Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
Double cheese burger November 2026 Geert -9 hours ago
30% November 2026 Geert -16 hours ago
see water November 2026 Geert -16 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago

Ekologiese Stelsels

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on

Ek begin die draad hier, want ons het Len se draad bietjie gekaap / ge-natal as jy wil.

Iets wat ons almal na aan die hart lê, nl die natuur.

Kom ons redeneer lekker gesellig hier oor die voordeke en nadele van ons, die mens, se inmeng met die natuur.

Na aanliding van Len se prag foto van die wit buffel kalfie, het dinge in 'n baie interesante rigting gegaan.

Wat is jul siening van, hoe ver moet die mens inmeng met die natuur?

 

Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Tue, 08/05/2018 - 22:47

Oom Lock, my siening, daar is nie meer geld, so as n verskynste soos die Loader buffeltjie (whaha, klaar gedoop) buit dit uit na die groter, kyk so iets is spesiaal, as om die geleentheid verby te laat gaan. 

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 09/05/2018 - 03:52

Ek voel dat daar klaar teveel met die natuur ingemeng is.

Die natuur het n manier om agter hom self te kyk. Ons het n mooi naam vir dit gegee. “NATUURLIKE SELEKSIE”  Die kans dat daardie buffel kalf sal voortplant is baie skraal, Dit wil sê as die mens nie inmeng nie.

Natuurlike seleksie kom ook by die Homo Sapiens voor maar ongelukkig is daar met dit ook ingemeng . As ons inmenging in die natuur wil goedpraat moet ons ook aanvaar dat Hitler se inmenging met sy suiwer ras beleid ’n baie goeie plan was. ( Net 1 van die baie voorbeelde) Ek sal onder sensuur geplaas word as ek hier sê hoe ek daaroor voel. Sal my vir eers net by die natuur hou.

Om die voëls in die natuur te voer by jou kamp plek is klaar n vorm van inmenging. Daar word gereeld gekla oor die ape wat mense se goed beskadig by kampe. Die voëls wat die tent bemors ens. Weer is dit die resultaat van mense wat inmeng, of ingemeng het.

As die natuurlike migrasie roetes nog ongestoord was in die natuur sou daar nie maklik so ’n kalfie gebore kon word nie omdat die genepoel dan baie groter sou wees en inteling nie so erg voorgekom het nie.  Daar sou ook nie soveel siektes onder sekere groepe diere gewees het nie.

Ek kan vir ’n baie lank tyd die een voorbeeld na die ander aanhaal oor hoe inmenging die natuur nog net skade aangedoen het.  Daar is nog geen voorbeeld waar dit die natuur bevoordeel het nie.

Maar  “MAMMON”  is mos belangriker.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Wed, 09/05/2018 - 05:06

Die wereld het verander, en ja dit gaan alles oor geld deesdae. Mens kan daarteen skop soos jy wil, maar om iets te red moet die geldelike moontlikheid daarvan altyd ingedagte gehou word. Dit is jammer, maar dit is hoe dit is.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 09/05/2018 - 05:43

Gierigheid gaan maak dat die aarde gaan opeindig soos wat Mars nou lyk...  Dor droog en onbewoonbaar....  Geld kan nie iets koop wat nie meer bestaan nie....

Onthou...  Ons leen die planeet van die toekoms.....

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 09/05/2018 - 06:46

Ons kan in elke rigting in redeneer, albei punte dra water, maar, ons voorouers (die mens het te vinnig aan geteel) het in gemeng, ons het nou geen ander keuse as om ook maar in te meng nie.

Al wat ons kan doen, is om so in te meng, dat dit die minimum impak op die toekoms van oorlewing gaan hê, vir mens en dier.

Sou dit beteken dat bv. daai kalfie vir fondse insameling gebruik moet word, EN die fondse gaan nie direk na iemand se gatsak toe nie, sou ek dit sterk aan beveel.

Vroeër het die regering vir elke kind wat gebore is 'n belasting korting gegee, dit het bygedra tot "oor bevolking", wat weer veroorsaak het dat nog grond vir die mens moes verkry word. 

In Australia gee die staat steeds 'n $1000.00 vir elke baba wat gebore word, wat gebeur daar? Oorbevolking ten koste van die natuur.

Mens kan maar net dankbaar wees dat daar wel mense was, en steeds is, wat bewaring tn alle koste wil behou. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 09/05/2018 - 07:22

Johann iets wat na my hart is is dat die mens te veel inmeng in die natuur ons besoedel die natuur om geld na te jaag die natuur moet gelos word om sy gang te gang

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 09/05/2018 - 07:30

Maak nie saak hoe daarna gekyk gaan word nie.  GELD gaan altyd die grootste oorweeging wees. 

Daardie kalfie sou ek eerder net daar wou los en eerder die geleentheid gebruik het om daaruit iets te leer.  Om hom uit die trop te verwyder om sy oorlewing te verseker en ook te gebruik vir TEEL doeleinders gaan seker geld inbring...

Ek het al baie jare die siening.....   Pragtige "teerpaaie" en stupid n nageslag......

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 09/05/2018 - 07:31

Nee ons moet glad nie inmeng nie, maar ongelukig het die mens so erg voort geplant dat mens nou eintlik verplig is om in te meng om plek te maak vir uitbreiding van stede ens.

Ons benodig soveel natuurlike hulpbronne dat industrie, mynbou, krag voorsiening, ens die klein bietjie natuur wat nog oor was heeltemaal inneem en vernietig met besoedeling en so meer.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 09/05/2018 - 07:43

Onthou...  Ons leen die planeet van die toekoms.....

Ons benodig soveel natuurlike hulpbronne dat industrie, mynbou, krag voorsiening, ens die klein bietjie natuur wat nog oor was heeltemaal inneem en vernietig met besoedeling en so meer. 

Ek sluit hiermee my saak...  Behalwe ...

 

Weggooi babadoeke....  Gemaak om water te hou. Verweer in ongeveer 500 jaar.  Gebruik meer as 600 mil. ton daarvan net in Amerika per jaar.  Geen herwinnings opsie nie. China meer as dubble daardie hoeveelheid. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 09/05/2018 - 07:44

Wat ek nou gaan sê, gaan baie mense ontstel, en baie mense gaan dalk saam stem.

Die enigste kans om nou weer 'n balans te bring, sou 'n wêreld oorlog wees om die mens se getalle uit te din.

Die ongeluk is, dit gaan 'n kern oorlog wees wat alles uit wis en totale vernietiging gaan agter laat?

Maar ja, tot dan, moet ons die natuur tot die beste van ons vermoë los om self te selekteer, en net "inmeng" waar daar absoluut geen ander uitweg is nie.

Nog 'n klip in die bos, sou renoster stropery op so groot skaal moontlik wees as die wild nie in gehok was nie? 

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 09/05/2018 - 07:48

sou renoster stropery op so groot skaal moontlik wees as die wild nie in gehok was nie? 

Troos ek my daaraan...  As daar nie meer renosterhoring is om "Horings" te veroorsaak nie sal die bevolking dalk begin afneem devil

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 09/05/2018 - 07:51

Skerp Deon, nie so daaraan gedink nie ?

Troos ek my daaraan...  As daar nie meer renosterhoring is om "Horings" te veroorsaak nie sal die bevolking dalk begin afneem devil

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 09/05/2018 - 19:50

Ek het maar so in die stilte probeer "help" deur geen kinders te maak nie.

My "carbon foot print" stop hier met my. 

So die stamboom (piramiede) stop met my hier. Of sal ons sê die  "tak" gaan nie verder groei nie.

Goed of sleg, dit is maar hoe dit is.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 09/05/2018 - 19:58

Soos gesê is die natuur sorg vir homself en balanseer dinge.

"Huis In Vereeniging" HIV sou dinge help balanseer het. Maar die dokters het al slimmer geword.

In die verlede was daar altyd siektes wat die mensdom uitgedun het. 

Ek glo vas daar sal wel weer n siekte uitbreek, soos die groot pes (swart dood),  of griep, ens.

Dit is hoe die natuur werk.

Die dokters gaan dalk die keer te lank neem om te help keer.

Net n gedagte.

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Wed, 09/05/2018 - 20:04

Ek wil net se dat ek saam stem met alles wat die lede hier gese het . 

Harry  My stam boom eindig ook by my .

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Wed, 09/05/2018 - 20:13

Harry die dag toe ek gebore was kom die dokter na my Pa en se Jammer meneer ons het alles probeer maar hy het dit gemaak laugh

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 10/05/2018 - 08:16

Willem die beskrywing van `n laatlam ......

Oorstoot drie in beseringstyd....

Ons kinders is groot en uit die huis uit maar daar is darm `n kleinseun wat baie kom kuier

 

Groetnis

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 18/05/2024 - 18:54

Met ons onlangse kuier in die Karoo N Park, ry ons weer die Nuweveld 4x4 pad, daar agter, Noord en in die dorre deel. 

Na die onlangse reen, het van die toegeslikte, historiese plaasdammetjies hier en daar nog bietjie water in. Van permanente water, is daar nie sprake nie. Maar wragties daar in die middel van niks en nerens, in ń plassie water agter n stokoud keerwal in ń kurkdroē klofie, lê ń waterskilpad so halflyf op die kant. Spring lewendig en gesond. 

Hoe op aarde kom die siel oor die weg as dit net af en toe, miskien nie eers elke jaar nie, genoeg reen dat daar n waterplassie in die dam bymekaarmaak. Ongelooflik.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus