6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -56 minutes ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -59 minutes ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Laptop e..... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Laptop... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Geert -1 hour ago

Die sukkelende ou Kamp Forum en die nuwe Kampforum

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ons kla so maklik  as iets nie na ons sin gaan nie, byvoorbeeld die noodgedwonge oorskuif na 'n nuwe forum binne 'n raps meer as 'n maand.  Dis egter 'n kleinigheidjie.

Ek lees in vanoggend se koerant van  Johan & Tanya Steynberg-Venter van Pretoria-Tuine wat albei blind is met hulle twee kinders, Samantha (8) en Corban (10) wat albei doof gebore is ! Die twee kinders het pas elkeen 'n operasie ondergaan (koste R400 000 elk) en kogleêre-inplantings gekry waarmee hulle vir die eerste keer klank kan beleef ! Fantasties, maar...........

Ons kla so maklik, maar vir twee blinde ouers om twee dowe kinders te hê is seker een van die grootste uitdagings wat voor 'n mens se deur gelê kan word.

Dink volgende keer voor jy kla oor onbenullighede !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 05/05/2017 - 22:43

Anton, ek sien ongelukkig nou eers jou kommentaar - jammer !

Ek het geensins bedoel dat daar noodwendig hier op die forum gekla word nie.  Ek het oor die algemeen gepraat dat dit heel menslik is om maklik te kla sonder om 'n ou se talle seëninge te tel.  Die voorbeeld wat ek aangehaal het van twee blinde ouers van twee dowe kindertjies is 'n voorbeeld van deursettingsvermoë sonder om te kla.  Neem 'n mens deeglik kennis hiervan, besef jy dat jy eintlik nie kan kla oor die talle dinge waaroor ons gewone mense so maklik kla nie !

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 05/05/2017 - 22:54

Hi Len.  Kyk na my inset se datum  (-:

Dit is 3 weke later geplaas.    Dit was maar 'n manier vir my om te sê dat niemand gekla het nie en dinge goed uitgedraai het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus