6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -5 hours ago

Ons 2de Saamtrek

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on

4 Keuses vir ons winter saamtrek  naweek 26 Mei 2018 Kampforum het gesels met 'n paar kamp plekke naby Gauteng wat geriewe het vir winter kamp.  Die volgende is vir ons aangebied.

Dube: -R600 per naweek vir staanplek van 4  & R100 ekstra pp, 1 voertuig

Bosveld Oase: -  R500 per naweek vir staanplek van 4  &  R100 ekstra pp, 1 voertuig

Kokoriba:  R400 per naweek vir staanplek van 6  

Bosfontein:  R 600 per naweek vir staanplek van 4

Gebruik meningspeiling om jou kampeerplek keuse te maak!

 

Oorspronklike draad:

Ok, kom ons begin soek.

1.  Datum:

     Junie / Julie Skoolvakansie

     September langnaweek, 21-24 Sep.

     Begin Oktober, skoolvakansie

 

2.  Plek:

      Limerick Lodge, ek het navraag gedoen.  http://limericklodge.co…

      Lion Park, Gaborone.  http://www.lionpark.co.b…

      De Voetpadkloof.  http://www.devoetpadkloo…

      Weesgerus.   http://weesgerus.co.za/a…

 

Hier is my 2018 se Kalender

l

Daar waar dit met 'n "b" gemerk is is waar ek reeds bespreek het.

Elarduspark

GerhardM

Mon, 05/03/2018 - 21:44

Oom Willem, ons is in vir die September lang naweek of Oktober skool vakansie en Weesgerus. 

Ons wil nog die jaar Weesgerus besoek. 

Centurion

Voortrekker

Mon, 05/03/2018 - 21:51

Ek het gedink dalk moet nog 2 kampe gedoen word vir die jaar?  (3 elke jaar)

Een vir winter,   Mei / Junie

Een vir Lente   Sept / Okt

 

Baie lede het ook versoek dat die volgende kamp meer suid is en sentraal Gauteng.

WESKAAP Lede -   hoe lyk dit met 'n saamtrek daardie kant?  Wie gaan die leiding neem?

Elarduspark

GerhardM

Mon, 05/03/2018 - 22:01

3 Kampe 'n jaar klink lekker smiley

 volgende kamp meer suid is en sentraal Gauteng

 Ons sal kyk na dit

 

Centurion

Voortrekker

Sat, 24/03/2018 - 19:10

Ek stel voor die naweek rondom 26 - 27 Mei,  by Dube in Brits.      So bietjie warmer as Gauteng vir daardie tyd van die jaar, maar ook nie te vêr nie?

 

26 tot 27 Mei Dube Brits 

Vaalpark

Johann L

Sat, 24/03/2018 - 21:31

Sal die pad waens daar kan ry, dan sal ons dit heel moontlik kan maak.

Ek stel voor die naweek rondom 26 - 27 Mei,  by Dube in Brits.      So bietjie warmer as Gauteng vir daardie tyd van die jaar, maar ook nie te vêr nie?

Centurion

Voortrekker

Sat, 24/03/2018 - 21:35

Johann, dit is 'n kort stukkie grondpad tot by die hek, bietjie sinkplaat, maar nie te ernstig nie.  Vannaf die hoofhek weer bietjie kronkel grondpak, ry net rustig.    Ek het dit al baie met klonkie gesleep, baie soorte karavane en motohomes ens. al  daar gesien.

Dit teerpad gedeelte tot by die grondpad afdraai het op paar plekke erg pothols, mens moet maar net mooi en versigtig ry - niks waaraan ons suid afrikaners nie aan gewoond is nie.

Bloemfontein

OOM JEEP

Sun, 25/03/2018 - 10:28

Wat van Bloemfontein of Parys gedurende September Oktober

Bloemfontein ... Tuf-top 

Parys.....  Deo Volente

Verder noord word dit te ver om te ry vir my.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 25/03/2018 - 12:33

Johan (Oom Jeep)

Daar is te min in Bloemfontein se area en dit sal beteken ons almal moet van hier ry.  Kom ons hoop daar is meer ouens wat wil saamtrek dan kan ons plan maak.

Soos Voortrekker sê dit kan dalk werk vir die 3de saamtrek oor die Oktober skool vakansie ?

Centurion

Voortrekker

Sun, 25/03/2018 - 12:49

Daar is te min in Bloemfontein se area en dit sal beteken ons almal moet van hier ry

 Ek stem saam Willem.   Dit lyk wel of ons suid moet beweeg.   Einde van die jaar kan ons dalk net net oor die grens klim Vrystaat toe?  Hoelykit JohannL?  Daar is mos lekker kampplekke net so oor die rivier se kant?

Eerste saamtrek was in Limpopo, 2de een kan in Noord Wes wees?  Dan een in Vrystaat, en dan kan ons kyk na Mpumalanga, Natal ? wink

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 25/03/2018 - 15:32

Ek sien die ouens in die Maart Weg Ry & Sleep.  Kan nie volgens hulle ko-ordinate sien waar is die karavaan park nie.  

Casa Cara:  http://casacara.co.za/

Lodge: GPS: -26.859973, 27.498678
Guesthouse:  GPS: -26.895660, 27.468094
Vaal Dam:  GPS: -26.90615,28.16573

Die 13 staanplekke is nuut en teenaan die rivier.

Dalk kan JohannL ons beter inlig ?

Vaalpark

Johann L

Sun, 25/03/2018 - 17:30

Ken nie die omgewing  se oorde so goed nie, ek sal bietjie eendag gaan kyk en hier terugvoering gee, met fotos.

Ek ken net  Klipdraai (Deon se pet hate oord?) in Meyetton, Koppisol, Soetdoring, Bloekompoort by Vereeniging, was baie lank terug laas by Smilin Through tussen Parys  en Fochville, dan is daar ook Deo Velente naby Parys.

Parys het 'n paar oorde, oa Eastco en Weltervrede.

 

Meyerton

Segekok

Mon, 26/03/2018 - 08:09

Dube klink vir my reg vir Mei. Moet net seker maak oor die datums by Hel1.  (Dink dit is hulle jaar einde dan gaan dit rof gaan en of sy dan sal kan afkry is moeilik om te seg)

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus