Lekker man, dit lyk of die…
Lekker man, dit lyk of die mense hulself geniet het, ek wag vir die volgende saamtrek, sal ook sorg dat my vrou vroeër met die by kosse begin dan kan mens so heerlik saam met die groep eet ook.
Julle het lekker gekuier!! …
Julle het lekker gekuier!! Party het warm baadjies aan, ander net 'n kort broek en T-shirt. Ek kan ook sien julle het nie aan ons by die huis gedink nie en seker darem nie van ons geskinder nie.![]()
Ja, daar was nie tyd om aan…
Ja, daar was nie tyd om aan die wat nie daar was nie te dink, ons het te lekker gekuier.
Freda, ek het tog d.m.v 'n…
Freda, ek het tog d.m.v 'n telefoniese interview op radio x5 vir julle by die huis hallo gesé en 'n klompie name ook genoem
, maar dit was vroeër in die dag opgeneem, terwyl ons gebraai het, het ook glad nie tyd gekry om aan julle te dink nie.
Jy moet tog vir Segekok vra, ek het gereeld 'n ou fototjie geneem en gesê dit is enetjie vir Freda ![]()
Ag my moeder, Voortrekker,…
Ag my moeder, Voortrekker, jy maak sommer my hart sag! Dankie, dit is nou baie mooi van jou! Wel, ek kan met eerlikheid sê ek het baie aan julle gedink. Sommer so deur die dag en aand, dan wonder ek wat julle alles doen. Ek moet ongelukkig erken, ek kan nie regtig na Noddy se uitsendings luister nie. Om dit te doen, moet ek in my kantoor by die rekenaar sit en dis bietjie moeilik. Saterdae kyk ons rugby tot 7.00 uur die aand en dan braai ons of maak kos. Ek het darem al so tussenin kom sit vir rukkies. Met jul eerste saamtrek het ek darem al die boodskappe gehoor.
Freda, lees dat jy my…
Freda, lees dat jy my kortbroek en golfhemp raak gesien het
Ja, ek het geweet watter een…
Ja, ek het geweet watter een is jy Dusty. Jy is lekker braaf om in die aand so kaal rond te staan, né. Jy het gesê jy vat nie 'n dop nie en jy staan nie daar by die vuur nie. Jy het ook nie 'n ingeboude kombersie aan jou lyf nie. So wat hou jou so warm? ![]()
Ek sien darem daar staan 'n houer met kole of die grond, is dit nou die verwarmer?
Baie nice fotos, mensig ek…
Baie nice fotos, mensig ek het uit gemis.






nog braai fotos