Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -59 minutes ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -3 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago

Die Slotte se familie saamtrek by Hoogenkraal

Vaalpark
Submitted by Johann L on

Ons het Vrydag 6 April so 13:30 hier vertrek na ons bestemming Hoogenkraal tussen Potchefstroom en Viljoenskroon.

So klein bietjie rond gedwaal en ongrveer 15:30 daar die wa staan gemaak.

Dit was 'n vinnige "ongereelde" saamtrek en die ver familie kon nie bywoon nie, meeste het in chalets gebly, sommiges weens ouderdom, ander sonder sleep huisies.

Vaalpark

Johann L

Tue, 10/04/2018 - 20:24

Hoogenhoutkraal is 'n onbekende oord met 4 ge-elektrifiseerde staanplekke (waarvan ek weet) en heelwat sonder sonder krag, nader aan die rivier wat hoofsaaklik vir hengel gebruik word.

Die oord lê aan die oewer van die Vaalrivier, so 4 / 5 kilometer grondpad wat geskraap is die Vrydag toe ons daar aan gekom het.

Lieflike gras staanplekke met die wat elektrisiteit het, onder bome wat sorg vir heelwat koelte.

Ons het nie van hul ablusie geriewe gebruik nie, sommer die chalets se kombuise en badkamers gebruik,  die eienaars het vir ons 'n sleutel van 'n ekstra chalet gegee vir ons gebruik.

Net ek en my niggie-hulle het in ons karavane kom ontspan, die rex het in die woonstelke / chalets gebly.

Al was ons net omtrend 40 mense, het ons dit baie geniet om so heerlik saam te kuier, nodeloos om te sê, al die gekuier was omndie karavane onder ons tent dakke!?

Niemand wou tussen mure sit en kuier nie.

 

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 10/04/2018 - 20:27

Die onderste foto is die groepie "bitter eienders" ons is eers na twee Sondag daar weg.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 10/04/2018 - 20:34

Baie dankie Johan, dit lyk baie mooi daar.   Is die plek se naam Hoogenkraal of Hoogenhoutkraal?  Ek sien net 'n Hoogenkraal op die internet op FB?

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 10/04/2018 - 20:42

Dankie Johann, dit lyk na 'n oulike plek reg langs die rivier.  Daardie saamkuier deur chalet-bewoners met die kampeerders ken ons maar te goed.  Die nie-kampeerders kuier gewoonlik die lekkerste saam by 'n karavaan-tent  -  die atmosfeer is mos net anders !

Veral so 'n familie-byeenkoms is kosbaar.  Van my eie familie is daar niemand meer oor nie behalwe ek en my broer wat saam met sy familie 21 jaar gelede buiteland toe geïmigreer het. Maar my skoonfamilie maak daarvoor op.  Alhoewel my skoonouers ook oorlede is, hou my wederhelfte nou kontak met baie van haar familie en dan is dit altyd 'n heerlike samekoms.

Dankie dat jy die naweek met ons gedeel het.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 10/04/2018 - 20:56

Anton, skuus jy is reg dit is Hoogenkraal. Weet nie waar ek die "hout" kry nie, en ek gebruik nie eers "harde hout" nie?

Len, ja, so familie byeenkoms is is regtig lekker, en ons is juis 'n hegte klomp wat gereeld so maak.

Ek het hoeka my een karavaan, aan my niggie verkoop, en hulle het daai Escape II al dwars oor Suid Afrika gesleep.

Baie van die familie, onder andere my dogter, het die land verlaat. Dit is iets wat ek op 'n stadium oorweeg het, toe word ek groot, en hier gaan ek begrawe word.

 

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 10/04/2018 - 21:25

Basie
Ons oudste lewende neef, 80 jaar.
Vaal rivier
Vaal rivier vloei sterk.
Ria
Niggie sit en droom op die bankie 
Adriaantjie
En natuurlik is oupa se knapie besig om "penne in te kap"

 

0

Dankie Johann L vir die plasing van jou weg breek foto's .Maak mens eintlik groen van jaloesie om te sien hoe die manne kamp en kuier .Ek sien Len maak gereed vir daai groot trek vanaf die Kaap na die Kruger .Die lekkerste is natuurlik die opgewondenheid (yes) you're booking is confirmed dan word daai wa uitgepak en ingepak en weer uitgepak net om seker te maak alles is in . Dan tel mens die slapies af en voor jy weet staan jou kar se neus "Noorde " toe .

Daai inry by die Kruger hek  dis net jy en die bos vir 3/4 weke is soos koeksister vir n diabeet dis lekker maar jy mag dit nie eet nie laugh

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 11/04/2018 - 05:53

Dit lyk of dit nou 'n heerlike saamkuier was, Johann.   Dit is darem altyd te lekker om saam met familie te kuier.  Dankie vir die mooi foto's.

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 11/04/2018 - 08:25

Johann, dankie dat ons mag saam kuier, lyk sommer baie lekker!

Ek glo sulke familie familie byeenkomste is seker baie kosbaar.

Ek is saam met Len in die selfde booitjie, ek is die enigste oorlewende van ons huisgesin, en neefs en niggies is verspreid oor die wereld, sien party van hulle so een keer in 10 jaar.

Petra het ook nog net 'n broer van haar huisgesin oor, en hy bly in Zim, al die ander familie van haar het ons laas so 30 jaar terug gesien.

So as ons 'n saamtrek reel is dit net ons, twee kinders, twee skoonkinders en drie klein kinders.

Die mooiman naam stop ook maar hier by my, geen Mooiman kleinkinders nie.

Ja ek beny julle met sulke lekker groot families?

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 11/04/2018 - 17:48

Arie en Len dit is regtig 'n fees ek voel jammer vir families wat nie meer kan nie. Ons is een keer elke vyf jaar so twee honderd mense, tot tien karavane.

As ek kyk na die ou fotos,  en sit en tel hoeveel nie meer hier is nie, dan waardeer mens die wat so lekker saam kuier soveel meer.

Daar is min dinge in die lewe soos opregte vriende en familie wat saam staan.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus