DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal
FRANS PRETORIUS: 3 April 2017 - Goeie more, dankie Dusty, ons kry 'n sterke koffie vanoggend. Ons deur redelike sterk aardskudding getref vanoggend so 05:10, dog ons neuk van die bed af, amper so erg as in 2014, sal hoor later oor nuusberigte wat sterkte was.
STEFAN: 3 April 2017 - Oom Google sê
An earthquake with magnitude 5.2 occurred 8km S of Stilfontein, South Africa at 03:08:51.13 UTC on Apr 3, 2017 ...
Stefan
FREDA: 3 April 2017 - Frans, jy sê jy was wakker geskud vanoggend?
Lekker dag vir almal en sterkte aan Voortrekker wat vandag ons forum moet regkry. Ten minste is daar nog insette, hierdie forumlede laat hulle nie afskrik deur 'n naam nie.
FRANS Pretorius: 3 April 2017 -Freda, ja, dit was ERG!!!!, sien jy jaag weer Stefan se tellertjie so bietjie aan!!!
- 1177 views
Goeiemore
Ek hoop almal het lekker geslaap. Ons het 'n koue nag verwag maar dit was toe nie. Die voorspelling is nog steeds dat ons vandag en more baie koud gaan kry en baie reën. Op die oomblik is daar nog nie 'n teken daarvan nie. Gisteraand het ons 'n groot vuur in die binnebraai gemaak en besluit ons gaan sommer so aanhou tot die naweek.
Julle moet almal warm en gelukkig bly.
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
Vanoggend gaan die warm tee lekker af. Koffie vir iemand?
Sien vanoggend loop die ysbere rond hier buite. Verwagte temp vir vandag hier in Kempton is 13°. Bly maar warm en geniet die dag
Goeie more Dusty. Ek voel…
Goeie more Dusty. Ek voel hulle ook buite vanoggend, die ysbere, En trek my weervoorspelling inset terug. Die skelm koue het gekom.
Lekker dag vir almal!
More almal, hier vanuit 'n…
More almal, hier vanuit 'n lekker koel Vaal Driehoek, dankie Dustie die koffie was sommer heerlik vanoggend, julle moet 'n lekker dag geniet.
More almal
My tee is klaar gedrink, ek het nou gaan koffie maak. Op die oomblik voel dit nie te koud hier by ons nie, alhoewel 12 grade was voorspel vir vandag.
Ons het toe gister 11 uur weer vuur aangesteek en dit het gebrand tot ons gaan slaap het. Lekker, nou braai ons sommer vining iets op die kole, dit voel of ons kamp. Moet dit meer dikwels doen. Gebruik net bietjie baie hout in die proses.
Ek hou duimvas dat dit nog reën in die Kaap en hier by ons. Ons damme kry nie genoeg water met die huidige reënval nie.
Aitsa..............
Aitsa, weer eerste vanoggend !
Goeie môre almal ! Heerlike koel wintersmôre hier by ons vanoggend - ongelukkig sonder reën.
Lekker dag vir almal.
Goeie môre Len! Brrrrr …
Goeie môre Len! Brrrrr ....lekker koud hier by ons vanoggend met 'n windjie om hom aan te help. ![]()
More almal
'n Sêding hier by ons : Dis Vrydag in die Baai!
Ons het nog steeds reënweer en nou al heelwat gekry.
Ek hoop almal het 'n lekker dag en sien uit na 'n lekker naweek.
More is dit die Bokke hier in die Baai.
Goeie more hier oo n…
Goeie more hier op n saterdagoggend.
Gaan nou koffie maak. n Bedrywige dag vandag. Eers bank toe en dan hardeware en dan kleinkind vat vir hokkie. Moet voordit nog eers gaan hokkie kouse koop. Haar na het kursus vandag. Vroulief is betrokke by kleuterskoolkonsert tot half vyf vanmiddag.
Geniet die saterdag.
More sê
More Dusty. Geniet die dag saam met jou kleinkind. Dit is 'n groot voorreg.
Die reën is weg en die lug oopgetrek vanoggend. My wasgoeddrade hang vol wasgoed. Gister kans gevat om te was, maar dit was te bewolk om droog te word.
Dit bly egter koud, hier het baie sneeu in die Ooskaap geval. Ek dink ek sal 'n kerriepot maak en vanmiddag kyk ons vir die Bokke.
Lekker dag vir almal.
Freda, glo ek gaan dit…
Freda, glo ek gaan dit geniet alhoewel sy en haar ma oo my perseel bly vandat haar pa n noodlottige ongeluk gehad het 8 jaar gelede
Goeie more Julle. Dit is…
Goeie more Julle. Dit is bibberend koud hier in Clubview vanoggend. Ek is nou op my 2de warm beker koffie.
Freda en Dusty en almal, julle moet 'n heerlike dag he!
Dit is hartseer Dusty. Ek…
Dit is hartseer Dusty. Ek is bly dat julle daar kan wees vir hulle. Sy is seker baie lief vir haar oupa.
Dankie Voories, geniet jou dag ook en bly warm.
Goeie more…
Goeie more.
Vanoggend gaan die tee darem lekker af. Voelbare temp nogal koud. Iemand vir koffie? Dit is ook klaar gemaak.
Geniet die dag en week
Dis Maandag...............
Dis Maandag - goeie môre !
Heerlike, rustige Sondag agter die rug (met Grace veilig terug by haar huis vroeg Sondagoggend sodat geen haan daarna kan kraai nie !). Dink tog aan ons Minister van Internasionale Betrekkinge, sy is glo deur baie siele wroeging voor sy besluit het Grace kan maar sonder enige vervolging teruggaan huis toe. Siestog Minister, ek dink baie aan jou in hierdie moeilike tyd !
Ewenwel, ons sien uit na die reën wat vir ons vir die volgende paar dae voorspel is en wat teen etenstyd vandag behoort te begin. Ek het al gistermiddag my swembadkombers (om verdamping te voorkom) opgerol sodat my swembad 'n bietjie kan asemhaal en gelukkig is dit reeds heeltemal bewolk by ons.
Ek is besig om ou Exclusive se halogeen binne-ligte om te skakel na LED ligte en so tussen-in doen ek 'n bietjie boekhouding op Pastel van een van my kinders se besighede want dis amper BTW-tyd. Maar eerste op my program vandag is om my Gr.2 kleinseun by sy huis te gaan oplaai en skool toe te neem want albei sy ouers is hierdie week nog pikdonker reeds werk toe. Dan 'n bietjie liefdadigheidswerk en daarna kom die Exclusive en die BTW aan die beurt. Ons outoppies is darem besige mense !
Geniet julle blou Maandag - ek gaan myne beslis geniet !
Anton.................
Anton, kan ons nie maar die 39 ou bladsye onder die "Koffie?" draad verwyder nie ? Dis tog sinneloos om dit te hou en eers by bl.1 uit te kom en dan eers na bl.40 te gaan.





Goeie more Dusty en mede…
Goeie more Dusty en mede forumiete. Dink ek gaan vanmiddag my kaggel houtjies reg kry net ingeval ek moet hitte maak die komende naweek.
Lekker dag vir almal. Waar is my koffie?