Ek het 'n Garmin Nuvi, nie seker wat se reeks dit is nie, my vraag is.
Kan ek Track 4 Africa daarop instaleer, weet iemand dalk.
Die inligting rondom…
Die inligting rondom akkuraatheid binne 5 m beteken sekerlik dat dit moontlik die langste stukkie " reguit" pad wat die gps sal meet om ń draai. Maw die draai word moontlik in 5m reguit stukkies opgedeel??
Die afgemerkte kilometer merke wat jy van praat Wessel. In my maraton dae, het ons wedlope se roetes gemeet met n Jones apparaat wat op n fiets se wiel vaskom, en dan kalibreer jy dit op die afgemerkte kilometer. Met die plaas jy ook dan die kilometer merke langs jou roete, en die totale afstand van bv 42,2km vir n maraton word internasionaal gesien as akkuraat en rekords kan aangeteken word.
Jy sal sien by groot wedlope, is daar n lyn op pad wat presies die roete aandui, soos gemeet. Veral om draaie. So soek n wedlooproete in jou omgewing sit die gps track log aan. Trip die kar se meter. En ry dit. Dit kan interessant wees om resultaat te sien.
Dit is regtig die eerste…
Dit is regtig die eerste keer wat ek die borde verstaan Hennie!! Altyd gewonder.
Ek kyk altyd uit vir hierdie tipe borde of sement merkers. Dit is baie noodsaaklike inligting vir noodpersoneel.
Soos die gesegde sê, nooit te oud om te leer.
Ook gelees van die kronkels
Ek het ook gelees dat ‘n kronkelende pad GPS akkuraatheid kan beïnvloed. Oom Neef, die GPS gee die hoogte bo seespieel, maar bring dit die langer afstand tussen twee punte weens op- en afdraendes in berekening?
Ek sal die oefening doen oppad huis toe en vergelyk tussen GPS gemeet, Ranger gemeet, Google Maps en ou kaartboek en terug rapporteer.
GPS akkuraatheid tot binne 5m
Na aanleiding van Oom Neef wat gesê het GPS is akkuraat tot binne 5m. Dit is korrek, maar die akkuraatheid verwys na hoe naby aan jou werklike lengte- en breedtegraad posisie ‘n GPS toestel kan meet. Dit beteken nie dit meet afstand so akkuraat nie, vanwee faktore soos draaie en hoogteverskille soos genoem voorheen. Hier is ‘n kort artikel wat verduidelik presies hoe die GPS stelsel werk, en onder ‘n uittreksel daaruit ivm akkuraatheid.

Herman, Jan
Ek sal vir Jan moet vra waar hy al oral gehardloop het.
As Jan al 20 Comrades agter sy naam het, het hy dalk al die hele land plat gehardloop.
Ek het ook so 'n vriend gehad, met 15+ comrades medaljes. Hy het wonder bo wonder, andersins ook heel normaal opgetree. ![]()
Ag nee man !.................
...............dis 'n kamp/vakansie forum hierdie en julle kan net nie uit die klaskamer wegbly nie. "Get a life man !"
Toegegee, dis ook nie 'n hospitaal-forum nie en ouens moet hulle siektes liewers elders gaan bespreek.
Op die foto hieronder kamp ons in die tagtiger jare met my splinternuwe Tyota Cressida en Gypsey 2 in Shingwedzi. En ons het daar uitgekom sonder 'n GPS en allerhande kop-brekende inligting, sonder om te verdwaal en sonder inligting wat 'n mens in die nag wakker hou of jy nou binne of buite jou verwagtinge is.
Ai, die lewe is 'n lied !

Ek kyk nou na daai…
Ek kyk nou na daai nommerplaat. Ek het 'n Ford Escort 1600 Sport gehad met registrasie nommer CRH692T. Toe ook geskenk aan behoeftiges 1985![]()
Ag nee oubaas...
....hoe raas jy nou so vroeg in die jaar met ons!!!! Dit kan mos nie geduld word nie.
As die lede meer wil kampeer en verslag doen, hoef ons nie klas te gee op die forum nie.
Ek kon ook nog nooit die Krugerwildtuin se parke misry sonder 'n GPS nie. Tog 'n handige stukkie gereedskap om deur moeilike dorpe, soos Pofadder te navigeer.![]()
CYF 969 T
Terwyl die draad nou meer vars inligting het nie, en Len ou fotos plaas van nuwe Cessidas, en Hennie praat van sy Ford Escort 1600 sport. Onthou ek die registrasie nommer van my eerste uit die boks kar gekoop. CYF 969 T Mazda Capella, so witte met n rooi en blou strepie teen die kant af, blink aluminium maggs, spoiler voor en so louvre oor die agter ruit.
Ek dink die Mazda het vir Vonnie gevang ![]()
Ek dink die Mazda het vir…
Ek dink die Mazda het vir Vonnie gevang
En daar twyfel jy in jouself.
GPS akkuraatheid is nie…
GPS akkuraatheid is nie altyd dieselfde nie. Afhangende van die hoeveelheid satelliete wat jou ontvanger "sien" varieer dit, Hoe meer satelliete hoe beter die akkuraatheid. In die ou dae was daar ook 'n gewone en 'n militêre kanaal. Lg. slegs beskikbaar vir NAVO en die VSA (en lande wat vireindelik teenoor hulle was...). Die mil kanaal is akkuraat tot sowat <1cm. Die res van ons kan slegs sowat 10m of so akkuraat posisie bepaal (in praktyk sou ek dink sowat 100m)..hou ook in gedagte dat die VSA volle beheer het oor die gebruik van die stelsel, maw hulle kan sekere lande afsny indien hulle as 'n bedreiging beskou word (insluitende die kommersiële kanale). In tussentyd het die Russe hulle eie weergawe ontwikkel (GLONASS) asook die Sjinese (BEIDOU) en Indië (IRNSS) -maar die Amerikaanse GPS bly loshande die mees gesofistikeerde. Die fokus by die Russe en die Chinese is hoofsaaklik militêr. Wat die vraag rondom hellings aanbetref, is die kort antwoord dat die stelsel nie die helling in ag neem by die berekening van afstand nie (bv. Google Maps is basies 'n 2-d stelsel en nie 'n 3-d ene nie). Die lang antwoord is "dit hang af", van die sofistikasie van jou stelsel (wonderlik wat mens kan doen as mens genoeg data bekikbaar het asook die regte algoritmes! - alles is moontlik as mens die prys kan betaal).
Voordat ek aangespreek word dat die lede nie in 'n klaskamer wil sit nie, en dat ek nie 'n "life" het nie laat ek dit eerder daar...
Grootwind...
...net toe ek begin oplet, breek jy my aandagspan en loop uit die klaskamer.
Niemand het 'n koffieklas gereël nie.![]()
Hello Grootwind. Soos Wessel…
Hello Grootwind. Soos Wessel sê, net toe ek begin lekker lees.... Die berekening van afstand in 2d verstaan ek.
Maw, as jy n roete inpons van a na b sal die afstand in reguit lyn bereken word, en so op jou skerm lees. Maar die fisiese afstand afgelê tydens die rit sal in die track log nie daarmee ooreenstem nie omrede die undulations van die pad heeltyd in berekening gebring word. ???
Ek gebruik Cape Farm Mapper om koördinate van landmetersbakens te kry. Die sit ek op die Garmin, en dit is werklik baie akkuraat om op te spoor. Ek bet ook al lang heinings gespan bo- oor koppies deur lynpunte in te sit, deur die beplande roete van begin tot eindpunt te kruis elke 30m. Werk 100.
GPS vs Ranger vs Google Maps
Volgens die Garmin was dit 305km
Volgens die Ranger was dit 294,6km
Volgens Google Maps moes dit 309km gewees het.
Dit gooi die teorie dat GPS nie die volle afstand meet weens op- en af en heen- en weer nie by die venster uit. Natuurlik sou dit anders gelyk het as my Ranger standaard bande opgehad het. Dan sou ek “verder” gery het vandag. Ek het terloops gister met ‘n vriend gepraat wat ook 70 profiel bande op sy Ranger gesit het en sy spoedmeter is ook nou akkuraat. En ons bakkies tel nou minder km op…

Chris S
Dankie vir die afstand-meet eksperiment, dis baie insiggewend.
1] Die afstand van 309km van Google maps, is dit vanaf rekenaar/internet se google maps, of soos bekom voorspel] vanaf kaart in jou Garmin katoeter.?
2] die afstand van 305km is soos "gemeet" met die Garmin.
By die 1ste geleentheid wat ek gaan kry, om 'n afstand van >200km te ry, gaan ek ook die oefening doen.
Ek kan saamleef met 'n foutjie van 4km op 305km, vir die doel om brandstofverbruik te bereken.
Na aanleiding van Grootwind se inset rakende posisie akkuraatheid, kyk ek met hernude aandag na die bombarderings in Gasa strook.
GPS en Gaza
Een van my vorige lewens was in die wapenbedryf, 10 jaar in missiele & lugafweer en 8 jaar in pantser voertuig besigheid. Uiteraard is akkuraatheid altyd 'n belangrike parameter. Maar onthou dat 'n hoogs akkurate wapen soos 'n bom of missiel 'n punt teiken akkuraat tref maar vir die doeleindes van die oefining is dei belangrike parameter iets wat bekend staan as "Circular Error Probability", of dan "CEP", maw die gebied rondom die trefpunt wat geraak word (skrapnel). 'n Voorbeeld word hieronder gegee (CM is kruismissiel), wat saak maak is die grootte van die loonvrag (in kg) en nie die platform wat die loonvrag dra nie, die prentjie wys dat selfs 'n redelike klein plofkop van sowat 500 kg skade aanrig binne 'n radius van +1km....dus wat 'n digbevolkte Gaza aanbetref moet mens verwag dat baie mense nie sal oorleef tydens 'n Israeliese lugaanval nie...sg. presisie wapentuig rig minder willekeurige skade aan maar daar is steeds wesentlike kollatorale skade....dis wat mens tans sien in Gaza (waar ek raai nie alle wapentuig noodwendig presisie geleiding het nie... daar is steeds baie "dom" stelsels, bv artillerie wat sodra die projektiel die loop verlaat dit in wese dom is.

(Bron: https://missiledefensead…)
Natuurlik is daar 'n etiese kant ook. Niemand hou van wat die gewone bevolking in Gaza tans verduur nie, maar aan die ander kant verstaan mens ook waarom die Israelies Hamas ten volle wil uitroei...ander gesprek vir 'n ander dag
Einde van die klas, toets sal more oggend geskryf word!
Grootwind...
dankie vir die interressante info.
Hierdie student gaan 'n koffieklas trek, of bank. Ek het gehoor jy merk nogal streng.![]()
Iets anders.
In 1996 kry ek n gps toestel soos vir marine navigasie. Ons het n toer beplan deur die Namibiese Oostekant op te ry, en paar ander plekke tot by Kubu eiland in die Magadigadi panne.
Garmins dink ek was nog maar net hier en daar.
Kaarte was skaars, ek het toe van n destydse Encarta cd wat die hele aardbol gedek het, koordinate gekry, en roetes daarvolgens op die gps gesit. Die gps se roetes was in reguit lyne geteken, maar kon deurentheid sien of die algemene rigting van paadjies reg is. Die akkuraatheid van die koorddinate met die gps toestel wat meestal net 3 sateliete kon sien, was sowat 100 tot 200m akkuraat.
Fluit fluit, my storie is uit. O ja, Sit en wag vir ouma om klaar te shop, ons is op pad Eersterivier toe.





Op die nasionale paaie en…
Op die nasionale paaie en menigte gewone paaie is daar roete merkers wat 200m uitmekaar is, hetsy geplant of op grensdrade of sement staanders. Dit kan ook gebruik word om afstande te meet.
Bo links - Aanduiding van watse roete jy tans op is (N3)
Bo regs - Seksie op die roete (2)
Onder links - afstand kilometer jy op die roete is (51.8)
Onder regs - watse rigting jy beweeg op die roete (S)
Hierdie inligting is egter baie noodsaaklik as jy op 'n ongelukstoneel is en jy kan die inligitng vir noodpersoneel deurgee vir huld (ambulanse ens)