Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -23 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -1 day ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

So baie om voor dankbaar te wees!

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Die voorsienigheid is darem wonderlik!

Om afgetree en voltyds te kamp hou 'n groot risiko van verveeltheid in. Gelukig gaan daar altyd iets verkeerd wat mens weer moet regmaak of rondry om te laat reg maak, so dit hou darem die verveeltheid in toom. As dit nie aste is wat buig of "Timing Belts" wat breek, dan is dit die yskas wat oppak en vervang moet word - dit was laasmaand.

Gelukig met die ry hiernatoe slaan 'n klip die Pajero se windskerm stukkend - geen asuransie op die windskerm nie!

Toe ons hier stop le die mikrogolf op die vloer, lyk my die skroewe wat hom vashou her met tyd los vibreer.

Nou het ek darem weer moes rondry om die mikrogolf te laat regmaak, en ek is weer besig om die kaste wat beskadig het reg te maak.

Volgende week moet ek weer ry om die windskerm te vervang. Ek raak nou reeds bekomerd waar mee ek my besig gaan hou as die alles weer reg is!

O Ja!!! amper vergeet ek, Petra moes ook al twee keer in die 5 dae wat ons hier in Richards Bay is, Dr toe gaan met 'n spinekop byt wat nou 'n groot gat in haar been maak.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 07/05/2017 - 17:46

Hi Arie !  Hou ons asseblief op die hoogte van die volgende breke en byte  - interessante leesstof.  Gaan nou dadelik kyk of ons mikrogolfoond nog stewig vas is !

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 07/05/2017 - 18:00

Ek glo jy vertel alles bo genoem, tong in die kies.  Ek kan beslis aan beter dinge dink om my mee besig te hou teen verveeldheid. smiley    Jammer vir al die skade, ek hou duimvas dat dit nou die laaste is vir 'n baie lang tyd.   Sterkte vir Petra, hoop nie die gat in haar been neem lank om te herstel nie.   Was dit 'n giftige spinnekop?

Ons het self ook verlede maand drie skades gehad.  Eers het die mikrogolf die gees gegee, maar dit was gelukkig nog onder waarborg en Pick 'n Pay het dit vervang met 'n nuwe, ons moes net iets inbetaal, want die prys is natuurlik intussen al meer.  Daarna het ons ysmasjien opgepak en moes ons dit laat regmaak.  Toe hou my Minigeza op met werk omdat dit oorverhit het en het ek 'n nuwe een bestel.

Sterkte vir julle.  Ek dink jy moet maar assuransie uitneem vir daai windskerm, julle ry so baie, dis dalk veiliger.wink

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 07/05/2017 - 20:47

So baie om voor dankbaar te wees elke dag JA! .     Sterkte met alles oom Arie en mag elke dag vir julle heerlike lewens uitdagings en plesier bring.   Dis seker maar 'n never ending journey!

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 08/05/2017 - 04:39

Arie,

Dit is nie net met kamp dat dit so gaan nie. By die huis gaan dit ook so.

Geyser se klep het op gepak en die water bly drup. Sal dit maar moet vervang.

Sterkte vir jou. Glo dat jy sal regkom met die windskerm en glo dat die spinnekop byt gou gesond sal word

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Mon, 08/05/2017 - 09:55

Hi oom Arie, ek wil graag aan oom die vollgende voorstel: 

Kyk die lewe praat nou met oom. Die Pajero en Penta se vir oom baie mooi, hulle het hul diens gedoen.

Sit nou terug vat n rum en siggie en dink oor hierdie saak voor oom besig raak met al die aktiwiteite:

Is dit nie dalk tyd vir n nuwe Navara (die nuwe modelle lyk so mooi) en dan een van die nuwe 2017 reeks jurgense nie ?

0

So 'n bek moet jêm kry !

Hoekom is jy so stil  -  studeer jy weer langs die dam ?  Dit is nou tyd om op te hou, jy praat reeds baie "sense" soos byvoorbeeld hierbo.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Tue, 09/05/2017 - 10:49

Hi oom Len,

Whahaha, ja ek wens ek was daar langs die dam, maar daai tyd sal gou weer kom, Dit nogal besig die kant, werksgewys en pivaatgewys, besig met huis koop en al sulke lekker dinge om voor dankbaar te wees.

Die studeer, aai, hoekom moes oom dit noem, maar nou ja die slim mense se dit is beter as mens oor dinge praat. Al die vakke vir die meesters goed deurgekom, maar kon nie die thesis baas raak nie, moes dit laas jaar doen. Heeltemal bo die gesie se vuurmaak plek, Die profs se ek jaag die grootste klomp strond aan en stuur anhoudend my chapters terug. (LOL, nie hulle skuld, my eie.) So het ek dan besluit om nie verder te doen die jaar en gekanselleer. Ja baie skoolgeld, ek voel nou op n manier vry en asof ek afsluiting gekry het, my studeer dae is nou verby.

Ek lees nou nooit ooit iets weer wat langer as n forum inskrywing is nie, nie eers die bybel nie (..grappie).

Groete

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 09/05/2017 - 15:14

Ja die swottery, ek self help nogal heelwat ouens met hul tesis, dit hou die ou brein so efens aan die gang en ek voel ek gee darwem so bietjie terug aan my professie wat al die jare bsaie goed was vir my.

Jy moet dalk bietjie met jou Prof praat, ek kry ook gereeld dat die ouens die pot heel misverstaan en dan ook aanhoudend vir my goed stuur wat nie regtig veel met sy vakgebied te doen het nie. Gewoonlik is dit maatr net 'n gevsal dat waneer ek vir hom/haar mooi verduidelik dat daar 'n liggie opgaan en hulle doen skielik baie goed?

Maar ja as jou tesis enigsins is soos jou skrywe oor die Nissan en nuwe wa dan kan ek verstaan dat jou Prof bietjie ongeduldig raak.

Mens kan mos NOOIT 'n Nissan in die selfde skrywe as 'n Pajero noem nie!!!!!@!! Nee man dit is dan twee heel verskilende konsepte waarvan jy praat!

Die ding werk so - Heel bo aan die ewolusie leer is daar natuurlik FORD, so 10 jaar na FORD kom Pajero, en dan so 50 jaar onder die Pajero kom nissan.

Die nuwe 2017 Penta is ook glad nie in die selfde klas as my 2007 model nie, kan die twee glad nie vergelyk nie.

Nee wat ek bly maar by die goed wat my al vir jare baie goed behandel het! My Pajerotjie loop nou al twintig jaar saam met my, ons verstaan mekaar en het wedersydse respek vir mekaar, volgende jaar is sy mondig en dan gaan jy sien hoe sy uithaal. My 2007 Pentatjie loop ook al 'n ver pad saam met my, en baie van daai paaie was slegte grondpad, met erg sinkplaat pad,m party was selfs so effens "off road" met helse gate klipe en diep water modder poele.

Ek sien gereeld die nuwer waens wat net op 'n teerpad hul deure verloor, chasis kraak en al sulke goed.

Moet darem erken ek het my wa so bietjie versterk, deure en kaste beter vas geheg, en orals maar so bietjie versterkings aangebring.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus