Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto van ablusieblok Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -2 hours ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -2 hours ago
Augrabies Kgalagadi Oktober 2026 Geert -2 hours ago
Canyon... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Augrabies - 20 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -17 hours ago

Huweliksherdenking

Centurion
Submitted by Lolla on
Forums

Happy Anniversary my love! Nou is ons al ou getroudes. Lief vir jou steeds elke dag meer. Jy moet n lekker dag he. heart

Trou dag

Centurion

Voortrekker

Fri, 16/02/2018 - 09:35

Daai was darem 'n lekker party / dag smiley​​​​​​

Dankie my skattebol! kiss Ek is lief vir jou! heart​​​​​​

...... Die ou omies en aunties hier gaan sê ons is nog op honeymoon

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 16/02/2018 - 10:02

Mmmmm, ja, baie dinge word nou vir my duidelik.   G'n wonder die Kaboutertjies verjaar albei in November nie.  Daar is baie om te vier in Februarie, maand van liefde, Valentyn, wedding anniversary.

Julle sê nie hoeveel jaar nie, maar ja, as ek so kyk na die vryery wat soms op die forum aangaan, sal ek beslis sê die honeymoon is nog nie verby nie.

Baie geluk julle tweetjies.   Ek hoop julle gaan vir ewig voel of julle nog op honeymoon is.

Spoil mekaar vandag (en vanaand) en dan kyk ons wat gebeur in November.laughyes

0
Centurion

Lolla

Fri, 16/02/2018 - 10:12

N volle 5 jaar vandag. Hehehe ek sluit myself toe in die spaarkamer die hele Februarie maand. Hehehe. Ek is baie gelukkig met ons 2 seuntjies. Baie dankie. Xxx

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 16/02/2018 - 10:17

Heng baie geluk met jul 5de herdenking, mens kan sien dis nog honeymoon?

Mag julle twee saam horing oud word.

Soos Freda sê, ons merk die kalender???

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 16/02/2018 - 12:22

Spekkies Sy se dan sy gaan haarself en Voorie die hele maand in die kamer toesluit, so hulle HET 'n kamer?

Baie geluk julle twee mag die volgende 5 jaar nog gelukiger wees!

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Fri, 16/02/2018 - 13:38

Baie geluk met die 5de!!!! 

Jinne, nou voel ek skoon half ouerig!!!! (nee Arie, nie jeukerig!) . Ons trek nou by 50ste begin Desember 2018.

Hoop julle net die mooiste jare vorentoe, om ook 50 te haal met selfde  sterretjies in die oge as wat nou daar skyn!!!

.

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 16/02/2018 - 14:59

Ai ou Gesie, daai gevangeskap kan soms nogal erg wees!

Ek beskou dit maar as liefdes diens, wie sal hul tog oor die arme goeitjies ontferm as ons dit nie doen nie?

Ek jaag vir oom Frans, ons sal April 47 wees.

Ek kan net nie verstaan nie, ek spook en spartel maar Frans bly altyd so 3 jaar voor ons, daai ou oom is maar net te goed vir my?

0
Pretoria

Slowstrike

Fri, 16/02/2018 - 15:08

Wat is die beste deel van jou trou video om te kyk.

Jy speel hom in reverse en kyk met blydskap na die deel waar jy haar vir haar pa teruggee....

Wie wil my karevaan en kampgoed erf ????

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus