6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -24 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -3 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

Braai fotos Kokoriba Saamtrek

Centurion
Submitted by Voortrekker on

Kokoriba saamtrek

Kokoriba saamtrek

Kokoriba saamtrek

Vaalpark

Johann L

Sun, 27/05/2018 - 18:17

Lekker man, dit lyk of die mense hulself geniet het, ek wag vir die volgende saamtrek, sal ook sorg dat my vrou vroeër met die by kosse begin dan kan mens so heerlik saam met die groep eet ook.

Port Elizabeth

Frieps

Mon, 28/05/2018 - 09:48

Julle het lekker gekuier!!   Party het warm baadjies aan, ander net 'n kort broek en T-shirt.   Ek kan ook sien julle het nie aan ons by die huis gedink nie en seker darem nie van ons geskinder nie.laugh

Centurion

Voortrekker

Mon, 28/05/2018 - 10:07

Freda, ek het tog d.m.v 'n telefoniese interview op radio x5 vir julle by die huis hallo gesé en 'n klompie name ook genoem smiley, maar dit was vroeër in die dag opgeneem, terwyl ons gebraai het, het ook glad nie tyd gekry om aan julle te dink nie.

Jy moet tog vir Segekok vra, ek het gereeld 'n ou fototjie geneem en gesê dit is enetjie vir Freda wink

Port Elizabeth

Frieps

Mon, 28/05/2018 - 10:19

Ag my moeder, Voortrekker, jy maak sommer my hart sag!   Dankie, dit is nou baie mooi van jou! Wel, ek kan met eerlikheid sê ek het baie aan julle gedink.  Sommer so deur die dag en aand, dan wonder ek wat julle alles doen.  Ek moet ongelukkig erken, ek kan nie regtig na Noddy se uitsendings luister nie.  Om dit te doen, moet ek in my kantoor by die rekenaar sit en dis bietjie moeilik.   Saterdae kyk ons rugby tot 7.00 uur die aand en dan braai ons of maak kos.  Ek het darem al so tussenin kom sit vir rukkies.  Met jul eerste saamtrek het ek darem al die boodskappe gehoor.

Port Elizabeth

Frieps

Mon, 28/05/2018 - 10:49

Ja, ek het geweet watter een is jy Dusty.   Jy is lekker braaf om in die aand so kaal rond te staan, né.   Jy het gesê jy vat nie 'n dop nie en jy staan nie daar by die vuur nie.   Jy het ook nie 'n ingeboude kombersie aan jou lyf nie.   So wat hou jou so warm? laughlaugh  Ek sien darem daar staan 'n houer met kole of die grond, is dit nou die verwarmer?

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus