Hier sit die gesie en dink of hy nie vir hom en die wyfie wil ontbyt maak nie. Die wyfie slaap natuurlik nog. Hehehe, hou haar lekker besig so met die vakansie dae. Kom toe agter daar is nie bacon, viennas of polony in die vrieskas nie. Die wyfie het duidelik besluit om nie die maand daai roete te gaan met haar aankopies.
Die dominie het so twee Sondae terug gevra ons moet aan die mense dink wat by die fabriek hier in Polonykwane werk want hul weet nie van dag tot dag of hul nog werk het nie en stadig gaan met die grappies. Die fabriek se bestuurder en verskeie ander is in ons kerk.
Hier is/was dan ook n enterprise factory shop in Pietersburg. Mensig daai plek is n bargain shop. n Ware voorbeeeld is waar n 2kg viennas jou R60 by die spar kos, is dit R20 by die factory shop. My al baie gehelp. Hier oor Junie en Desember vakansies kom kuier die familie se kinders gewoonlik, Mensig maar kinders kan eet, die heeldag aanmekaar, LOL. Stock dan ons vrieskaste met al daai lekker goodies van enterprise en hul mag mal gaan net soos hulle wil en maak nie eers die sak so seer nie.
Ja n mens is nou so bang koop nie eers ander brands nie.
Om af te sluit, ek kan myself nie help nie, hier is nog n grappie: Vir 50 jaar probeer hulle dat ons ophou rook. Drie dae en niemand eet meer polony nie.
Wag ek sien hier is darem…
Wag ek sien hier is darem boerewors. Laat ek die wyfie surprise met boerewors, eiers (sunny side up), tamatie en uie bredie en n lekker toast.
Aaaaai, n man se werk hou ook nooit op nie! ?
Ai, ons het darem voorslag…
Ai, ons het darem voorslag manne hier oppie forum, wat so mooi ha ander omsien. ?
Is jy in die moeilikheid dat…
Is jy in die moeilikheid dat jy haar so vreeslik bederf? ![]()
PS. Ek leer die ander dag by 'n 2 dae Listeria workshop dat meerderheid van kontaminasie maar te doen het met die omgewing en verpakking. Moontlikhede is groot dat jou yskas die hoof bron van die gogga kan raak.
Anders as ander bugs hou die outjie nogal van koue plekkies, tot so laag as -4 grade. Hou maar julle yskaste skoon en dekontamineer gereeld.
Gesie, die dag as 'n man die…
Gesie, die dag as 'n man die groot fout maak om te trou begin al sy werk, kyk dat die vrou kos maak, huis skoonmaak, skottelgoed was, ens, ens.
Jy moet die heeldag dophou dat sy dit goed en reg doen?
Kyk ek is nou nie so seker…
Kyk ek is nou nie so seker of die "LISTEROSE" ding regtig soveel aandag moet kry nie.....
Kyk daar is sowat 200 mense oor die afgelope jaar en n bietjie aan die ding dood. so ver in net 2 dae van die Paasnaweek is daar al 80 dood net in natal in "TAXI" ongelukke en nog nie een van die taxi vervaardigers is gesê om hulle produk te onttrek nie..........
Het maar vandag my russiese…
Het maar vandag my russiese wors in kook olie gegooi teem 300 plus grade.
Hoop alles was dood gebrand. He He.
Ek neig om hier met Deon…
Ek neig om hier met Deon saam te stem ?
Kyk daar is sowat 200 mense oor die afgelope jaar en n bietjie aan die ding dood. so ver in net 2 dae van die Paasnaweek is daar al 80 dood net in natal in "TAXI" ongelukke en nog nie een van die taxi vervaardigers is gesê om hulle produk te onttrek nie..........
Listerose
Ek wil nou nie vol fiemies klink nie, maar ek het nooit gehou van die vervaardigers se viennas nie, koop maar altyd by die slagter wat hy self maak. Ek het wel polonie gekoop vir my bediende en tuinman se broodjies as hulle kom werk. Gelukkig lyk dit darem nie of een van hulle twee iets oorgekom het daarvan nie. Nou koop ek dit natuurlik nie meer nie. Ek is regtig bitter jammer vir die vervaardigers, dit is darem 'n vreeslike ramp wat hulle getref het. Behalwe vir die biljoene wat hulle verloor, gaan hul nog dagvaardigings in die gesig staar.
Hier was nou die dag 'n artikel in ons koerant van 'n vrou wat listerose gehad het en dit darem oorleef het, alhoewel sy baie siek was. Sy sê sy het nooit ooit enige van die verwante verpakte koue vleise geëet nie.
Gesie, 10 uit 10 vir jou wat vir jou vrou so lekker brekkie maak! Moenie vir Arie luister nie.....
Ek dink Listerose begin in…
Ek dink Listerose begin in jou eie kombuis en kan enige kos tref.
Dit is hoekom ek buite braai. ![]()
Nou wonner ek wat was die…
Nou wonner ek wat was die gees se regte bedoelling met die ontbyt en hoekom het juis gekyk vir daai produkte........?
Tannie FREEDA! , Oom Arie…
Tannie FREEDA! , Oom Arie praat altyd waar en gee goeie raad, veral as dit kom by huweliksrolle en Ford koop.????
LOL oom Seg, jip daai lewens versekering is mooi op datum. ????
Me...Just being me.....
stopped off at my favorite Wimpy
I askes the manager for a chips & a hot dog with an Enterprise weense-worsie...
She smiles and says what about Listeriosis?
I say no problem, I'm going to join the "class - action"and FINALLY make some money.....
She: - Giggled herself into histeria... Or is that Listeria????![]()





Ja ou Gees, die Listeria…
Ja ou Gees, die Listeria histeria kan nogal hand uit ruk. Ek dink baie aan die mense by daardie fabriek in Polokwane, want ek ken nogal 'n hele paar van hulle persoonlik.