Hierdie SanPark-fên was nog nooit by hierdie park nie en dit is miskien tyd dat my 2018 Wildtuin-planne ook hiervoor voorsiening maak. Ek weet Koos Mol is tans daar.
Koos (en/of enige iemand anders wat hier lees)
(1) Ek weet Marakele is noord van Thanazimbi, maar watter pad sou jy aanbeveel daarheen vanaf Pretoria ?
(2) Watter roete sal jy vandaar af aanbeveel Kruger Wildtuin toe
(3) Sou jy sê dit is die moeite werd om Marakele in te sluit by 'n jaarlikse besoek aan KNP ?
(4) Ek het mos 'n Exclusive - is dit teerpad tot by die kampeerplek ?
(5) Hoe is die wildbesigtiging en natuur ? (Ek was jare gelede tot by Thabazimbi en Annatjie was toentertyd daar opskool).
(6) Wat is 'n uitstaande kenmerk van Marakele ?
BATMAN: Len, ons was in 1999 en 2000 daar toe ons in Centurion gewoon het. Dis 'n baie lekker park met baie wild. Vir my was een van die hoogtepunte om by die berg op te ry en die pragtige uitsig oor die Waterberge te aanskou. Jy sien natuurlik heelwat wild oppad soontoe. Ek weet natuurlik nie hoe die paaie soontoe se toestand nou is nie, maar dis beslis 'n besoek werd.
ARIE: As jy vroeg oggend met die berg opry kan jy afkyk op die Cape Vulture, volgens hulle is dit die grootste kolonie in SA.
Ook lekker dat die renosters en ander wild deur die kamp kan stap, die kamp is nie omhein nie, maar die roofdiere is op die ander kant van die reservaat en moet jy deur n hek gaan om daar te kom.
As jy soos jy in die kamp inry, links hou en onder die groot boom langs die baie groot miershoop, het jy n mooi uitsig op die drinkgat.
Ons sit baie net heeldag by die wa en wild kyk.
Ons is baie lief vir die plek, beslis nie so komersieel nie
KOOS MOL:
Len Loader het geskryf:
Hierdie SanPark-fên was nog nooit by hierdie park nie en dit is miskien tyd dat my 2018 Wildtuin-planne ook hiervoor voorsiening maak. Ek weet Koos Mol is tans daar.
Koos (en/of enige iemand anders wat hier lees)
(1) Ek weet Marakele is noord van Thanazimbi, maar watter pad sou jy aanbeveel daarheen vanaf Pretoria ?
(2) Watter roete sal jy vandaar af aanbeveel Kruger Wildtuin toe
(3) Sou jy sê dit is die moeite werd om Marakele in te sluit by 'n jaarlikse besoek aan KNP ?
(4) Ek het mos 'n Exclusive - is dit teerpad tot by die kampeerplek ?
(5) Hoe is die wildbesigtiging en natuur ? (Ek was jare gelede tot by Thabazimbi en Annatjie was toentertyd daar opskool).
(6) Wat is 'n uitstaande kenmerk van Marakele ?
Len sien nou eers jou Marakele vrae.
1. Pad vanaf Pta: N1 tot by Bela-Bela, wes oor Koedoeskop na Thabazimbi, Marakele 12km vanaf Thabazimbi op die pad na Alma.
2. Selfde pad terug na Bela-Bela, N1 noord na Polokwane, oos na Tzaneen en dan na Phalaborwa oor Gravelotte. Ek het my broer se wa einde Febr vanaf Phalaborwa oor die roete gesleep. Nou ook vanaf Marakele hier na Swadini gesleep via Tzaneen, Letsitele en R36. Die pad deur Georges valley tussen Heanertsburg en Tzaneen nie baie goed nie, miskien is Magoebaskloof beter7.
3. Dis so 130km vanaf Bela-Bela na Marakele, dus so 260 km draai as jy oppad is KNP toe. Dis 'n pragtige park, tans groen, goeie reens gehad en baie ruig. Die pad op na die uitkykpunt is 'n stywe bergpas en die uitsig van bo is mooi.
Die park is in twee gedeel en ons het in Bontle gestaan die deel sonder roofdiere. Die dam by Bontle is toegegroei. Volstruise, blouwildebeeste en bobejane was al diere wat in die kamp rondgeloop het. Die wild is daar maar ons het min gesien, veld is baie ruig, geen renosters of roofdiere gesien nie. Jy kan al die park se paaie in een dag deurry.
Dis 'n rustige park en daar was baie min kampers deur die week, die naweek ietwat meer. Baie kampers oornag net vir een of twee nagte. Ablusies baie netjies, kampplekke in veld maar oop en gelyk met krag en waterpunte by elke plek.
Geen kommersiële aktiwiteite in die park nie. Die hoof ingang baie netjies en word tans opgradeer.
Dis 'n park vir iemand wat die rustige natuurlewe soek. Soos ek op 'n ander draad gesê het; op Marakele kan jy nog die naghemel in sy volle glorie aanskou. Snags sonder maan is dit pikdonker.
4. Die pad is teer tot by hoofhek. Grondpad vanaf hoofhek na Bontle, so 1,5 km en die laaste 800m deel na die kamp is tans sleg met 'n lelike beton water voor om te kruis, my wa se agterstutte het op die betonrand gesleep, ek het 10 minute gevat oor die 800m uit die kamp tot.
5. My eerste vrou was ook op Frikkie Meyer op skool, Potgieters van Rooidam. Ek het die jare 1971 tot so 1990 heelwat op Thabazimbi gekom.
6. Uistaande kenmerke van Marakele: pragtige natuur en berge (droogte gaan natuurlik 'n ander prentjie gee). Soek jy rustigheid en net onder 'n boom sit en die natuur geniet.......Marakele is die plek.
Of ek uit die Kaap oppad na oom Paul se plaas spesiaal die 260km draai sou ry........ 'n beskeie nee.
Wonder wie was onlangs hier…
Wonder wie was onlangs hier gewees ?
Soek jy kampplek Willem? Beplan jy 'n KNP trip?
Marakele Nationale Park
Nee, maar dink dit is weer tyd om hier te gaan kamp.
Dankie Koos...
Dankie Koos, ek stem saam met jou aanbeveling, om 260km by die reeds 2000km te voeg om ook by Marekele uit te kom, skrik my af.
Aan die ander kant, ons gaan by Phalaborwa uit kom en dan 'n paar dae by Die Eiland staan. Daarna beoog ons om oor Upington, Brandvlei, Calvinia huis toe te ry - dit bring weer Marakele in die prentjie vir 'n nag of twee, drie.
Len ek hoor die wild is baie…
Len ek hoor die wild is baie skaars daar vir die laaste ruk???
Kan nie instaan vir die waarheid nie, almal wat dit vir my vertel het dit weer by iemand anders gehoor?
Dankie.........
Dankie Arie, in 'n wildpark beskou ek die wild as 'n bonus en geniet net die rustigheid wat 'n bosveld-atmosveer jou bied. Dis vir my genoeg en veral omdat ons dan pas uit die KNP gekom het, sal die skaarsheid van wild nie pla nie.
Die eerste keer toe ons daar…
Die eerste keer toe ons daar was het die renoster in die kamp rond geloop, maar die 2de keer het ons hom nie gesien nie. Bo op die berg is pragtig maar die pad is nie vir almal nie, is wel teer.





Wonder wie was onlangs hier…
Wonder wie was onlangs hier gewees ?