01/2024 - 07:52

Chris: dankie vir die gerusstelling dat jy geen probleme ervaar nie.

Johann: ek gaan daai raad volg omtrent die laai prosedure. Ek haal alles af sodra ek by huiskom. Dalk moet ek ook terug huis toe dit afskakel en ingeprop hou. Ek behoort darem my huis van enige hoofroete af, te krylaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/01/2024 - 09:19

Môre vriende

My handleiding gee baie gebrekkige info. Nou moet ek maar hier my oningeligte vrae, vra;

1] myne vertoon 'n afstand na 'n plek, sommer as ek begin ry. Ek aanvaar dis die afstand volgens die nuutste kaart in sy geheue.  soos die roete effe wysig, omdat ek ander paaie neem, verander daardie afstand. Reg of verkeerd??

2] Hoe maak ek om werklike [gemete] veranderde afstand afgelê, uit 'n Garmin te bekom. 

3] As veranderde afstand bloot afhang van die verandering in sateliet posisie, gaan dit mos nul wees, as ek in sirkel van 100km weer by vertrekpunt stilhou. In die geval is;

veranderde afstand =0, maar afstand afgelê =100km.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 04/01/2024 - 12:32

Verstaan nie heeltemal nie Wessel. My Garmin het n Track logg funksie wat jy kan clear voordat jy begin ry. Dit sal die hele roete gery se afstand logg. So ń sirkel van 100km op pad na bestemming sal bygevoeg word.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/01/2024 - 13:00

...vir daai "Track Log" funksie. 

dit is dalk waarna Chris S verwys as hy praat van GPS-gemete afstand.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 04/01/2024 - 15:17

Soek onder "tools" Wessel, icon is ń spannertjie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/01/2024 - 16:28

Middag Herman

Baie dankie, die "spanner" soektog het gehelp. ek kry toe so die tekentjie, en daaronder weer 'n "ritdata" keuse. Dit het ek aangeskakel, en nou vertoon dit afstand, bewegende tyd en bewegende afstand.

Nou het ek 'n goeie rede om gou slaghuis en drankwinkel toe te ry.laugh 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/01/2024 - 17:49

....drankwinkel toe ry/toets. Koop ek 'n Ranger het ek 'n GPS, maar die "speedo" is verkeerd, totdat ek lorriebande opsit.devil

Goed om van jou te hoor, het jy vakansie gehou, of gewerk.

0
Irene

Grootwind

Thu, 04/01/2024 - 19:58

Mag dalk nuus wees...maar meeste voertuie se speedo is doelbewus gekalibreer om (tipies 10%) optimisties te wees. Verseker dat daar geen eise is deur eienaars wat beweer dis die vervaardigere se skuld dat hulle spoed boetes kry! 

Wat my relatiewe stilte aanbetref, ek gaan nooit weg met vakansie die tyd van die jaar nie...geniet eerder die stil paaie in GP. Terselfdertyd is dit my tyd vir uitstaande huis onderhoud, juis vandag die Wendy huisie se dak geverf, lyk alte fraai! More is dit alle buitedeure se beurt...ek het 'n ou huis wat in 1950 gebou was met iets soos 7 Meranti buitedeure. Hulle kan doen met so bietjie Woodoc, dan doen ek ook bietjie navorsing as deel van 'n komende wetenskaplike artikel of twee. Begin egter weer op 15 Januarie met bietjie konsultasie en nuwe klomp nagraadse studente, ons vakansietyd is Junie/Julie. Laat nie juis veel tyd vir leeglê op die Forum nie....sê juis nou die dag vir vroulief dat ek besiger as ooit is, en dan noem hulle dit aftrede! Maar ek verkies dit so.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 04/01/2024 - 20:11

Noudat ek die jakkals in die hoenderhok losgelaat het aangaande die onakkuraatheid van voertuie se spoedmeters is dit GPS se beurt. Dit blyk dat nie alle GPS toestelle kompenseer vir op- en afdraendes nie. Dit meet op ‘n aanhoudende basis die verskil in afstand en tyd tussen twee horisontale punte, maar neem nie noodwendig die hoogteverskil in ag nie. Dus meet dit te kort. Sodoende kan selfs ‘n GPS verkeerd die afstand (en spoed) meet…

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 04/01/2024 - 21:06

Weet nie van al die  GPS toestelle nie. Garmin sal deurentyd n opdatering van hoogte bo seevlak gee.  Ek het die funksie gebruik om besproeing te doen, en het goed gewerk. Sovêr ek versaan is siviele gps sowat binne 10m akkuraat ?? X en Y. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/01/2024 - 05:34

Môre Chris en ander mede lesers

Ek het ook op internet gelees dat sommige toestelle se afstand ook verkeerd kan wees omrede dit nie die kronkels [draaie] in die roete tussen A en B korrek in berekening neem nie. 

Dalk moet Chris, soos voorgestel die afstand meet wanneer hy huistoe gaan. Dan kan hy kaart-afstand, GPS gemete afstand en Ranger afstand vergelyk.

Afstande wat kaarte bied, is dit korrek gemeet met die outydse wieletjie metode, of is dit GPS bepaalde waardes??

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/01/2024 - 06:05

....na aanleiding van jou inset gister;

Ek glo die doelbewuste verkeerde speedo kalibrasie, maar kan dit wees dat die gemete afstand wel steeds korrek is.

Die maklikste toets is seker maar om 'n afgemerkte gemete afstand op 'n oop pad te vind en met voertuig te meet.

In my jongdae het mens by dorpe sulke afgemerkte kilometer afstand stukke gekry. 

Tog interressant, al die geklets net om brandstofverbruik "korrek te bereken. Soos die engelse sê---"curiosty feeds the cat"

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus