6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -36 minutes ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -3 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -9 hours ago

Geriefsgoed in jou wa

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on

Daar is seker talle goed wat 'n mens in jou karavaan kan aanbring om jou wegbreek of vakansie so aangenaam as moontlik te maak.  Een daarvan wat altyd hewige vir en daarteen reaksie ontlok, is 'n TV.  My uitgangspunt is, as jy 'n behoefte daaraan het, waarom nie  -  jy is aan niks en niemand verskuldig om te motiveer hoekom jy dit wil hê nie.  Ek het nog al die jare daarteen geskop en skielik so twee jaar gelede lus gekry om wel 'n TV in die Exclusive te installeer.  Ons s'n haak aan een van drie binne-rakkies wat mooi in die rigting van die dubbelbed kyk.  So lyk dit :-

tvIn uitsonderlike gevalle (veral vir sportuitsendings) wanneer ons iets saam met vriende wil kyk, kan ons die TV in die tent plaas vir dié doel.  So lyk dit dan :-

tv

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek het ook 'n motorradio met CD-speller ingebou sodat ons in die bed kan lê en radio luister.  So lyk die installasie. (dit is iewat "off centre", maar dit is gedoen om nie spasie in die hangkas te vermors nie).

AC

 

 

 

Ons het ook besluit op 'n lugversorger.  Na deeglike navorsing het ek besluit om 'n 9000BTU eenheid op die stert te installeer met die binne-eenheid bo die dubbelbed, teen die symuur.  Die kompressor-eenheid op die stert is aan die teenoorgestelde kant waar die dubbelbed geplaas is en het die voordeel dat dit nie steurend is nie en dit het behoorlike lugsirkulasie wat effektiewe werking tot gevolg het  -  en dit neem nie spasie in die neuskas op nie.

AC

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

AC

 

 

Ek het ook 'n paar jaar gelede besluit om 'n bietjie wintie te raak toe die Exclusive se bande vervang moes word.  Ek het die wit wiele wat kort-kort geroes het, vervang met "mags".

mags

 

En toe reken ek die ouderdom stap aan en ek skaf toe PowrTouch "movers" aan wat ek op die agterwiele gemonteer het.  Wat 'n wonderlike plesier !

mover

 

Ek kry toe mos verlede jaar 'n TankBuddy by WegSleep present.  Ek moes 'n klein modifikasie doen by die water-inlaatpunt en siedaar, ek sal nie weer met 'n seeplyf met 'n leë watertenk gevang word nie !

Tbuddy

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

JOHANN L:  Baie netjies Len, stem saam, die TV is 'n redelike debat elke ou moet pak wat hy wil. Persoonlik stel ek oor die algemeen min in TV belang, dalk verander dit ook nog vorentoe want my vrou is baie lief vir TV kyk. 
Baie netjies gedoe  in.

JOHANN L: Ek wil nou nie 'n nuwe draad begin nie, dus gaan ek sommer hier by Len se gesprek aansluit.
Om op daming van water in die tent area te voorkom / weg te lei sonder om onooglike slote te grou, het ek by Makro so bedding "edging" van 9m gekry.
Die "plant" ek  nou waar water sou in loop en het nie meer daai modder probleem in tent nie.

water uit

Om die oprol en stoor maklik en netjies te maak,  het ek self plak velgro aan albei punte gesit.

water uit

0

FREDA: Ek en Colin sal nie maklik sonder 'n TV kamp nie.  Slegs as ons wildtuin toe gaan, los ons dit by die huis.  Dit is permanent in die tent want ons doen omtrent alles in die tent.  Daarom is ons lugreëling in die somer en gasverwarmer in die winter ook in die tent.  'n Elektriese kombers maak darem die bed warm in die aand.  Ons het net 'n Alko manual mover vir tye wat ons dit nodig het vir die Raven.   Vir ons opset is daar nog steeds een dingetjie wat ek het en nooit by die huis sal los nie, my Minigeza.   Ek is versot daarop en glo ek kan nie sonder dit kamp nie!  Behalwe as ons by 'n privaat ablusie staan.  Die afgelope week het drie ander kampeerders dit hier by ons vir die eerste keer gesien en besluit hul gaan dit dadelik aanskaf.

SEGEKOK:

permanent in die tent want ons doen omtrent alles in die tent.  Daarom is ons lugreëling in die somer en gasverwarmer in die winter ook in die tent.  'n Elektriese kombers maak darem die bed warm in die aand.  Ons het net 'n Alko manual mover vir tye wat ons dit nodig het vir die Raven.   Vir ons opset is daar nog steeds een dingetjie wat ek het en nooit by die huis sal los nie, my Minigeza.   Ek is versot daarop en glo ek kan nie sonder dit kamp nie!  Behalwe as ons by 'n privaat ablusie staan.  Die afgelope week het drie ander kampeerders dit hier by ons vir die eerste keer gesien en besluit hul gaan dit dadelik aanskaf.

 

Ek kamp nou al reelik lank en het ook maar so n paar goedjies wat ek graag saam neem....  maar wat is n "MINIGEZA"   dit wil vir my so amper klik soos n soort water verwarmer...  Plaas foto dat ek ook so n bietjie wiser kan wore ASB.

HARRY DU RANDT:   Elkeen kamp soos hy dit goed vind.

Ek moet net keer of Yvonne wil nog inpak.

Froggy het nog plek vir so 800kg

FREDA:

segekok het geskryf:

Freda het geskryf:

Ek en Colin sal nie maklik sonder 'n TV kamp nie.  Slegs as ons wildtuin toe gaan, los ons dit by die huis.  Dit is permanent in die tent want ons doen omtrent alles in die tent.  Daarom is ons lugreëling in die somer en gasverwarmer in die winter ook in die tent.  'n Elektriese kombers maak darem die bed warm in die aand.  Ons het net 'n Alko manual mover vir tye wat ons dit nodig het vir die Raven.   Vir ons opset is daar nog steeds een dingetjie wat ek het en nooit by die huis sal los nie, my Minigeza.   Ek is versot daarop en glo ek kan nie sonder dit kamp nie!  Behalwe as ons by 'n privaat ablusie staan.  Die afgelope week het drie ander kampeerders dit hier by ons vir die eerste keer gesien en besluit hul gaan dit dadelik aanskaf.

 

Ek kamp nou al reelik lank en het ook maar so n paar goedjies wat ek graag saam neem....  maar wat is n "MINIGEZA"   dit wil vir my so amper klik soos n soort water verwarmer...  Plaas foto dat ek ook so n bietjie wiser kan wore ASB.

Dit is 'n element in 'n tipe plastiek dop met 'n koord en elektriese prop.  Jy sit dit binne in 'n emmer water en die water begin dadelik warm word.  Nie lank nie dan kook dit.  Ek kan nie foto's plaas nie.  Gaan in op hul webtuiste www.minigezas.co.za.   Jy bestel dit direk van hulle, ek dink tans teen R370 en het al gehoor Outdoor Warehouse verkoop dit vir R495.   Ek sit my emmer water langs my opwasrak neer en lê krag aan daarheen, so ek hoef nooit warm water rond te dra nie.   Vat my woord vir dit, dit werk uitstekend.  My emmer het 'n styfpassende deksel, so die water bly lank warm. Gebruik min krag en jy kan dit in die huis ook gebruik.

SEGEKOK:  Dankie Freda. 

Ek het gaan kyk.  Ons het in die Army n sort gelyke ding gehad met n heel ander naam.   

Ek het n gas geyser in die bakkie se canopy en n 55l water tenk.Ek kan gelukkig sommer daar warm water kry. As ek die kraan oopmaak, skakel die geyser aan en ek het dadelik warm water.

TORA:

Harry Du Randt het geskryf:

Elkeen kamp soos hy dit goed vind.

Ek moet net keer of Yvonne wil nog inpak.

Froggy het nog plek vir so 800kg smile

Harry, Ek sit met presies dieselfde probleem, Ma wil alles wat sy in haar kombuis gebruik ook saam neem. Wat maak mens met 5 potte as jy net 2 op 'n slag kan gebruik. Om nie eers te praat van al die ander maatbekertjies, bakke, houers ens.

TORA: Ek glo Pa se kombuis moet gerieflik wees, daar waar hy dit verkies met net dit wat belangrik is.

TORAEn so lyk Ma se kombuis. Die induksie plaaitjie war deesdae permanent gebruik . die gasstoofie is 'n wit olifant.

TORA kombuisANDRE SMIT:

Hi Len,

Mens lewer nie kritiek as jyself nie kan verbeter nie.

Dit is duitlik dat TORA nie meer oefen nie.

Het al oorweeg om hom te pols as hy vir TORA II wil verkoop moet hy my maar in gedagte hou.

Laat ek liewer stilbly -- mens praat MET iemand nie OOR hom nie né.

ARIE:  Die een stukkie gerief waarsonder ek nooit kamp nie, is my "multitool"

Sy was, kook, stryk, hou my warm in die bed, vertroetel my, ens, ens.....

ARIE:Torra, jy mag maar!!!

Enige ou wat sulke netjiese goed kan bou, se raad oor hoeke van span toue en penne kan mens maar aanvaar, weet sommer dat hy weet waarvan hy praat.

TORA:

Andre Smit het geskryf:

Hi Len,

Mens lewer nie kritiek as jyself nie kan verbeter nie.

Dit is duitlik dat TORA nie meer oefen nie.

Het al oorweeg om hom te pols as hy vir TORA II wil verkoop moet hy my maar in gedagte hou.

Laat ek liewer stilbly -- mens praat MET iemand nie OOR hom nie né.

Ons almal probeer maar, en hoe meer jy foute maak hoe beter raak jy. Iets wat ek nastrewe is om buite die kassie te dink maar om eenvoudig te beplan. Soos TORA 2 was my doelwit so lig as moontlik, en hy moet vinning en maklik opslaan . Dis hoekom ek net 3 pen inslaan as ek oornag. Ek dink reeds daaraan om die 2 raame wat opslaan skokbrekers in te sit, dan slaan die voor en agter tent vanself op en ek span net die stutte. 'n eenvoudige ding soos 'n hangkas en 'n spieel is vir my vrou mos 'n moet. Met so klein kopkrap maak ek toe vir haar een. En sy sit 20 toppies in die hangkassie. Ek sien jy het ook 'n Amarok . As ek my boswa sleep ( 700kg ) dan kry ek so 9 km/liter . Wat gee joune met daai Wa agter.?

TORA

 

 

ANDRE SMIT:

Goeiedag TORA,

Sommiges van ons WIL en ander KAN. Dis nou met jou hande werk

Ek geniet daai Amatrok van my maar gaan nou vir die eerste keer omtrent 3500 km sleep. Ek glo nie daaraan om op 'n 150km trippie Warmbad toe met verbruiksyfers te kom bragg nie.

Hoe verder die afstand hoe meer veranderlikes skakel jy uit.

Met my Tipper sover omtrent 147000km gery en as jy die diesel wat ek oor daai afstand ingegooi het, daarin deel is my verbruik 11,1km/liter.

Gaan beslis boekhou van alles op die toer en sal kom terugrapporteer. 

Sal tevrede wees met 7,5km/l en baie bly wees vir 8km/l.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 31/07/2017 - 11:51

Len , Harry Tora en ander forum lede ja ons warrie soms wat gaan iemand anders se as jy dit of dat insit aanbring in jou wa , my antwoord is nog altyd dis jou geld dis jou wa dis hoe jy wil kamp gooi mielies en genied

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 14/12/2018 - 09:27

Al moet ek nou exstra betaal glo ek nou n aircon is n moet hoekom suffer terwyl jou buurman lekke sit en rumycab speel terwyl dit warem is en ook ordendelike tafels vir die lang staan

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 14/12/2018 - 10:49

As dit moet, sal ek klaarkom sonder heelwat goeters maar nooit sonder my boeke nie.   Wat is nou "geriefliker" as om lekker te lê en lees op jou bed? laugh

0
Pretoria

leeu

Fri, 14/12/2018 - 11:33

Ek sal nooit met 'n TV gaan kamp soos oom Len nie......koes

Ons het lugversorging in ons wa, gelukkig so gekoop. Ek wil die vakansie 'n ander tafel maak van aluminium vir die karavaan.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus