Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -3 hours ago

KOFFIE?

Submitted by Admin on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal

FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke  koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.

STEFAN:  3 April 2017  - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan

FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend? 

Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry.  Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.

FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 15/05/2017 - 06:31

Dagsê !

Hier by ons in Brackenfell is dit 'n lieflike blou-lug dag en windstil.  Die voorspelling vir vandag is 29º en daar is geen sprake van koue of reën nie.  Gelukkig het die afgelope 3 weke se twee vinnige buie die dooie gras begin kleur gee, maar ons wag nog geduldig en hoopvol vir die groot reën om ons droogte te breek.

Vandag neem ek my seun se 25 jaar oue Sprite Sport na Creative Caravan Worx in Stikland Triangle, Bellville om herseël te word en vir 'n ondersteldiens.  Dit alles om voorbereid te wees vir 'n eersdaagse trippie van 4 000km, Wildtuin toe en terug oor 6 weke.

Lekker dag aan almal wat hier lees.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 15/05/2017 - 07:56

Die luggie byt vanoggend hier in Hartenbos maar dit gaan 'n warm dag word.  Ek hoop almal is lus vir die nuwe week en sy uitdagings.  Pak hom by die horings!

Maar skink eers nog 'n koppie koffie.

Groete

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Mon, 15/05/2017 - 08:07

Dankie, het netnou koffie  gekry. 

Het problems met data, CellC is af, Ek nou op my bietjie Telkom data op WiFi modem. Seker te doen met algemene Internet probleme. Hoop dit kom gou reg, anders gaan ek bittermin op Internet wees. Sit met 2.8gig op CellC!!!

Dêm kuberkrakers!!

Lekker dag vir almal

0
Johannesburg

WilleWillemien

Mon, 15/05/2017 - 08:25

Dankie. Ek skink in.

Bitter koud hier in Jo'hies vanoggend. Lekker dag vir julle.

0
Centurion

Dusty

Tue, 16/05/2017 - 04:26

Goeie more,

Tee klaar gemaak en die koffie is aan die gang.

Vanoggend is dit warmer as gisteroggend. koel maar nie koud nie.

Lekker dag vir elkeen

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 16/05/2017 - 07:31

Goeiemore mense van die forum.   Hoop almal het lekker geslaap en geniet 'n lekker koppie koffie.

My hoendertjies wag buite vir my, hulle kom soek elke oggend saad.   As hulle my buite sien, kom hulle al aangehardloop.   Ek het al 'n hele pak saad vir hulle gevoer en moes gister nog gaan koop.  Een of twee is al braaf genoeg om tot in die deur van die tent te kom, kompleet asof hulle my wil wys hulle is hier.

Lekker dag vir almal.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 16/05/2017 - 07:46

More sê heerlike dag vir julle almal. Trek ook al by die tweede beker, wou julle nie so vroeg wakker raas nie??

Hier in Vaalpark is dit dig mis, dan gaan die dag mos heerlik wees.

Klaar oorpak aan, wag net dat die dak teels droog is van die mis, dan gaan ek die dooie blare af blaas met die tuin blaser.

Mag julle dag soos stroop loop.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Tue, 16/05/2017 - 07:50

Ek pas langggggg storie geskryf, toe laat tablet sy eie wil oorneem, so,  hy wen!!!, Ek gaan stort! Klaar koffie en beskuit verorber! Groete tot later!!!!!!!

0
Centurion

Dusty

Wed, 17/05/2017 - 04:29

Goeie more,

Weekbreker of soos daar vanoggend op die radio gese is "hump day".

Sien op my voertui se temp meter dit is 6° maar dit voel nie so koud nie

Geniet die dag tenvolle

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 17/05/2017 - 06:48

More more sê!      Lyk my hier by ons is dit weer winter oop van horison tot horison.  Dusty my temp meter het ook vanoggend 6 gewys.  Net laas week toe sit hy nog op 10!

Ek gaan nou koffie maak.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 17/05/2017 - 07:26

Ek het koffiebekers waarop die volgende "goeiemores" geskryf is:  

Goeden dag

bon jour

bom dia

buenos dias

Gutten Tag

buongiorno

Good morning

Ek wens hulle almal vir julle toe!   Geniet jul dag.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 17/05/2017 - 07:46

Freda, DANKIE, die koffie uit daardie koffiebeker was LEKKER!!!, EN die eetgoed!!!!!

Vandag bewolk hier, Ek dink ons het regte dag gehad vir KUIER!!!!!

.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 17/05/2017 - 08:16

Jaaa, gister het ons Frans Pretorius en Linda ontmoet.   Dankie dat julle kom kuier het, Fransman, dit was lekker om julle te ontmoet.    Ek en Linda voel soos ou vriendinne.    Julle het my laat voel ek verjaar, met al die geskenke wat julle aangedra het.  blush   Die mooi blomme is toe in 'n selfgemaakte blompot gerangskik.   'n 2 Liter koeldrankbottel wat afgesny is.   Lyk tog te mooi!  Die worsrolletjies is baie lekker en vandag gaan ons malvapoeding en vla eet.  Baie dankie vir alles!

Ons sien julle volgende week.   Kuier lekker verder daar in Glentana.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 18/05/2017 - 07:06

More Dusty.  Lyk my die mense slaap later in die koue.  Wie is al op en besig met koffie?   Ek, simpel vroumens wat ek is, vergeet toe netnou dat ek NIE die ketel en die waaiverwarmertjie tesame moet aansit nie.  Nou het die krag getrip.  My tee water kon ek darem op die gasstoof kook en die skootrekenaar is nou op battery.   Colin slaap nog, ek het gaan kyk na die switches by die boks, maar almal kyk boontoe, so ek weet nie waar om aan te sit nie.   Dit begin darem nou lig word.

Lekker dag vir almal.

0
Centurion

Dusty

Thu, 18/05/2017 - 07:12

Freda,

Vandag se skakelaars lyk nog steeds of dit aan is maar het intussen "getrip". Jy moet dit eers af skakel en dan weer aan.

Dalk het die wa se skakelaar "getrip"

0
Pretoria Tuine

DK

Thu, 18/05/2017 - 07:18

Goeie more aan almal, al wat ek weet, more is dit alweer Vrydag.

@ Tannie Freda, nee ek is al lankal op kantoor vir my daaglikse voorbereiding alhoewel my werks ure vanaf 8h30 - 16h00 is, is ek alreeds so teen 6h15 op kantoor.

As sulks is ek nie 'n koffie drinker nie, maar in die winter drink maar so sluk, sluk. Sit nou tans hier met koppie koffie en 'n snytjie gesondheids brood.

Deesdae, dwing Geraldine my om die goed te eetcrying. Moet maar eet anders kry ek nie ''lunch'' werk toe nieangry

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 18/05/2017 - 07:38

Dusty, ek is te bang om aan goeters te druk.  Netnou laat slaan ek die bure, of erger nog, die hele Dibiki se krag af.laughlaugh    Ek kom darem reg, nou al besig met 'n lekker koppie koffie en die laptop se battery hou nog.   Ek dink dit is die wa s'n wat getrip het, ek moet tog kyk waar Colin dit aansit, hoog tyd dat ek leer hoe om independent te wees.wink

DK, jy en Dusty is ewe fluks.  Albei vroeg op julle pos.   Maar jy kan darem nie daai tyd van die more in die koue by die werk wees sonder 'n lekker warm koppie koffie nie.  Dis maar goed Geraldine se broodjie dwing jou om een te geniet.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus