6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -4 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -6 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 hours ago

Jurgens, Campworld, Tent en arme Arie

Waar my wa staan
Submitted by Arie on

Op die 15 de November stap ou Arie mos ewe manhaftig by Campworld Prtetoria in om goe 'n nuwe tentjie te koop.

Nou mooi vir die mense beduie wat ek soek en hul werk 'n prys uit en sal dit bestel sodra ek R15000 deposito gee. Vra toe uit belangstelling waneer die tent afgelewer sal word, hulle bel die fabriek en reken dit sal begin Februarie 2018 gereed wees. Ek betaal my ou depositokie en stap baie tevrede daar uit - min wetend!!!!!

Vertel vir almal van my mooi nuwe tent wat Februarie voor my wa sal pryk, ai tog hoe naief kan 'n ou man dan nou wees??

So om en by die eerste week in Feb bel ek kampworld, ek hoor dan niks, nee die fabriek het 'n probleem geen materiaal nie, maar definetief dit is bestel en sal beslis my tent kry eerste week in Maart.

Nou ja ek vertrou my medemens en glo alles wat hul my vertel so wag ek maar geduldig tot die tweede week in Maart, nee o dammit blykbaar het die skip enjin probleme opgetel en dobber doeloos op die oop see rond met my se tent se materiaal in die luike!!!!!!

Wie so nou ooit kon dink dat so iets eenvoudigs so seil van oorsee af ingevoer moet word?

Laasweek - wonder bo wonder, Campworld verwerdig hulle om my te bel, die skip het aan wal gegaan in Durban hawe en die fabriek begin binne twee dae my tent te maak, sal voor einde van Maart 2018 hier wees! Kry einde van die maand 'n oproep, hulle het vergeet van Paasnaweek maar die tent sal op 6 April 2018 hier wees!

Bel ek toe maar weereens, nou nie gedink dit sal so laat in die middag eers hier wees nie, O gits, wag dat hulle net die fabriek bel en hoor hulle sal my terug bel. Petra en ek ry so bietjie om wild te soek en kyk eet sommer iets lig by die kroeg, en wragtag daar lui my foon, Campworld!!

Hulle het nou met die fabriek gepraat hulle begin eerskomende donderdag my tent maak en die sal dan einde van die week daarop eers hier wees, net een klein probleempie, hulle het nou nie genoeg materiaal om die extension te maak nie, die sal dan waarskynlik eers in 2019 klaar wees.

Nouja intussen gaan ek op Moreson toe vir drie maande, sou die tent dalkies opdaag moet hulle dit maar daar kom aflewer, of maar wag vir die res van hul geld to ons in Aug weer in die omgewing is.

Ek is uiters teleurgesteld in Campworld Pretoria se uiters swak behandeling, ek sou graag met 'n eienaar daar in aanraking wou kom maar die kry mens nie in die hande nie! Ek wonder of die eienaar/s bessef wat se absolute diens hulle mense verskaf?

Intussen sit ons nog met 'n ander GROOT frustasie ook, maar die sal ek op 'n ander dag weer oor praat.

Ai Arie jammer om te hoor van jou storie met Camp World .Ja -nee kyk diens is daar nie meer as ek jy was sou ek my geld terug ge-eis het en na n ander plek gegaan het

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 06/04/2018 - 17:52

Dassie, dit is die probleem, ek kan dit slegs by 'n Camp world kry, ek soek die oorspronklike Jurgens tent.

As ek van voor af begin sal dit seker nog 'n jaar neem?

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 06/04/2018 - 20:28

Wat 'n skande!   Omdat hulle die enigste plek is wat dit kan maak, is dit nou maar OK om julle so swak te behandel?   Hulle behoort hulle te skaam, sies.   Kan julle nie iewers 'n e-pos adres kry waarheen julle kan skryf, die hele storie verduidelik en hulle dan behoorlik slegsê nie?  

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 06/04/2018 - 21:07

Kyk ek het nie baie ooghare vir die Coradies nie, ok hy is nie meer met ons nie masr lyk my sy vrou het die selde houding aangeleer.

Sterkte daar Arie, of is dit Ar ?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 06/04/2018 - 21:59

.....................is dit nie Pretoria Woonwaens waar die eienares baie betrokke was by "Petrus se wa", die WegSleep welsynsprojek daar in die Noord-Kaap nie ?

Maar op 'n ander soortgelyke noot, ek sien die baie bekende Loftus Karavane in Randburg voer nou ingevoerde Swift karavane uit Engeland in. (En Natal Caravans and Marine is no Echo agente netsoos Tygerberg Karavane wat Jurgens Ci se agentskap gepos het).  Weet iemand of Loftus nog steeds Jurgens Ci/Campworld agente is ?

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 07/04/2018 - 17:41

Hou aan tot jy eienaar kry Arie dan vra jy hom wat sal hy in jou skoene doen sterkte

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus