Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker gelag, Geert,... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Goeie Hout ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Laaste probeerslag - dit lol Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -2 hours ago
Lodge gedeelte Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -2 hours ago
Kleedkamers en opwas Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -2 hours ago
Dek vir almal se gebruik Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago

My Bossie Vreter

Durban
Submitted by dassie on
Forums

Jare gelede het ek vir Spoorweg nou deesdae Transnet of is dit Wagnet gewerk .Die geld was min en om privaat huis te huur was buite die kwessie .En so kry ek toe 1 van daai befame Rooi baksteen Spoorweg huisies om te huur met baie billike huur amper asof ek gesponser word deur die Spoorweg .In elk geval omdat ek ook nagdiens werk is ek die dag by die huis sien toe laat my gras nou amper heup hoogte is en besluit ek sal my bossie vreter (weed eater) moet laat kennis maak met die lang gras .Daardie jare het die bossie vreters net uitgekom nogal elektries ook en dink daai goed was nie behoorlik getoets by die fabriek nie die verbruikers was die proef konyne dis my insiens .So gaan ek en die bossie vreter aan totdat daai motortjie so effens warm raak en toe short hy maar hy short nie sommer so nie die krag hardloop in daai aluminium handvatsel ook in .

 

Nou kyk die huise was goed gebou daai jare en die trip meter het behoorlik sy tyd gevat om uit te skop intussen staan ek buite besig om n Elvis personation na te maak kompleet met die heupe wat swaai en elmboog wat na agter toe swaai .Genadiglik besluit die metertjie hier is fout en hy trip .My ruk bewegings kom onder beheer en op jellie bene vaar ek die stoep op en gaan sit vrywillig op die trap .Lekker vies vir die bossie vreter los ek hom sommer net daar waar hy geval het .Gooi vir my n Coke (sonder versterking) ek moet werk die aand .Laat middag kom skoonpa daar aangery ek sit nog op die stoep .Hy stap nader en sien die bossie vreter daar le en rerig nog voor ek hom kan keer tel hy die ding op en druk daai knoppie .Skoonpa het n kortbroek aan met sy vellies en kouse toe daai Eskom met hom begin praat sien ek net sy maer wit beentjies klap  so toe soos n oester sal maak as daar sand in sy bek kom .Die ou se kniekoppe stamp so aanmekaar ek dog hy het permanent skade .En weer besef die metertjie daars fout en trip in die huis .Skoonpa gooi daai bos vreter dat hy soos Javelin deur die lug trek en amper my tref op die stoep .Nou heel bedonnerd voeg hy my n paar woorde toe wat ek nie hier kan herhaal

 

Dis toe wat ek besef ek sal maaar moet oortyd werk sodat ek ook n tuin dienste kan bekostig soos daai Larnie manne in EGOLI  .Skoonpa het my nooit vergewe vir daai poets (soos hy dit stel ) wat ek op hom getrek het nie hy het sy dogter daarvan vertel en op haar beurt is ek nou sekere huweliks regte ontneem

 

Groete

Pretoria Tuine

DK

Sat, 13/05/2017 - 20:49

laughEk was ook spoorweg werker en kan my indink hoe sit jy op daardie spoorweg huis rooi stoepyes.

Gelukkig, ek het die "Pakket" gegryp.

Ek het ook spoorweghuis gehuur in Rooi Verdriet (Pirroville) was die area in Germiston teen R25/maand met water gratislaugh.

Kyk die ou "ennie" wat ons gehad het, het meer aandag aan die stoep gegee as die huis.

0

GK/ DK dis nogal snaaks ek onthou daai huisies almal sulke rooi stoepe en amper almal se teels gebreek op die kant muurtjie .Wonder watse rowwe goed daar plaas gevind het hmmmmm seker ook skoonpa's wat weed eaters rond gooi lol

0

laughNee daardie gebreekte teels was van buurman se grassnyer oor die draad heining tel sodat ek my gras kan snylaugh.

Dit was nog daai lekker tye waar almal saamgestaan het soos in kamp.

Ek het nie eers grassnyeyer of bossiebreter gehad nie. Ek was 2 de jaar appie met R575/maand voor aftrekkings.

Het maar buurman se grassnyer geleen en die kante met die hand en ma se kombuis sker gedoen.

Buurman was bly ek leen sy grassnyer, want hy het geweet ek diens die grassnyer FOC.

Tye wat ek werklik mis.

0

Ai ai GK/DK en natuurlik het party bure sommer mekaar se vrouens geleen lmao .Soos jy se mense was vreeslik vriendelik en behulpsaam daai jare .

0
Pretoria Tuine

DK

Sun, 14/05/2017 - 08:48

In reply to by dassie

laughHe he, nee wat die probleem van vrouens leen het ek nie gehad nie.

Was pas getroud en ook nie ń nagskof werker nieyes

0

Hulle is nou by die Draai Strategielaugh.

"Jynoemnet" het alle vrygewige huis huur tot markverwante prys verhuur en toe vat almal pad, behalwe????

Hoekom moet ek betaal, ek sal hom dan laat brand.

0
Durban

dassie

Sun, 14/05/2017 - 18:30

In reply to by DK

Dis net soos GK/DK daar se die huise is almal verkoop of die huur is aan markverwante waarde verhuur .Hier by ons is daar naby die Bluf so n kompleks van Spoorweg huise ons het dit Hollywood genoem .Hoef seker nie verder uit te brei hoekom nie .Kan net se dat Sodom en Gomora n piekniek was teen Hollywood

0

Nog op skool was my pa depot bestuurder by Noupoort spoorweg depot.

Die area waar ons gebly het, het hulle genoem 'Skuld Bult', nou is dit "Vervalle Bult".

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus