6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -5 minutes ago
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -1 hour ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -4 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -4 hours ago

Ons 2de Saamtrek

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on

4 Keuses vir ons winter saamtrek  naweek 26 Mei 2018 Kampforum het gesels met 'n paar kamp plekke naby Gauteng wat geriewe het vir winter kamp.  Die volgende is vir ons aangebied.

Dube: -R600 per naweek vir staanplek van 4  & R100 ekstra pp, 1 voertuig

Bosveld Oase: -  R500 per naweek vir staanplek van 4  &  R100 ekstra pp, 1 voertuig

Kokoriba:  R400 per naweek vir staanplek van 6  

Bosfontein:  R 600 per naweek vir staanplek van 4

Gebruik meningspeiling om jou kampeerplek keuse te maak!

 

Oorspronklike draad:

Ok, kom ons begin soek.

1.  Datum:

     Junie / Julie Skoolvakansie

     September langnaweek, 21-24 Sep.

     Begin Oktober, skoolvakansie

 

2.  Plek:

      Limerick Lodge, ek het navraag gedoen.  http://limericklodge.co…

      Lion Park, Gaborone.  http://www.lionpark.co.b…

      De Voetpadkloof.  http://www.devoetpadkloo…

      Weesgerus.   http://weesgerus.co.za/a…

 

Hier is my 2018 se Kalender

l

Daar waar dit met 'n "b" gemerk is is waar ek reeds bespreek het.

Centurion

Voortrekker

Tue, 27/03/2018 - 11:59

Die storie looop so...

Noddy verjaar daardie naweek, hy word 30.

Dit is 'n instelling dat hulle dan elke jaar daar gaan kamp vir sy verjaarsdag smiley

Ek stem saam, ons wil  hierdie keer probeer nader kamp.

Centurion

Voortrekker

Tue, 27/03/2018 - 15:38

Terwyl julle nou so besig is om saam Oom Jeep die 3rde saamtrek te reël net suid van die Vaalrivier, iewers gedurende Lente ....    (en hoe gouer dit vasgemaak hoe beter!)

... laat ons voor die einde van hierdie week nr 2 se datum en dan ook plek vasmaak?

Moet ons 'n Meningspeiling plaas vir die datum?    

26 Mei is een keuse

Vaalpark

Johann L

Tue, 27/03/2018 - 20:13

Ek sien dit is op die Mabalingwe saamtrek geplaas, dankie Anton.?

Okay, ek gaan ongelukkig nie 25 Mei kan maak nie, ons het 'n verjaardag ding met skoonfamilie aan. (Tensy ek hulle alleen los, en die wa haak??)

Spekkies en Gees?   Gees het laas genoem dat hy nie saam my en Grys gesien wil word nie.  

Oom Arie as jy nog in die middel wil lê vermoed ek ons sal 'n groter tent moet kry want dit lyk my ons moet nou 4 daarin pas (ek dog 'n Gees wandel in die nag) en die een van mabalekkelê gaan gaan te klein weessurprise

Waar my wa staan

Arie

Wed, 28/03/2018 - 15:08

Spekkies, nee Gesie sal nie saam met Gryswater gesien word nie, geeste is mos nie vir ons gewone mense sigbaar nie?

Vier manne sal werk in daai tentjie, ons kan mos "double up?", maar nou deps ek om bo te le?!

Bosveld

Gryswater

Wed, 28/03/2018 - 17:21

Die gees kan homself sigbaar maak aan net wie hy kies, ek weet, want hy het al aan my verskyn.  Spek het hom ook gesien, toe het sy oge vir 'n oomblik heeltemaal in sy kop ingetrek.

Geeste slaap nie in tente nie, hulle verkies karavana.

Centurion

Voortrekker

Wed, 28/03/2018 - 17:45

Ek gaan die knoppie druk vir die laaste naweek in Mei, 25 en 26ste.

Dit gee ons dan 2 maande wat beplanning ens aanbetref.    Ek gaan dan ook, as daar geen ander voorstelle of besware is nie, Dube noem as die kampplek van voorkeur.

Kampforum winter saamtrek 2018    25 - 26 Mei  Dube.

Ek sal Dube eers na die langnaweek kontak, so as daar voorstelle vir 'n ander plek is laat weet hier.

Na die winterkamp gee dit ons dan 3 tot 4 maande vir ons Lente kamp verder suid.  smiley

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus